Page 1 of 1

Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 10:04 am
by Wouter Roets
More Bulle

Ek sien vanmore tot my skok dat Ruger die meeste van hulle ikoniese moddelle staak. Dis basie al die reekse wat die vervaardiger bekend het. Al wat oorbly is die American geweer reeks en n paar pistole. Dit is verby hartseer!

Groetnis
Wouter

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 11:56 am
by Frederik
Gesien gister op ander intl forum mag dalk wees dat Beretta dalk eers gaan vernaderinge bring aangesien hulle nou 25% van die maatskappy besit en dalk weer produksie later weer begin.
Dit gaan hartseer wees as dit die einde is van paar Ikonies wapens veral soos die no.1

Ruger’s official reason is money and focus. It announced the change on 13 October as part of what it calls its “Ruger 2030” plan. The company says it reviewed every product family for demand, changing buyer preferences, how complicated each gun is to make, and long-term profitability. It wants to put its factory capacity into the guns selling best today and into modernising its plants.

What’s going:

Stopped immediately: the LCR, SP101, GP100 and Bearcat revolvers.
Final production runs during 2026:
the Redhawk, Super Redhawk, Blackhawk, Super Blackhawk and Vaquero revolvers
the No. 1, 77-series, Hawkeye and Precision Rifle
the SR1911 and the PC/LC Carbines and Chargers

What’s staying:

Rifles: the 10/22, Mini-14, American Rifle and Harrier
Revolvers: the Wrangler and Super Wrangler
Pistols: the newer RXM, MAX-9, Security-9, LCP, 5.7 and Mark IV

The pattern is clear. Ruger is dropping the older, more labour-heavy designs, mostly the forged-steel revolvers and bolt-action rifles. It’s keeping the cheaper, higher-volume models that are quicker to build.

Ruger says this “does not necessarily mean” the lines are gone for good. It expects some of the names to come back “in new forms,” but it hasn’t given any plans or dates. The No. 1 rifle has been dropped and brought back several times before.

Is Beretta behind it? Nothing published links the two. But the timing gives people reason to wonder. Ruger has faced pressure on profits this year, including a contested shareholder fight. Beretta is buying up to 25% of the company, and its offer closes tonight. Cutting costly product lines to lift profits is the kind of move big shareholders like to see. Whether Beretta pushed for it is speculation, though, not something either company has said.

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 12:23 pm
by Capt. Yoda
Se ma cheers vir al jul groot kalibers, Beretta wil net tactical 6.5 verkoop.
Sako deur die gat getrek nous dit Ruger se beurt of wel dit wat oor is van Ruger

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 12:53 pm
by Koos Barnard
Dis voorwaar hartseer! Kan amper nie glo dat die Model 77 en die Blackhawks nie goed genoeg verkoop nie.

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 1:01 pm
by heywillie
Capt. Yoda wrote: Thu Oct 15, 2026 12:23 pm Se ma cheers vir al jul groot kalibers, Beretta wil net tactical 6.5 verkoop.
Sako deur die gat getrek nous dit Ruger se beurt of wel dit wat oor is van Ruger
Lyk of al hoe meer fabrikate weg beweeg van die groot kalibers.
Gaan 'n geval raak dat as jy nuwe geweer in groot kal soek, gaan jy maar een moet laat bou.

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 1:19 pm
by Supacow
Is dit nie goeie nuus vir die versamelaars O0

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 1:30 pm
by heywillie
Supacow wrote: Thu Oct 15, 2026 1:19 pm Is dit nie goeie nuus vir die versamelaars O0
Vir hulle ja, maar vir 'n jong man of iemand met 'n stywe budget gaan dit bitter moeilik raak om iets groter as 'n 338WM te besit

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Thu Oct 15, 2026 1:46 pm
by tau
Baie hartseer!!!

Ek is mos maar 'n Ruger meisie en dink dit bitter goeie werks gewere.

Dink ook groot kalibers hou vir ewig en manne vervang nie lope en kolwe etc soos met LA skiet wapens nie. Dus is die accesories mark ook baie kliener.

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Fri Oct 16, 2026 10:03 am
by tau
Image

Fotograaf : Lee Foxcraft het die kiekie geneem op ons jag.

Re: Ruger staak prokduksie van meeste van hulle lyne

Posted: Fri Oct 16, 2026 8:48 pm
by JAGTERSREG-JRM
Hou ook ingedagte dat Ruger baie keer modelle “discontinue” en dan skep hulle mark en bring hulle weer terug. Is eintlik n algemene storie. Glo egter wel da is paar modelle wat gestaak word aangesien die verkope nie hoog is nie. Kans is ook groot dat hulle doen wat hulle gedoen het met Marlin…nuwe tegnologie en so bietjie update. Met tyd sal ons leer maar vermoed da kan dalk n nuwe baadjie of twee uitkom.

Groot kalibers raak oor die algemeen orals n probleem en kan verseker se dat dit n groter probleem gaan word.