Lede van die Register
Vergewe die voorbaarigheid en langdradigheid, maar ek wil graag hierdie punt vir bespreking inlei (as die manne met name in DIK blou letters my sal toelaat) Ter wille van Freek sal ek so bietjie beeldspraak gebruik om my beter uit te druk. Ek sien die ding so: Hierdie register is eerder die voertuig as die eindbestemming. Ons het nou op hom geklim, sonder dat ons mooi weet waarheen hy ons sal vat. Ek glo elkeen het ?n idee waarheen hy dink die ding moet gaan of ?n behoefte wat hy graag verwesentlik wil h?. Dit is wat ek dink ons moet onder hierdie topic bespreek, asseblief. Waarheen gehasie?
Eerstens wil ek by julle weet of ?n voorstel dat Taffie agter die stuurwiel inklim oraait is met julle? M.a.w. kom ons maak hom die voorsitter. Vergaderings het mos so iets nodig. Aangesien dit sy inisiatief was, moet hy maar agter die stokke inklim vir die eerste skof ten minste. Dan het ons ?n paar wyse manne nodig vir navigators (die bestuur). Miskien moet ou Tafjak sommer so paar bymekaar skraap vir die begin ? hy ken die manne mos redelik. Dis nou sodat ons net eers voertuig (sal dit ?n Landrover of Toyota wees Taffie?) aan die gang kan kry. So op die pad sal daar mos genoeg tyd wees om ?n behoorlike bestuur te kies, of hoe?
Dan sal ek graag wil sien dat ons onder hierdie topic vir die volgende week of so, elkeen vir Tafjak en sy Raad van wyse manne sal s? waarheen hierdie lorrietjie waarop ons sit nou moet loop. Want sien, as hy net hier gaan bly staan kan ons maar net sowel afklim, of hoe? Dink ?n bietjie diep en innoverend wat ons kan alles kan vermag as ons aan die beweeg raak. Doelwitte, visie, mikpunte, modus operandi, noem dit wat jy wil, maar aan die gang moet ons kom en waarheen hy moet loop sal Tafjak en sy Raad van Wyse Manne seker graag wil weet.
Dan is daar die klein probleempie van brandstof wat die lorrietjie gaan gebruik. Ons kan seker nie ?rens heen ry as ons nie brandstof in die tenk het nie? Aan die ander kant moet ons ook eers weet waarheen ons wil ry voordat ons sal weet hoeveel brandstof om in te gooi, of hoe? In my opinie moet die roete vir die kort en medium termyn eers bepaal word sodat ons kan weet hoeveel geld vir brandstof (indien enige) nodig is. Dan kan man mos beter begroot. Dalk is die roete in die begin so skerp afdraende dat geld vir brandstof nie onmiddelik nodig is nie. Of miskien kan iemand ?n hupstootjie verleen sodat die lorretjie momentum kan kry?
Wat ons dus hier bespreek is:
- Voorsitter - Tafjak?
- Bestuur - Is 'n verkiesing nou nodig of sal Tafjak vir die intrim die wyse manne inspan soos en wanneer benodig
- Doelwitte, mikpunte, visie, werkswyse
- Watter waarde kan die register vir my as lid inhou? Wat is dit wat ons moet vermag om die ding te maak werk?



