Page 1 of 1
Herlaai data 8by57S
Posted: Wed Feb 03, 2010 7:08 pm
by HVZ
Middag almal
Ek weet ek soek seker wors in n honde hok, maar gaan tog probeer.
Ek soek raad met herlaai van die 8mm.
Enige raad/kombinasies sal sal hoog wardeer word.
Dankie
HVZ :
Re: 8x57s
Posted: Wed Feb 03, 2010 9:22 pm
by frinam
Naand HVZ, jy meld 8x57 S, bevestig net asb of dit 8x57 JS / J OF net S is. Daar is 'n onderskeid tussen die JS EN J ladings. Ek laai vir 'n 8x57 JS en gebruik 45.5 gr S 341 (lot 80) agter 178 gr Sierra SP met RWS large rifle primers. Het nog nie kans gehad om die lading te " chrony" nie. Groete Frinam
Re: 8x57s
Posted: Thu Feb 04, 2010 5:57 pm
by HVZ
Frinam
Dit is die 323 cal.
Ek het altyd 49gr S335 agter n 150gr sierra gelaai vir so 2600 fps, maar die goed wil nie groepeer nie en ek wonder somtyds oor die spoed. Moet dit nie n bietjie meer wees nie? GS customs werk baie goed maar is so effens aan die duur kant.
Ek is bly om te hoor dat daar nog 8mm`s is wat gebruik word.
groete
hvz
Re: 8x57s
Posted: Fri Feb 05, 2010 6:47 am
by Beyers
HVZ
Gaan kyk na quest se goete
Calibre
Diameter Jacket Wall
Tkickness Weight Price ZAR / 100
Flat Base Price ZAR / 100
Rebated Boat Tail Price ZAR / 100
R N Flat Base Price ZAR / 100
O-Tip RBT
8mm .323 .028"/0.71mm 180 gr. 246.00
8mm .323 .028"/0.71mm 196 gr. 238.00
8mm .323 .028"/0.71mm 200 gr. 274.00
8mm .323 .028"/0.71mm 220 gr. 290.00
8mm .323 .064"/1.63mm 200 gr. 427.00
8mm .323 .064"/1.63mm 220 gr. 450.00
8mm .323 .078"/2.00mm 200 gr. 525.00
8mm .323 .078"/2.00mm 220 gr. 599.00
Beyers
Re: 8x57s
Posted: Tue Feb 09, 2010 7:18 am
by frinam
More HVZ, jammer ek reageer nou eers, was paar weg. As jy 2600 vt/sek met jou lading gekry het, is dit redelik na aan wat die tabelle van Somchem noem. Hulle ligste punt waarvoor hul data gee, is 'n 170 gr Spitzer en hul het 2589 vt/s daarmee behaal met 47 gr S335. Met 50.5 gr S335 (maks lading) het hul 2802 vt/s gehaal. Groeperings probleme kan baie oorsake he, daar is baie goeie wenke op die forum om groepering te verbeter, begin maar op 'n kant en probeer elimineer. Sterkte en laat weet gerus wat die uitkoms is. Frinam