Riglyne vir tariewe
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Riglyne vir tariewe
Iemand het die een al aangeraak op 'n ander plek en ek weet dit bly 'n doringrige kwessie, maar ek dink almal kan tog baat vind by so stel riglyne. Aan die einde van die dag sal elke ou seker maar na gelang van sy omstandighede sy fooie en tariewe bepaal, maar so riglyn gee darem 'n idee van hoe en hoeveel - op so manier kan ons moontlik oor tyd na 'n meer "standaard" of selfs "minimum" tarief toe werk.
Wat hier volg is net 'n voorstel, julle manne moet asseblief maar laat weet waar is te hoog, waar te laag en waar sommer net plein nonsens - dit is bloot bedoel as vertrek punt. Aan die einde kan Taffie dalk vir ons so "gemiddelde" riglyn vasstel uit wat hier uitkom.
Reiskoste: R4 per kilometer, tot op die plaas en vir die rywerk op die plaas.
Jagkoste: R750 per nag, sluit eerste ongedierte in, maar dan teen R650 - so die boer kry R100 af as jy skiet - dit gee hom 'n insentief om sy jakkies nie te slim te laat maak nie.
Skietkoste: R650 per jakkals of rooikat
Daar is sekerlik honderde permutasies moontlik, soos gedeelde kilometer en selfs jagkoste deur meer as een boer, spesiale tariewe vir buurmanne, die skoonouers ens ens ens. Laat die buite rekening asseblief - kom ons probeer 'n struktuur saamstel vir die ou wat inbel of skryf nav die register, sodat hy weet min of meer wat om te verwag.
Wat dink julle?

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Riglyne vir tariewe
WillJak
Ek is bly jy roep die onderwerpie aan, wou dit ook al doen, net om te sien met wat loop die manne daar buite rond, en dat my pryse redelik inni mark is.
Ek vra nie reiskoste nie, MAAR ek reel dat ek ten minste 5- 7 dae in die onmiddelikke omgewing kan werk, as ek ver moet ry.
Ek roep teen 850.00 per nag, met ook die eerste jakkals/kat gratis, maar nie met afslag as ek skiet nie.
Ek vra 750.00 per jak/kat geskiet na die eerste een virri nag.
Ek sit met n redelikke tameletjie met die wat ek nou in WHK is, die manne inni bees, wild wereld willi so baie betaal nie, maar wil hul jakkies geskiet he, en dis hier waar die naweek manne wat net uit die dorp uit wil kom, die mark deeglik deurmekaarkrap. Het nog nie antw vir die situasie nie. Wat stel die manne oppi forum voor??? Het julle in SA ook so n probleem inni beeswereld dat boere nie wil betaal nie??
Laat weet asb!!
mooi loop
Francois

- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Francois Ja. Die manne met bees alleen hier stel glad nie eens belang in die beheer nie. Dit is die manne met skaap langsaan wat al die onkostes moet aangaan.
Die R4.00 km is dit retoer of slegs tot jy klaarmaak op die plaas. Dankie Japie

A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Japie, ek vra tot ek klaar maak op die plaas, maar dis maar 'n voorstel - die ander manne moet maar laat hoor of hulle dink retoer is beter ens.
Francois, hier by ons is nie baie bees nie, en die wat bees het, het skaap of bok ook, so dis moeilik om te se. Wat ek jou wel kan se, as daar hier by ons 'n beeskamp op die plaas is, en veral as sy hek/ke (soos gewoonlik) nie te lekker dig is nie, begin maar sommer daar roep.....
Die naweek manne, wel.... ek dink die ou wat daai een kan uitwerk en 'n manier van beheer kan kry kan sekerlik aftree op die opbrengs van die verkoop van sy plan!! Grappies op 'n stokkie, ek dink hierdie forum en die register is 'n goeie begin - so met die tyd sal die manne se impak minder word, maar ek weet nie of dit sal verdwyn nie. Soos jy tereg dit stel - hulle krap die mark deurmekaar want hulle hoef nie daarvan te lewe nie - en baie keer ry hy met die werk se bakkie en petrol ens. Maar waarnatoe en hoe met hulle, die kan ek jou nie se nie - behalwe dat ek my nie verder oor hulle frustreer nie en maar aangaan met my dinge - en as hulle by 'n ou gejag het en ek weet daarvan, dan jag ek nie daar nie, of ek vra dubbel - so leer die manne maar stadig dat dit nie die moeite werd is om die manne te gebruik nie..... Hier is een so man hier by ons - hy't vir ou Taffie so jaar of wat terug ingeloop, en van daar af jag nie een van ons hier in die omgewing vir hom nie - hy't al dubbel aangebied, maar voor hy nie sy ding met Sir T regmaak nie moet die goete hom maar vreet...

