Page 1 of 1

Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 8:19 am
by Ds J
Watter fabrikaat swaarkaliber jaggeweer gee die minste moeilikheid?

Of, andersom, watter fabrikaat moet 'n mens eerder vermy?

Kaliber is waarskynlik 416 Rigby.

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 9:27 am
by Capt. Yoda
Da is n klomp wat ek nou nie sal sien as n grootwild maker nie maar ek dink nie mens sal verkeerd gaan met n CZ of Ruger nie, die Ruger het n baie lekker safety setup

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 11:38 am
by tau
Ds J wrote: Mon Oct 05, 2026 8:19 am Watter fabrikaat swaarkaliber jaggeweer gee die minste moeilikheid?

Of, andersom, watter fabrikaat moet 'n mens eerder vermy?

Kaliber is waarskynlik 416 Rigby.
Almal wat die Mauser gecopy het en die Safety bietjie verbeter het!!

Budget friendly fabrikate.
CZ ZkK 602
Brno
Winchester Pre 64 ( BAIE LEKKER GEWEER!!)
Ruger
Schulz & Larsen ( Oetter model)

Baie manne glo jy moet 'n controlled feed aksie gebruik vir herlaai en vir uitrek doeleindes ek ook. EN dit gaan nie net oor skop skiet en rol bewegings terwyl jy herlaai nie. Dit gaan ook oor stof, druk verksille want jy jag in die somer ook en in vreemde plekke.

Ek sal wegbly van
Steyr Manlicher
Schultz & Larsen
Sauer

se rear locking aksie by almal

Remington
etx tipes nie vir die controlled feed nie, maar meer vir die sterker extractor vermoë

Almal pragtige wapens

Daar is natuurlik nog baie ander fabrikate, maar hulle kos soveel soos my bakkie.
Rigby
Holland & Holland
etc

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 11:54 am
by Ds J

Net vir kennisname: my afgelope vrae oor groot kalibers is ten bate van n jong man wat graag n beroepsjagter wil word. Ek gee dit net so deur en verwag dat hy dalk binnekort deel van die forum sal word. Baie dankie vir al die hulp!

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 1:03 pm
by Capt. Yoda
tau wrote: Mon Oct 05, 2026 11:38 am

So ou Blasertjie vir jou?

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 1:41 pm
by tau
Capt. Yoda wrote: Mon Oct 05, 2026 1:03 pm

I have never met or spoke to that women your honor - Bill Clinton

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 2:53 pm
by saswart
Ds J wrote: Mon Oct 05, 2026 11:54 am
Net vir kennisname: my afgelope vrae oor groot kalibers is ten bate van n jong man wat graag n beroepsjagter wil word. Ek gee dit net so deur en verwag dat hy dalk binnekort deel van die forum sal word. Baie dankie vir al die hulp!
Ds J - waar is die man gelee? As hy naby Pta is, laat weet DWB, Frederik of vir my, dan kom loer hy na al die bg opsies by 'n BASA shoot. Hy kan met sy gewone 308 maar kom skiet ook; een van die ervare PH's / wyse gryses daar sal hom touwys maak en hy kan dan mooi kyk

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 3:54 pm
by Ds J
Baie dankie, ons is (ongelukkig) naby Vryburg vir so 'n ekspedisie ;)

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 5:07 pm
by Ds J
Weet iemand iets oor Zastava, of het iemand dalk ervaring met hulle?

Dit is gebaseer op die Mauser-aksie, en is tog n ou fabriek.

(n Goeie vriend van my het n 223, en die geweertjie het al veertig+ jaar se goeie diens gelewer.)

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Mon Oct 05, 2026 6:30 pm
by Rudi Fischer
Ek sou ook kyk na die nuwe Winchesters in 416 Rem Mag as hy na 416’e kyk
Hulle is baie beskostigbaar, en baie sag op die oog.

Voer seep glad en ek ken iemand wat n lekker koeel vir hom maak.

