Page 1 of 1

Gonge Montering opsies

Posted: Fri Oct 16, 2026 7:52 pm
by J le Roux
Opinies asb Menere

My jagvriend het 'n VRN 500 sheet gekoop om ghonge te laat sny.

Die vraag is nou wat is die beste montering opsie. Webbing, kettings, pype... Nou is die regte tyd om te besluit.

Elke opsie het natuurlik voordele en nadele, deel asb jul ervaring, ontwerpe en voorstelle.

Baie dankie by voorbaat.

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Fri Oct 16, 2026 8:07 pm
by Smith223
In Amerika hang hulle hoofsaaklik die gonge op y-standards.
Mens kan ‘n bracket maak wat verhoed dat die gong uitklim met impak.

Kompetisies waar die meeste gonge afgeskiet word is die wat aan conveyor belt gehang word. Ek sou dit vermy.

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Fri Oct 16, 2026 9:20 pm
by Arnold
Die regte conveyer hou regtig lank. Ek praat nou van iets wat minstens 10mm dik is en n paar lae geweefde materiaal in het.

Mens kry n rubber met een laag materiaal wat vinnig in die son disintegreer en die lap vinnig afgeskiet word.

So ek hou van die regte conveyor belt, maar het nognie ondervinding met die staal hakke nie. Kettings word te maklik afgeskiet.

Gebruik minstens 16mm 8.8 boute. 10mm word afgeskiet.

Ek het begin werk aan n y-bar hak maar het besig geraak na die eerste prototype.

Sent from my SM-S931B using Tapatalk


Re: Gonge Montering opsies

Posted: Sat Oct 17, 2026 8:20 am
by Koos Barnard
Ek sluit by Arnold aan: Vermy kettings ten alle koste, dit word baie gereeld afgeskiet, selfs op 200m. Moet ook nie ore aan die ghongs sweis wat uitstaan nie, hulle word ook afgeskiet.
Mooi loop

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Sat Oct 17, 2026 8:22 am
by Koos Barnard
Ek sluit by Arnold aan: Vermy kettings ten alle koste, dit word baie gereeld afgeskiet, selfs op 200m. Moet ook nie ore aan die ghongs sweis wat uitstaan nie, hulle word ook afgeskiet.
Mooi loop

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Sat Oct 17, 2026 10:38 am
by Capt. Yoda
n Hak is vinniger om op te stel as conveyor belde maar die gat in die gong waar die hak in druk raak ovaal na n tyd se skiet en dan steek die gong somer halfpad terug vas. Met groot kalibers buig die gong ook daar op die gat

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Sun Oct 18, 2026 3:56 pm
by Alwin
Ek ondervind dat dik "conveyor belt" meestal 'n goeie keuse is.
Vir persoonlike gebruik hou dit baie jare.
As jy 'n gewilde skietkompetisie gaan reël, is dit goed om 'n klompie ekstra belde en boute byderhand te hê. Onthou om ons ook te nooi asb?

VRN500 is Macsteel se handelsnaam vir hierdie staal met 'n hardheid van +/-500BHN. In die VSA is dit bekend as AR500 (AR="Abrasion Resistant")
Kyk ook mooi hoe jy met die VRN500 staal werk. Die beste metode om te sny is 'n "waterjet". Dit sny koud, maar is bietjie skaars.
As jy 'n CNC-plasmasnyer kan kry, is dit goed.
'n Oksie-asetileen snyer is nie 'n goeie keuse nie, dit sny te warm en maak die staal sag al langs die kant.
Moet asb onder geen omstandighede aan die plate sweis nie! Dit verswak die staal en die sweislasse kraak af na 'n paar skote.

Die monterings waaraan die plate hang moet dus deur gate in die plaat werk, dik boute of hake. Die gate moet ook gesny word, VRN500 boor nie juis lekker nie.
As daar geen rede is om ronde plate te moet sny nie, kyk na vierkantige gonge. Jy kan dit met reguit kante bo en onder hang, of punte bo en onder. Vierkantige en reghoekige gonge het minder snywerk en afval.