Page 1 of 2
Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 1:48 pm
by Francois Marais
Manne
Hier het ek nou julle raad nodig........ek wil vir my die MOTHER van alle windbukse koop, bietjie rondgelees, en op n 20cal besluit, die geweer sal uitsluitlik vir jag ( alles wat man met n windbuks kan skiet) gebruik word, maar uiteraard ook vir bietjie veldskiet posisies oefen, en papierskiet gebruik word......
Dit moet n PCP wees, met n magasyn, en dan nou so akkuraad moontlik......verkieslik in n tactical stock met KD en die hele toetie.......prys is nie te n groot struikelblok nie, wil graag een keer koop en klakry..........het so bietjie rondgeloer en die Daystate Airwolf Tactical trek baie my aandag, maar ek weet daar is nog baie goeie airguns, Air Arms, FX, Weiraugh (spelling?) en nog n paar ander........
Gee asb julle opinies en menings, alle sal waardeer word.......
Mooi loop
Francois
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 2:29 pm
by LUAN
Francois dis n vreeslike moeilike keuse aangesien daar n groot verskeidenheid pcp's op die mark is deesdae. Jy wil dalk n 5.5mm he want tegnies is hy kleiner as .22 en hoef jy nie n lisensie te he vir hom. Weet jy hoeveel manne skiet met 5.5mm deesdae? Baie en weet jy daar is 100m 10 skoot groeperings kompetisies wat hulle hou! Jy kan nie glo n "pelletgun" kan so akkuraat wees nie. Een van die goeie en vertoubare brands is die Air Arms reeks en daar is n plaaslike handelaar wat hulle vir jou kan kry. Jy moet ook skoot telling in ag neem en hoe kragtiger die geweer is hoe minder skote skiet jy voor hy volgemaak moet word. Daar is n man wat sy eie gewere vervaardig in Joburg en hulle is baie kragtig en kan maklik supersonies skiet. Sy naam is Kevin en hy is baie goed met sy hande en gee wonderlike diens.Hy bou hulle met die military look en sy pryse is heelwat goedkoper vir n pcp as ander brands. Dit bly maar jou keuse wat jy van hou. Magasyn is baie lekker as jy in die nag moet skiet en jy vinnig moet werk en daar nie tyd is vir pellet uit sak haal en soek vir die gat en kyk of die pellet reg om is ens.
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 2:54 pm
by Jurie
Net n vraag.
As jy n .177 pellet gun vat en jy skiet 10gr pellets in hom vergeleke met n groter een wat met die selfde grein pellets skiet.
Gaan daar n aansienlike verskil wees in slaankrag en akkuraatheid?
Want jou pellet is die selfde gewig, maar verskillende lengte en diameter.
Waar kan n mens met kevin kontak maak?
Jurie
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 3:02 pm
by LUAN
Die groter diameter pellet sal so bietjie beter slaan. Maar jy mag eintlik nie wettiglik jag met windbukse in ons land nie. .177 is oorgenoeg vir die goed wat jy gaan skiet. Ek sal nie groter as n haas skiet nie daarvoor is daar regte gewere. Windbuks jag gaan oor skootplasing en of jy .177 of .22 gebruik moet jou plasing reg wees om goed dood te maak. Hier is Kevin se nr. maak net seker jy het baie tyd want as jy by hom kuier gaan jy lank vashaak. Die ou het n brein en n half. Kevin 076 603 1841
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 3:47 pm
by Marc
Arnold kom in ....

Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 6:10 pm
by Piet Breedt
Francois, as die prys nie n groot issue is nie, sal ek die Daystate Air Wolf MVT in .20 of .22 vat. Hy het n groot air cylinder en hy kan baie skote skiet voor hy leeg is, en die belangrikse van als, hy is super akuraat. In my o? is dit die Rolls Royce van Luggewere. Ek het self n Daystate Grand Prix wat my kompetisie geweer is, en sal hom vir niks verruil nie. Ek het self al n Walther, Steyr, en n paar Air Arms gehad, maar die Daystate is die een. Hulle is almal super akuraat, maar het meganiese regulators wat as hy gestel is, homself nie kan aanpas by verskillende atmosferiese veranderlikkes nie, maar die MVT Daystate kan dit wel doen. Die bewys was al oor en oor bepoef in verskeie lande oorsee waar ons geskiet het, in uiteenlopende klimaats veranderlikkes. Elkeen van die meganiese gewere moes verstel word, maar nie die Daystate nie.