Wiljak.
Laat dit nou vir hom n les wees.
Laat dit nou vir hom n les wees.
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Willjak
Ek vra R4 km retoer,my bakkie is baie swaar op juice(hy is swaarder as 4.5 cruiser dink ek).Dan 750 per jakkals.As ek meer as 5 op een aand skiet vra ek dan 500 n jakkals,weet ni of ek daar reg doen ni.
Die boere is bereid om die jakie fooi te betaal maar nie die km nie,dalk moet ek vi my n diesel bakkie of n ander petrol bakkie aanskaf maar ai my ou blou pou het dan so n leker blou kluer vi nag roep
Boeta

An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
-
jakkie 735
Re: Riglyne vir tariewe
Willjak, Jou tariewe ie reg. Ek stem volkome saam 'n boer wat 'n verniet jagter in kry. Daai boer moet maar bloei. Ek jag ook nie waar 'n ander een jag nie.
Francois, In die suide sit ek met dieselfde probleem. Boere wil nie betaal nie. Hier is nou 'n lekker jong mannetjie in die suide wat met die boere se voertuig jag en dit verniet doen. Wat nou van ons wat 'n groot kapitale uitleg gemaak het. Groot probleem.
Boeta, jou kilometer tarief is reg. Die boere moet maar betaal want hoe moet ons later 'n bakkie en bande vervang??
Jakkie 735

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Almal
Iemand het genoem sy nagtarief is R750.00 en dan volg die jakkals fooi R650.00 per jakkals. Dan weer R750.00 nagtarief wat wegval met die skiet van eerste jakkals R650.00. Dan weer geen nagtarief slegs jakkals fooi R650.00.
In die meeste gevalle vra die jagters R3.00 tot R4.00 per km lyk dit.
Wat sal die beste wees om die jagtery bietjie meer eenvormig te maak maar so ook darem lonend vir die opofferaars.
Vra slegs voorstelle geen persoonlike tariewe nie asb.
Knou goggas af
MEERKAT

- paul
- Jr. Member

- Posts: 50
- Joined: Thu Oct 01, 2009 8:57 pm
Re: Riglyne vir tariewe
EK VRA R3.5 N KM EN R650 VIR N JAKKALS.WIL NOG N NAGFOOI INBRING,MAAR WEET NIE OF EK RERIG MOET NIE.
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: Riglyne vir tariewe
Paul
Sit maar n nagfooi by, nie te erg nie maar onthou daar is aande wat jy niks gaan skiet nie maar jy het nog altyd uitgawes(bande,sluitasie ens). Mens kan nie verniet werk nie, en ons werk is nie altyd n dankbare een nie, die winters aande is koud en dan rus baie van die manne by wie jy jag.

Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
- paul
- Jr. Member

- Posts: 50
- Joined: Thu Oct 01, 2009 8:57 pm
Re: Riglyne vir tariewe
COIS
EK GAAN DIE NAG FOOI JANUARIE AANBRING, HOOP MAAR DAT DIT NIE DIE BOERE AFSKRIK NIE.
PAUL

