KD keuse

watter KD

Poll ended at Thu Jun 20, 2013 2:40 pm

Piet Jacobs KD
11
33%
Silent Hunter Hunt Buddy
22
67%
 
Total votes: 33

User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

KD keuse

Post by NicoSmit »

Ek is in die mark vir 'n KD vir my Howa 243 dun loop en nou sit ek tussen 2 vure watter een ek moet laat opsit, die hunt buddy of 'n Piet Jacobs kd .Prys gewys is hulle omtent die selfde prys en lengte .Ek is heel tevrede met die PJ kd hy is op my 30 06 . Watter een sal julle kies?
Last edited by NicoSmit on Wed Jun 19, 2013 2:40 pm, edited 1 time in total.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: KD keuse

Post by FHM »

Nico ek sou n poll gemaak het.... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: KD keuse

Post by Cobus(Cobb) »

FHM wrote:Nico ek sou n poll gemaak het.... ;)

Ja, begin 'n poll, sit sommer Clarence se terminator ook by..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: KD keuse

Post by Danie01 »

Ek sal ook graag foto's van die verskillende soorte, lengte en gewig wou sien, mens sal dan n beter besluit kan maak. Ek het Terminator op my 7x64, werk baie lekker vir knaldemp en recoil, maar maak geweer baie lomp en omdat ek n ligte geweer het is gewig kwaai op punt van loop. Sal graag selfde kwaliteite in ander korter en ligter demper wou he.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD keuse

Post by Geno »

Is dit nie 'n maklike keuse met die 50+ vorige topics oor knaldempers nie?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: KD keuse

Post by BRNO (Pierre) »

Geno wrote:Is dit nie 'n maklike keuse met die 50+ vorige topics oor knaldempers nie?
Jou vingers was net te vinnig vir my gewees. hier was al n poll ook opgesit. Inteendeel dink ek hier is tans drie aktiewe drade wat or knaldempers gaan, aan die gang.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: KD keuse

Post by NicoSmit »

Sal vanaand die loop meet en dan more bestel by die wenner
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: KD keuse

Post by Hugo »

As mens nie nog n topic maak oor n sekere ding nie gaan die forum dood loop. Dan kan mens mos n boek gaan koop en nie inter aktief onder mekaar dinge bespreek nie.

Anyway. Ekt die hunt buddy op my 243 Howa en is besig om te spaar vir my kwes se hunt buddy
nightro suppressors
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sat May 04, 2013 1:19 am

Re: KD keuse

Post by nightro suppressors »

Julle kan my pm oor nightro suppressors

Groete Gerrit
.22 Anschutz
.222 Anschutz
.30-06 Brno
12 gauge side by side Brno
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: KD keuse

Post by NicoSmit »

Hugo wrote:As mens nie nog n topic maak oor n sekere ding nie gaan die forum dood loop. Dan kan mens mos n boek gaan koop en nie inter aktief onder mekaar dinge bespreek nie.

Anyway. Ekt die hunt buddy op my 243 Howa en is besig om te spaar vir my kwes se hunt buddy
Hoe is die hunt buddy op die 243 recoil en klank ?
immelmanw

Re: KD keuse

Post by immelmanw »

Manne, jy sit n aimZonic van Swede op. beter as die A-Tec, helfte die prys. 4 modelle, conpact 13cm lank, tot by die Cyclone, ingeboude muzzlebreak in silencer. Gaan loer op www.so.co.za

Groete
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: KD keuse

Post by PWV »

immelmanw wrote:Manne, jy sit n aimZonic van Swede op. beter as die A-Tec, helfte die prys. 4 modelle, conpact 13cm lank, tot by die Cyclone, ingeboude muzzlebreak in silencer. Gaan loer op http://www.so.co.za

Groete
Willem
Party ouens kan nuwe Mercedese koop en ander moet tevrede wees met 'n 2de handse bakkie.
Elke ou moet seker maar sy "budget" dophou.
Ek dra nie kennis van daardie duur KD's nie. Kon egter vir my 'n Hunt Buddy koop, en is 100% tevrede - weet nie of enige ander KD noemenswaardig beter sou gewees het nie.

Groetnis
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: KD keuse

Post by Johan22 »

More Manne
Ek kom nie lank aan met 'n kd nie maar waar ek by die klub skiet is daar baie verskillende manne wat van wyd kom en met tenminste x10 my skiet ondervinding het met kd's. Ek het vir my 'n Buddy van Henk(Silent Hunter) op gesit en die .270 met sy 26" loop balanseer baie mooi en die kd baie kort en lekker vir die veld. Al die ander manne se kd's klink soos myne en party het lekker groot vimblikke op.

