Page 1 of 1
World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:04 am
by FrancoisN
Ek het hierdie al n ruk terug op mail gekry van n kompetisie vir taxidermie. Wat dink julle van sulke trofees?
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:08 am
by Zack Benade
Ek het ophou trofees maak want ek was twee keur verneuk met swak werk.
Met sulke werk sal ek enigetyd geld uitgee want dis iets spesiaal wat vir altyd 'n jag vasvang.
Op die ou end kan geld nie so 'n trofee koop nie. Ek sal dit graag in lewende lyf wil sien want ek glo dis al hoe jy so iets kan wardeer.
Mooi foto's
Wie het gewen? Is dit van Suid Afrika?
Groete
Zack
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:39 am
by SV MAD (Henk)
Dis ongelooflike werk. Hoe kry die mense daai leeu in die lug bly?
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:50 am
by Geno
Henk,
Daar is reinforcing in die leeu se stert gesit. Die stert en die zebra se knie is vas aan mekaar.
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:57 am
by Marc
Geno
Daai is van die beste wat ek nog gesien het ! Wonder hoe lank hulle kop gekrap het om balans ook reg te kry
Flippen goeie werk
Mooiloop
Marc
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 10:07 am
by SV MAD (Henk)
Geno.
Ek het gedink dit is soiets, maar wou net hoor wat dink julle manne.
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 10:08 am
by Hugov
Ongelooflik!!!
Daai zebra moes iets verskrikliks gedoen het in foto 2, om nog deur die haai ook getand te word!!!
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 10:17 am
by FrancoisN
Hier is nog n foto wat ek net eers moes kleiner maak.
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 10:58 am
by Hugov
Weet iemand hoe gereeld hou hulle hierdie kompetisies? want dit moet n belewenis wees om dit by te woon.
Groete H
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 11:06 am
by baboonstalker
Hoe speel so 'n toneel af sonder dat die zebra 'n paar hale op sy agterstewe het? Leeu se kind gaan mos nie vir zebra van voor af aanvat nie?
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 11:40 am
by Ferdi
Joe puik werk!!
Re: World champ trofee
Posted: Tue Mar 13, 2012 12:54 pm
by BLOK
Ek het so paar jaar terug ook die wen fotos plus van die ander wat ook ingeskryf was gekry op mail. Kon nie almal onthou nie maar dit was n klomp baie impressif fotos, as ek reg was dink ek die fotos se rondstuur was deur OFM (Radio Oranje) se website begin waar almal dit afgelaai het. Wonder of mens hulle argiewe kan search