Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Ek en 'n baie goeie vriend Jan Rikus gaan elke jaar op 'n Koedoe jag daar in die Waterberge by Tolwe. Ons het weer die 1 ste Mei 2004 die bakkie gepak en gaan Koedoe jag. Daar aangekom en kamp opgeslaan bo in 'n berg onder 'n Tambotie boom. Ons werk elke dag te voet die berge vir die groot manne. Op die 8 ste Mei het ek en hy nog geen sukses gehad nie en die aand om die kampvuur het ons 'n strategie uitgewerk vir die volgende oggend. Die volgende oggend toe is ek en hy alreeds in die veld hard aan die werk. Presies 07h10 stap ek in 'n mooi bul vas (30 meter). Ek sit die kruishaar in die middel van sy lyf net agter die bladlyn en trek die sneller. Hy het net 15 meter ver gekom en inmekaar gesak. Toe ek by hom kom kon ek nie glo wat se groot karkas hier voor my le nie. Sy horings het 54" gemeet en die karkas, vier kwarte gesny, 204kg. Presies een maand later kry Jan Rikus 'n oproep van sy swaer en lig hom in dat hy op 'n monster Koedoe afgekom het (omtrent een week al dood). Toe ek die storie hoor is hy omtrent 900m van waar ek my Koedoe geskiet het dood en ek het daardie gebied gewerk en gewerk. Dit wys ons jagters maar net dat hy het nie verniet so groot geword nie. Leer ons 'n les dat jy is in sy natuur en in die hande van ons Skepper.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Ian
Netjies bul daai op die foto.
Groetnis
Netjies bul daai op die foto.
Groetnis
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Manne van daai groote ontwyk my al jaaaaare.
Baie netjiese bulle, veels geluk
Baie netjiese bulle, veels geluk
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Beide is droom kudu bulle.
Baie geluk met daai mooi bul Ian.
Baie geluk met daai mooi bul Ian.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Netjies!!
Ja - hy het nie verniet so mooi groot geword nie. Dis van slimgeit!!
Ja - hy het nie verniet so mooi groot geword nie. Dis van slimgeit!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
jho jho jho! baie mooi, daai 64 duimer seker dood aan ouderdom, skelm gees gewees daai!
ek soek nog wapens...
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Baie mooi bulle daardie , net jammer die een was klaar dood gewees teen die tyd wat julle hom gekry het!
Groete
Herman
Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Natuur neem 64 duim KOEDOE BUL
Dags?,
Daardie is voorwaar twee prag bulle, ek soek al jare lank na 'n bul wat na 60 se kant toe gaan leun. 'n Wyse ou Oom het eendag vir my ges? daai groot ou bulle word vir jou gegee...
Ek weet nou al drie jaar van 'n groote wat ons elke keer uitoorl?. Hy's of net te v?r, of net te bedek deur ruigtes, of die son het net nie meer genoeg asem om daai skoot te waag nie, maar ek weet waar hy vertoef en sal elke Junie terug wees tot ek eendag bevooreg genoeg is om my kruis op sy blad te kan neersit. Daai trofee gaan nagte lank teen my muur hang en stories vertel.
Aangeheg is sy boetie/buurman wat Junie oor my jonger broer se pad gekom het, so kilometer van waar hy gewoonlik loop.....hoopelik is dit hierdie jaar my beurt, al dan nie is daar altyd 2013. Wonder of manne wil raai wat hy meet en of ek maar mag s?, dis een van daai rare ou manne.
Nogmals geluk,
Marc.

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner