Page 1 of 1
Wie wil weet oor ligte
Posted: Sat Mar 24, 2012 8:34 pm
by Die Jakkals Man FX3
Hallo Almal
Ek soek imand wat my kan help met nag jag ligte asb??
Dankie
M
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 6:35 pm
by cassie_calvinia
lightforce 170.
dink dis die algemeenste. hul parte volop beskikbaar, en goedkoop. die lig is duur, maar hou lank.
kontak vir henk ellis, of allan truter vir 'n dimmer vir jou lig.
hoop dit help
mooi loop
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 6:47 pm
by BLOK
M
Baie welkom op die forum weet sommer hier gaan jy alle inligting kry wat jy soek.
Jy se nie watse hulp jy soek oor spotlight nie so ek neem ook aan soos Cassie jy wil weet wat om te koop. Hy het jou reeds goeie raad gegee, koop eenkeer en koop klaar daar is baie ander make wat ook goed werk maar onthou as hy breek kan jy sukkel jou lig is seker ook naas jou scope en geweer een van die belangriker items as jy nie die dier kan sien nie kan jy hom nie skiet nie.
Lightforce sal jou jare se sorgvrye jag gee.
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 6:56 pm
by Marc
Blok
Wat prys so Lightforce 170 ?
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 7:03 pm
by BLOK
Marc
Dit hang af mens moet ook maar soek vir bargains die 170 hand model gaan vir so R1500 die geweer monteer model so R2000. As jy net n hand een soek sal ek eerder die 240 vat hulle pryse is so in die lyn van R1900.
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 7:07 pm
by Francois Marais
Mercer
Bel my. Ek's in Windhoek......
Mooi loop
Francois
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 7:52 pm
by Marc
BLOK wrote:
Marc
Dit hang af mens moet ook maar soek vir bargains die 170 hand model gaan vir so R1500 die geweer monteer model so R2000. As jy net n hand een soek sal ek eerder die 240 vat hulle pryse is so in die lyn van R1900.
Dankie Blok

Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Sun Mar 25, 2012 8:04 pm
by Die Jakkals Man FX3
Haai Manne
Kan sommer sien hier word namekaar gekyk dis vir my reg en so baie dankie vir elkeen se raad wat al vir my gestuur het , x op soek na n dimmer en n light force wat ek op my scope kan mount ek skiet net met light force die beste lig nog ooit ,
Dankie
Oom Francois ek bel oom more
Dankie
Mercer
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Tue Mar 27, 2012 8:59 pm
by Pvdw
FX3 PM vir Dawie D hier op die forum. Hy ken ligte en werk elke nag met hulle> ek het so 2 maande terug gesien hoe hy met 'n handlig toor> Hy mag maar.
Verder sten ek saam met Cassie en Blok.
Peet
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Thu Mar 29, 2012 8:29 pm
by Janneman
Ek is op soek na 30 mm mounts vir die lig op my teleskoop.
Ek is in Windhoek. Francois, kan jy help.
Jan
Re: Wie wil weet oor ligte
Posted: Thu Mar 29, 2012 11:11 pm
by Francois Marais
Jan
Ja, jy kan maar bel.......
Mooi loop
Francois