Thinus hier op die forum PH ook met een

Myne het 4 buffels die jaar omgedop, almal met 1 shot kills.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 4:47 am
by Toxxyc
Wat ek weet van groot gunne is maar gevaarlik, maar ek het 'n artikel gelees anderdag waarin die Winchester Pre-64 aksies baie hoog ten prys gestel word. Blykbaar baie soliede, sterk aksies. Toevallig het die geweer waarvan ek gelees het nou ontplof in die Oom se gesig, maar dis nie die geweer se skuld gewees nie, en die fantie het nogsteeds geval waar hy gestaan het, so die geweer het sy werk gedoen.

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 6:22 am
by Ds J
Kan iemand die volgende bevestig of weerlê:

Ek het eendag gehoor dat sommige CZ- en P¹4-aksies ook probleme gegee het. Nie almal nie en nie algemeen nie - slegs enkeles het die nokke gebuig of afgebreek.

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 9:38 am
by swc-tr
Sommige P14 aksies wat gedurende die oorlog by Eddystone Arsenal (ERA reeks) vervaardig is, se hittebehandeling was nie na wense, aksies was bros en sommiges se nokke het mee gegee.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 10:55 am
by Eduard Venter
Ek gebruik n Winchester mod 70 gereeld op gevaarlike wild jagte en is tevrede. Myne is controlled feed aksie en ek sou dit aanbeveel. Ander geweer wat goed werk vir baie beroepsjagters wat saam my al gejag het is natuurlik die CZ550.

Dit is waar ek sou begin soek as nuwe PH. Daar is natuurlik ander goeie opsies ook maar ek het nie tonne ondervinding met hulle nie. Ek verkies die winchester se veiligheids meganisme by verre bo die CZ en dis vir my n belangrike oorweging

Pasop vir 2de handse gewere. En maak seker die geweer voer reg.

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 11:00 am
by Capt. Yoda
Vir die PH wat sy 375HH se bene wil rek

Don't hate the player hate the game

Image

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 3:41 pm
by Bushwack
Ek gebruik maar die wat jou nie gaan drop nie, miskien oud modies, maar ek doen die PH ding so vir 4 weke nou al ++>:

1. Brno 375 zkk602
2. CZ 416 zkk602
3. 450 watts zkk602
4. 458 Winchester model 70 pre 64

Re: Betroubare fabrikaat vir grootwildjag?

Posted: Tue Oct 06, 2026 6:05 pm
by ThinusS
Ek gebruik (soos Rudi genoem het) 'n Winchester mod. 70 Safari Express in .416 Rem mag wanneer ek buffels met kliënte jag. Dié geweer is, soos hy van sy ma af kom, 'n betroubare en akkurate geweer, die slot is seepglad en ek hou van die veiligheidsknip. Die voorste bandskakel is op die loop gemonteer, wat dit gemaklik maak om die roer in digte bos aan 'n band te dra, sonder dat dit aan elke tak vashaak. En ja, as ek 'n gekweste dier volg, haal ek die band af. Ek het die loop 2" korter laat maak en die sneller effens ligter laat stel (maar dit is net persoonlike voorkeur). Die oop visiere is bruikbaar en met 'n lae vergroting telesskoop in afknip monterings is dit 'n veelsydige jaggeweer, wanneer ek buffels jag gebruik ek deesdae 'n Aimpoint Micro op die geweer want my oë werk na sestig somers nie meer so lekker met oop visiere nie.

Ek gebruik ook 'n Zastava in .375 H&H, veral wanneer ek kliënte vergesel op jagte vir gewone wild. Die Zastava is betroubaar, voer enige koeël betroubaar, het 'n verstelbare sneller en is akkuraat. Die aksie was aanvanklik baie grof, maar as jy met hom werk soos jy met 'n gevaarlike wild aksie moet werk, vinnig en hard agtertoe tot hy stop en dan vinnig en hard vorentoe tot hy stop, kom jy dit nie agter nie. Nou na 'n paar honderd skote is die aksie gladder maar steeds growwer as die Winchester s'n. Ek het 'n bandskakel op die loop laat aanbring en die oorrol wangstuk op die kolf laat verwyder maaar dit is 'n bruikbare werkgeweer soos hy uit die winkel uit kom. Die Zastava is ook my uitleen geweer vir oorsese jagters wat nie hulle eie buffelgewere saambring nie en dié .375 het al 'n paar buffels platgetrek met Rudi se koeëls.

Tussen dié twee is die Winchester my eerste keuse, maar hy kos dubbel wat 'n Zastava kos.