Aan Almal,
Moenie vir 'n boer te jammer wees nie, want hulle is nie jammer vir jou of jou voertuig jammer nie. Jammer as ek dit bietjie sterk stel.
Jakkie 735
Moenie vir 'n boer te jammer wees nie, want hulle is nie jammer vir jou of jou voertuig jammer nie. Jammer as ek dit bietjie sterk stel.
Jakkie 735
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Paul, Cois, Jakkie, Meerkat, Boeta en die ander - ek probeer die ding vir myself nou vereenvoudig as volg
Ek vra R750 'n nag, dit sluit die eerste 75km in (een rigting) en die eerste jakkals of kat. Daarna R650 'n kop. Hier by ons is my gemiddelde kilometers een rigting seker so 50 tot 55, so in effek kry ek R4 per kilometer en so R500 vir die eerste kat of jakkals. Oor 75km is R4 per kilo een rigting.
Paul, ek het ook eers geredeneer dat die ouens gaan afskrik, maar kyk so daarna:
1. Dit help nie dit skrik die ou nie af nie maar in die proses kos dit jou geld - sit dan eerder by die huis, dis goedkoper, want soos jy self weet, is daar geen waarborg dat jy gaan skiet nie, daar is al die probleme van die manne wat self probeer, die weer wat skielik draai, daai aande wat net niks loop nie ens, ens. Skiet jy, is die bogenoemde tariewe baie billik vir die boer, skiet jy nie die aand nie, kos dit jou ten minste nie geld nie en is die tariewe steeds billik vir die boer, jy was mos daar, jy het jou bes gedoen, jy het met jou voertuig gery, jy het tyd opgeoffer, jy het diesel uitgery, jy het tyres opgery ens. Hoekom moet jy dit verniet doen?
2. Die boer betaal vir diesel, elektrisiteit, kruideniers ware, lekke, saad, draad, gereedskap, versekering ens ens ens - hy betaal ook sy werkers, enige konsultante wat hy gebruik - hy betaal tot die dominee dmv sy bydraes tot die kerk - hoekom wil hy my en jou nie betaal vir ons tyd nie - veral as hy dan oortuig is daar is jakkalse daar en hulle is nie skelm gemaak nie - dan skiet ons hulle mos en is die tariewe baie billik.
3. Ek dink regtig 'n jagfooi is niks minder as billik nie en as ons almal 'n billike jagfooi vra sal die boere dit in die eerste plek verstaan en in die tweede plek op die einde dit moet aanvaar - goed, hy kan eers die jongeling verniet laat skiet, of 'n ander ou probeer wat hom nie 'n jagfooi vra nie. Maar, hoe lank gaan dit vat voor die jongeling aanjaag, of al jaag hy nie aan nie, hy kan onmoontlik nie by almal uitkom nie, en die ou wat nie vir 'n jagfooi jag nie - hoe lank gaan hy in die prentjie bly - en hy kan ook nie by almal uitkom nie, so hoe lank gaan hy bereid wees om sonder jagfooi te jag as jy een kry??
Aan die einde van die dag is daar meer as genoeg jakkalse op meer as genoeg plase vir al die jagters saam, die manne wat erns het met die saak sal jou jagfooi betaal - en dink ek dis tyd dat ons vergoed word vir die lang koue ure soms in gure weer wat ons namens die manne insit. Kyk maar wat het daai man met Taffie gemaak gisteraand onder "Wat is die probleem? Die jakkalse of die boere...."
Taffie is een van die eerlikste, mees hulpvaardige, mees mededeelsame, nederige ouens wat ek ken en hy is 'n absolute spesialis, 'n kenner, op sy gebied - en d?s hoe die man hom hanteer?? Nee wat, die minste wat hy dan gaan doen is om te betaal vir die tyd, daar is menige ander manne wat erns het met hulle jakkalse wat gisteraand bereid sou wees om 'n premie te betaal vir die tyd wat die man so ming ge ag het......

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Laas toe ek gekyk het was die boere die enigste kliente vir jagters. Jy kan alles uitle maar as jy jouself/dienste nie kan verkoop omdat daar nie kliente is nie help alles jou niks. Partykeer moet jy maar met moeilike kliente ook diens doen.
Het enige van die "hardegat" jagters nog nooit gekibbel oor bv. tyre pryse nie ? Al ooit gedink wat voel/dink die Tyremanager daaroor.
Ek's ook maar net boer, en ek ruil dit nie sommer nie.
Christo