My 2de keuse sal n Weihraugh wees in .177. Ek het so een en is baie, baie tevrede met hom. Hy skiet n 10.5gr pellet teen 1020ft/sek en is uiters akuraat. Hy kom standaard met seker die beste knaldemper op die mark, en 2 x 14 skoot magesyne.
Die Theoben sal ook op my kortlys wees in .20 of .22 kaliber.
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 8:22 pm
by G-force
Ongelukkig of dalk gelukkig is daar meer as een "mother of all aitguns".Ek sal se jy moet net na 5mm en 5,5mm kyk.Ek het albei.My Steyr is 5mm en 24fpe en dan my Daystate AirRanger is n 5,5mm en maak 42fpe.Daai steyr met n 11 of 13gr pellet het lang arms en sort n bosduif uit op 100m.My Airranger doen dit ook maar ek voel die Steyr is meer konstant op daai lang skote.Beste is gaan na Hennie by Safari en kyk wat daar is.Jy hoef nie te koop nie want jou kop gaan deurmekaar wees maar jy sal sien daar is BAIE om van te kies.Steyr het nou n HUNTER 5.Basies 35fpe in 5/5,5mm en is semi-auto vir die 5 skote wat in sy magasyntjie is.Ook n
Lekker groot silinder vir groot shot count.Ja daar is baie om van te kies...selfs daai 90fpe (5mm) Koreanse pcp daar by Safari.Lelik naar so kragtig!!!R9000.
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 9:04 pm
by bullseye
Naand manne. Ek wil graag weet of daar iemand op forum is wat ondervinding van FX se semi auto geweer het is dit n goeie geweer ,akkuraat en wat nog. Of moet mens liewer by daystate of air arms bly?groetnis Bullseye
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 11:01 pm
by G-force
bullseye wrote:
Naand manne. Ek wil graag weet of daar iemand op forum is wat ondervinding van FX se semi auto geweer het is dit n goeie geweer ,akkuraat en wat nog. Of moet mens liewer by daystate of air arms bly?groetnis Bullseye
Kolskoot ek het die FX Monsoon semi auto gehad.Dit was n 16 skoot PCP in 4,5mm wat 18fpe gemaak het.
Hy was in die begin verskriklik pret gewees.Hy raak ontslae van 16 pellets in sekondes en was verbasend akkuraat met die klomp vinnige skote.
MAAR daar is n paar dinge wat belangrik is om te weet.
Hy is pellet fussy in die opsig dat die magasyntjie net met sekere pellets gewerk het.Hy het dikwels feeding probleme gehad.Dit is n pyn om daai pellets te laai.Die magasyn se tandjies binne wear redelik vinnig uit en n spaar mag was daai tyd R650.Soms het hy sommer twee pellets in die chamber gelaai.Mens kry so drie mags geskiet(48 skote) dan moet jy volmaak.Op n manual aksie is dit ok want 48 skote is 48 skote,met die Monsoon is 48 skote meer soos 12 skote.Mens mors pellets want dis lekker as hulle so lekker agtermekaar vlieg.Die novelty gaan naderhand weg.Toe ek my Air Ranger kry wat bolt action is met n 12 shot mag toe raak ek nie meer aan die Monsoon nie.Ek gebruik nie eers die mag met die Daystate nie want ek laai vinniger met die hand.Meeste kenners glo ook n mag vat akkuraatheid weg.Die pellet se sagte lood skirts kry skade in die mag.Ek het dit ook so bevind.
Na ek oorgeskakel het het ek eers besef wat PCP akuraatheid was.
Ek moet net byvoeg dat daar mense is wat gelukkig ia met die 5,5 FX wat 12 skote vat.Dink dis die Verminator of so iets.
Re: Help met n keuse
Posted: Mon Mar 26, 2012 11:39 pm
by Francois Marais
Piet/G-force/Manne
Dankie vir al julle terugvoer, word baie waardeer, ek sal nog maar luister en uitkyk, maar lyk my die Daystate Airwolf in 5mm is maar die ding wat ek sal voor gaan......
Ek sien die ander fabrikate het pompe en sulke goete, maar Daystate het net n koneksie tube as accessory op hulle site, wat gebruik man dan om die gun vol te maak, en wat kos die gas/lug houer.......
Mooi loop
Francois
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 4:42 am
by Roger
Jou beste "bet" sal wees, gaan na n liga skiet, ontmoet van die manne en skiet n paar gewere. Daar is regtig baie puik gewere daar buite.
