Page 1 of 1

Foxpro teleurstelling

Posted: Thu Mar 15, 2012 6:34 pm
by Dirkie
Middag manne,

ek het vir my die wildfire bestel en baie uit gesien na die roeper.

Vandag het ek hom gaan haal in die pos.

By die huis gekom batterye ingesit,gretig om te hoor hoe hy klink...

Teleurstelling... roeper werk nie!!! >:( let ook toe op dat die foxpro al gebruik is,screen is gekrap,boekie is vol geel kolle en die boks is al lelik,net die roeper het n sakkie gehad nie die remote nie.

Hoop die saak kan reg gestel word. :'(

Groete Dirkie

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Thu Mar 15, 2012 6:43 pm
by BLOK
Wraggies dit moet nou n teleurstelling wees. Mens sien so uit na iets dan gebeer dit. Ek hoop darem jy het hom plaaslik bestel.

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Thu Mar 15, 2012 6:45 pm
by Marc
Hoop jy kry die gemors opgelos, dis 'n bittere teleurstelling  >:(

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Thu Mar 15, 2012 7:27 pm
by Dirkie
Ek hoop ook ek kan die gemors oplos.

Enige plek waar ek n roeper kan koop wat ek kan vertrou dat hy sal reg wees?

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Thu Mar 15, 2012 7:40 pm
by Geno
Safari & Outdoor. R3100.00 as ek reg onthou.

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 5:52 am
by cassie_calvinia
Dis 'n sleg 1. dalk moet jy groot skryf waar jy hom gekoop het. en, hopelik sien die mense dit ook sommer hoe hul naam val.
dis swak en onaanvaarbaar

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 7:52 am
by Geno
Dirkie,
Het jy die roeper as nuut gekoop, of tweedehands?

Onthou, hy kon deur die posdiens ook gebreek gewees het.
Ek hoop jy kom reg.

Groete,
Eugene

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:10 am
by Dirkie
More,

nee ek het hom as nuut bestel.

Ek weet hy kan in die pos ook breuk,maar die een kan mens sien hy is al n paar keer gebruik.

Hy moet mos so loop onder die remote he..dit is af.

Remote het nie mee sy sakkie nie.

Roeper se sakkie is al stukkend.

Boekie is vol kolle.

Boks is verniel.

Groete Dirkie

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:17 am
by Janjak
Manne
Dirkie het die Wildfire by my gekoop en hy is direk van die verskaffer af gestuur na hom toe gestuur.
Ek het ongelukkig nie die roeper te siene gekry nie want dit sou hierdie ongemaklikheid uitgeskakel het.

Cassie, dis gewoonlik beter om so probleem te probeer aanspreek as om iemand se naam te sien val.

Ek het reeds vir Dirkie omverskoning gevra en sy geld word vanoggend aan hom terugbetaal.

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:21 am
by cassie_calvinia
Ek stem saam jan
maar dan moet jy ernstige gesels met jou verskaffer he, of jy moet jou produkte monitor.
dit is imers jou naam.
maar dis nou joukeuse.
wil nie baklei

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:26 am
by Geno
Hier's wat ek reken het gebeur:

Die verkaffer waar Janjak voorraad kry het heel moontlik 'n roeper wat ingestuur moes word vir repair, per ongeluk gestuur vir Dirkie. (Seker 'n ?ppie wat dit hanteer het).
Dit gebeur, dis mense wat met die bestellings werk, nie robotte nie. Foute sluip maar oral in.
Terloops, ek ken die verskaffer, en dis die eerste moeilikheid waarvan ek hoor oor hulle.

Groete,
Eugene

ns. Cassie, Jannie het mos ges? die roeper is direk na Dirkie gestuur, hoe kan hy dit dan monitor?

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:27 am
by Dirkie
Ek wil niemand se naam deur die moder sleep nie manne.

Ek en Jannie het gesels en tot n ooreenkoms gekom.

Groete Dirkie

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:34 am
by cassie_calvinia
moenie verkeerd verstaan! ek weet hy het dit gese. en, hy doen dit dalk vir vinniger diens. wat reg is. maar, dan sal sulke ongelukke ongelukkig gebeur.
ek het niks teen jan nie.
ek se net hy sal moet kyk daarna, want die volgende ou is dalk nie op die forum, en kan sy naam sleg maak.
ongelukke gebeur.
en hy het dit mos nou reg gestel

Re: Foxpro teleurstelling

Posted: Fri Mar 16, 2012 4:42 pm
by visstok
Middag manne, bly julle kon dit uitsorteur! Janjak, pm my die wildfire se prys asb, nou nie daai een van Dirkie nie maar n nuwe een asb! Groete visstok