Die is my mening

Johan22
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD keuse

Post by Geno »

Ek het ondervinding van al die volgende KD's:

As jy die stilste KD soek, kry jy een van 3:
- Terminator
- Nightro
- Numenor

As jy iets klein en lig soek, wat nie noodwendig tjoepstil is nie, maar stil genoeg:
- Hunt Buddy
- Pieter Jacobs

As jy iets soek wat lig is, en stil is:
- Ase Utra
- Numenor
- Nightro
Goed, beter, 6millimeter!
bullseye

Re: KD keuse

Post by bullseye »

Dankie Geno dit is n sinvolle bydra

Groete
Bullseye.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: KD keuse

Post by PWV »

Geno

Dit is 'n goeie opsomming, maar dit is nie al rede waarom 'n mens 'n KD op jou geweer het nie, alhoewel seker die belangrikste. (om klank te demp nie)
Hoe verminder hy skop of ruk?
Hoe verander die POI wanneer jy skiet. - nie dat dit so deurslaggewend is nie, want jy skiet mos nou pal met die betrokke KD.
Die grootte en gewig van die KD.
Laastens, en baie belangrik vir baie van ons manne, is die prys!

Met bogenoemde in aggeneem, kom jy by 'n KD uit wat jou die beste pas. In my geval is dit die Hunt Buddy van Silent Hunter.
Groetnis.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: KD keuse

Post by NicoSmit »

soos ek gesê in die begin die 2 wat vir my die beste gaan wees is die Piet Jacobs en die Hunt Buddy Die Piet Jacobs wat op my 30 06 is kon ek die skoot op die Blesbok wat ek geskiet het mooi deur volg en sien toe hy val .Met die volgende bok het ek die 243 gebruik en selfs sy recoil (wat baie minder is as 'n 30 06 sonder kd) was genoeg om nie te sien hoe die bok val nie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: KD keuse

Post by LUAN »

Ek sien baie ouens die Piet Jacobs een gebruik en gelukkig is. Virend van my skiet baie kompetisie met sy .308 en hy is heeltyd op die geweer, sy recoil is baie min en stil genoeg as jy sonder mowwe moet skiet. Sy prys is ook baie goed wat die draadsny werk insluit. Sal eendag gou deur ry Aliwal toe en vir my een laat opsit.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD keuse

Post by grumpy »

Geno,

Wil jou net vra die volgorde wat jy geplaas het, is dit in die volgorde wat jy aanbeveel?

Dankie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD keuse

Post by Geno »

Nee wat,
Dis in geen spesifieke volgorde nie.
Goed, beter, 6millimeter!
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: KD keuse

Post by Mac »

Is dit nie 'n maklike keuse met die 50+ vorige topics oor knaldempers nie?

Geno,

Some bright spark told me once on the forum that it is easier to ask again than to do a search, with that attitude, I have stopped posting in dumb posts where the OP is too lazy to do any research. I don't have your patience.

keep well.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: KD keuse

Post by Hugo »

NicoSmit wrote:
Hugo wrote:As mens nie nog n topic maak oor n sekere ding nie gaan die forum dood loop. Dan kan mens mos n boek gaan koop en nie inter aktief onder mekaar dinge bespreek nie.

Anyway. Ekt die hunt buddy op my 243 Howa en is besig om te spaar vir my kwes se hunt buddy
Hoe is die hunt buddy op die 243 recoil en klank ?

Man, die recoil is met meer as halfte minder en die klank kan meer gedemp word maar ek skiet gemaklik sonder beskerming op my ore.

Klink baie soos n .22 met blitzers
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: KD keuse

Post by NicoSmit »

Mac wrote:Is dit nie 'n maklike keuse met die 50+ vorige topics oor knaldempers nie?

Geno,

Some bright spark told me once on the forum that it is easier to ask again than to do a search, with that attitude, I have stopped posting in dumb posts where the OP is too lazy to do any research. I don't have your patience.

keep well.
So is this a dumb post?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: KD keuse

Post by Piet Pille »

NicoSmit wrote:
Mac wrote:Is dit nie 'n maklike keuse met die 50+ vorige topics oor knaldempers nie?

Geno,

Some bright spark told me once on the forum that it is easier to ask again than to do a search, with that attitude, I have stopped posting in dumb posts where the OP is too lazy to do any research. I don't have your patience.

keep well.
So is this a dumb post?
Neewat, daar is nie iets soos 'n dom vraag/post nie. Die topic is al baie bespreek en gaan weer baie bespreek word. Hoe ouer 'n forum is, hoe minder vra is daar wat nognie gevra was nie. As jy elke keer net nuwe,"slim" vra mag vra op 'n forum, sal daar later niemand meer mag post nie. Met elke post kom daar altyd weer nuwe inligting na vore
Post Reply