Ek self het n Daystate Air Ranger .20 teen 27fpe (13gr @ 957fps) en is mal oor die geweer. Maar daar is nog Theoben, Airvolution, Evanix, ens om net n paar te noem.
Groete,
Roger!
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 7:29 am
by G-force
Franscois mens kan enige PCP met n duik silinder vol maak.Min mense gebruik die hand pomp.
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 9:29 am
by LUAN
Hand pomp is glad nie so maklik soos party ouens laat klink nie. Ek het die geleentheid gehad om met n Hills pomp wat die top hand pomp is my geweer vol te maak. Van 150 na 200bar was dit alreeds n effort en my geweer het maar klein silinder. Van 200-230 bar het ek byna nie genoeg gewig agter my om die pomp afgedruk te kry nie. En jy sal defnitief nie dadelik daarna kan skiet nie want jou hartklop is lekker hoog. Dis hoekom soveel ouens gaan vir scuba tenk.
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 9:35 am
by LUAN
Daar is ouens wat baie akkuraat skiet uit n magasyn selfs oor 100m so dis ook debateerbaar. En jy gaan defnitief vinniger skote kan skiet uit n magasyn as wat jy enkelskoot op n slag moet skiet. Het die ander aand so vinnig 3 van die feral duiwe gedrop voor hulle weet wat gebeur to le hulle stil he he...
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 1:32 pm
by Francois Marais
G-force/303/Roger
Ek is hier bo inni noorde, Suidwes, hier moet ons nog liksens he vir die goete, dis hoekom ek een keer wil koop en kla kry, en ook op julle manne se ervaring staatmaak vir n keuse, ek kannie gou S&O toe ry en n paar gaan skiet nie......TX weereens vir alle insette.....
Mooi loop
Francois
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 1:34 pm
by Francois Marais
G-Force
Wat sal so n duikselinder kos met sy fittings, en waar laat n man hom volmaak??
Mooi loop
Francois
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 1:41 pm
by Geno
FM,
Ek het tot dusver gescore en 2 silinders verniet gekry, so ek weet nie wat hulle prys nie.
Daar by jou waar geen duik shops is nie, sal julle brandweer tak jou beste plek wees om vol te maak.
Groete,
Eugene
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 1:45 pm
by LUAN
Ja dis nou n bummer dat jy liksens nodig het. Brandweer is jou beste vriende en kan volmaak tot 300bar. Onthou meeste duik silinders is net tot 230bar maar brandweer gebruik 300bar. Probeer een van hulle in die hande kry.
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 1:46 pm
by Geno
My silinders is 300bar. Hulle werk bitter lekker!
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 2:20 pm
by G-force
As jy oor R20 000 op die geweer kan spandeer dan sal ek n Styer koop.In my opinie is daar nie beter nie.Hy lyk meer hytec so dit kan jou dalk afsit,hangaf van jou smaak...ek is maar n tradisionele man maar daai Steyr van my is my gunstelling.As jy spring is daar n BAIE goeie deal op airrifle tans op n baie mooi tweedehandse Steyr met twee lope wat omgeruil kan word......5 en 5,5mm.Ek ken die eienaar en die geweer.Gaan hom dalk koop as hy nie vinnig n baas kry nie.
http://www.airrifle.co.za/showthread.php?t=26479
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 2:27 pm
by Geno
Dis 'n verskriklike nice geweer daai!
[img width=270 height=480]
http://www.sodapop.co.za/airguns/Steyr/27032012376.jpeg[/img]
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 3:20 pm
by Marc
oooooohhhhhh. Nou gaan ek 'n nuwe pantie moet gaan aantrek

Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 6:22 pm
by Francois Marais
Geno/G-force
Daai is n nice geweer......lyk my ek sal die Daystate hier kan land vir so 18000...

Dis nou rock bottom, dealer price....dan natuurlik nog die scope.....
Mooi loop
Francois
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 6:32 pm
by G-force
Dit is nie te sleg n prys nie Francois.
Re: Help met n keuse
Posted: Tue Mar 27, 2012 7:03 pm
by immelmanw
Naand
As jy die mother van airguns wil koop vir jag is dit of die Daystate, jy kan forum op forum op forum gaan lees en dieselfde antwoord kry. Dan die steyr LG110 hunter en dan die Weihrauch in .177
Ons verkoop daystate, weihrauch, air arms, theoben, steyr, walther, gamo, diana ens ens. Die opinie is dus onafhanklik en favour geen spesifieke brand nie, net die feite!
Groete