Page 1 of 1

Ruby 32 Long

Posted: Mon Oct 26, 2026 9:14 pm
by AndreVal
Naand lede
Het bietjie lank terug hier gesels.

Ons het bogenoemde revolver wat ons 'n huis voor soek. My Pa het hom probeer lisensiër maar gefaal as gevolg van rontes wat nie meer beskikbaar is. In plaas van net gaan ingee wil ons eers voelers uit reik om te sien of iemand hom nie graag wil hê. Hy sal dalk na 'n versamelaar toe moet gaan omrede die afkeur rede.
Volgens wat ek kan sien kom hy uit die WWi era.

Skree maar as nog inligting nodig is

Re: Ruby 32 ACP

Posted: Mon Oct 26, 2026 10:11 pm
by Ds J
Die ammunisie is beskikbaar, maar moet herlaai word of spesiaal bestel word.

(Ek dink jy maak dalk 'n foutjie met die benaming - .32 ACP is vir 'n pistool; .32 S&W en .32 S&W Long is vir die rewolwer.)

Re: Ruby 32 Long

Posted: Tue Oct 27, 2026 10:15 am
by AndreVal
Goeie môre Ds J
Baie dankie vir die regstelling, wys net Google is nie altyd die antwoord nie.
Ek het intussen fotos van die revolver gekry en hy is gemerk 32 Long CTG.
Ander merke op die rewolwer lees
Garilondo & CIA-Elgoibar (Espana)
Acero De A_TA Pesistengia

Ons herlaai nie so dit maak dinge bietjie moeiliker

Re: Ruby 32 Long

Posted: Tue Oct 27, 2026 10:16 am
by AndreVal
Duplikaat

Re: Ruby 32 ACP

Posted: Tue Oct 27, 2026 11:23 am
by Ds J
Dit is oor die algemeen baie goeie rewolwers.

Die .32 het net uitfaseer omdat die .38Spl en 357 Mag gewilder geword het.

Re: Ruby 32 Long

Posted: Tue Nov 03, 2026 11:51 pm
by Ds J
Boodskap gestuur

Re: Ruby 32 Long

Posted: Wed Nov 04, 2026 4:28 pm
by AFRICAN LEADWOOD
https://www.camdixwapens.co.za/product/ ... r-ammo-50s

So maklik soos dit. Sover my kennis strek is dit in ieder geval nie n geldige rede om n aansoek af te keur nie...

Re: Ruby 32 Long

Posted: Thu Nov 05, 2026 12:52 pm
by AndreVal
Ds J wrote: Tue Nov 03, 2026 11:51 pm Boodskap gestuur
Middag DsJ
Niks gekry in my inbox nie

Re: Ruby 32 Long

Posted: Thu Nov 05, 2026 12:55 pm
by AndreVal
AFRICAN LEADWOOD wrote: Wed Nov 04, 2026 4:28 pm https://www.camdixwapens.co.za/product/ ... r-ammo-50s

So maklik soos dit. Sover my kennis strek is dit in ieder geval nie n geldige rede om n aansoek af te keur nie...
Baie dankie

Ek het ook nie geweet van daai rede nie tot ek die brief gesien het

Re: Ruby 32 Long

Posted: Thu Nov 05, 2026 3:50 pm
by HJA
Hallo daar,

Ek het vir jou patrone.
Ek het een vol pakkie patrone en n 3/4 vol ook.

Groete
Henk

Re: Ruby 32 Long

Posted: Thu Nov 05, 2026 8:59 pm
by Ds J
AndreVal wrote: Thu Nov 05, 2026 12:52 pm
Ds J wrote: Tue Nov 03, 2026 11:51 pm Boodskap gestuur
Middag DsJ
Niks gekry in my inbox nie
Geantwoord.