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Willjak
Ek post toe sonder om jou post te lees.
Ek stem volhartig saam met wat jy se/voorstel.
Christo
Ek post toe sonder om jou post te lees.
Ek stem volhartig saam met wat jy se/voorstel.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Ag nee man Jakkie 735, het gedink jy is self 'n boer. Hoe sal jou kliente voel as hulle jou nou moet hoor? Hoekom is jy so kwaai, het 'n klant weer voor in die bakkie gerook? Hoe sou jy voel as jy aan die anderkant van die tjekboek gestaan het?jakkie 735 wrote: ...Moenie vir 'n boer te jammer wees nie, want hulle is nie jammer vir jou of jou voertuig jammer nie. Jammer as ek dit bietjie sterk stel...
S? my, is jy bereid om N$14 000 per jaar kontant uithaal sodat 'n ander man op jou grond voorkomend jakkalsjag? Gestel jy het 'n vrou wat in jou oor neul oor 'n nuwe sitkamerstel en boetie wil nuwe rugby tokse h? en sussie wat op vasity is soek 'n Mini Cooper vir 'n ryding. Intussen het dit nog goed by jou gereen so jy moet nog skaap inkoop ook. Gelukkig is ek nog nie daar nie, maar ek kan insien hoe sekere boere moeilike besluite moet neem oor hoe om die beskikbare kontant aan te wend. Vir my verbaas dit nie dat swak prioriteits besluite soms in die lig van geweldige druk op die kontantvloei geneem word nie. Julle moet bietjie meer simpatie h?, manne.
Nie dat ek s? julle voorstelle van prys is verkeerd nie. Ek verstaan die onkostes en inset wat dit verg. Ek praat van simpatie vir die "mindset" van die kliente wat so openlik gekritiseer word.
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Louis,
Al stem ek met jou saam, kan ek nie help om te smile as ek sien dat daardie roofie van jou nog net so kwaai juk.
Groete,
Graham

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Graham
Jy is reg. Ek moet die ding nou uitlos sodat hy self kan afval, soos my Ma altyd ges? het.mac21 wrote: ... daardie roofie van jou nog net so kwaai juk ...
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Dit is altyd moeilik vir enige boer om geld uit te haal, maar enige boer kan vinnig sy verliese opsom en sal dan die regte besluit maak om hulp te vra.
Ek stem saam met Louis102.
Ek mis nou die dag 2 bok ooie, en ry oor na ons naaste buurman om te hoor of my bokooie nie daar opgedaag het nie, en praat toe sommer heel lekker oor hoe ek my jakkalse "in toom hou" aan my kant van die grens draad. Onmiddelik wil hy toe dat ek by hom ook moet kom nagjag, en s? sommer in dieselfde asem, hy kan nie kontant betaal vir jakkals jag.
Ek het mooi verduidelik en net daar het ons vas gemaak op die volgende betaling:
1 x hamel = 1 x jakkals
1 x ekstra hamel vir die nagjag.
Ten minste help beperk ek sommer die jakkalse wat van sy plaas inkom.
Daar is seker nou manne wat nie sal saamstem hiermee nie, maar my buurman se jakkals is my jakkals ook.
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Hier is 'n man wat kreatief dink!Raven wrote: 1 x hamel = 1 x jakkals
1 x ekstra hamel vir die nagjag.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Almal
Die nagfooi word al bietjie duideliker. Die R750.00 is dit nou van sononder tot sonopkoms of tot 2 uur die oggend? Indien 'n nagfooi gevra word kan die boer (Self 'n boer) van jou verwag om heel nag te jag of nie.
Indien 'n jagter by boer sou kom jag en in spesifieke kamp skiet hy die jakkals wat die skade doen moet die boer van hom verwag om verder deur die nag te jag of hom die nagfooi van arguments halwe R750.00 betaal en huis toe stuur. Is die hef in die boer of die jagter se hand met die vra van 'n nagfooi, wie is nou Baas en wie is nou Klaas?
Ek dink maar net aan ambagsmanne wat 'n uur tarief het waarop hulle werk.
Vra maar net die vrae om rede sulke goed gaan opduik indien nie alreeds.
Knou goggas af
MEERKAT
Die nagfooi word al bietjie duideliker. Die R750.00 is dit nou van sononder tot sonopkoms of tot 2 uur die oggend? Indien 'n nagfooi gevra word kan die boer (Self 'n boer) van jou verwag om heel nag te jag of nie.
Indien 'n jagter by boer sou kom jag en in spesifieke kamp skiet hy die jakkals wat die skade doen moet die boer van hom verwag om verder deur die nag te jag of hom die nagfooi van arguments halwe R750.00 betaal en huis toe stuur. Is die hef in die boer of die jagter se hand met die vra van 'n nagfooi, wie is nou Baas en wie is nou Klaas?
Ek dink maar net aan ambagsmanne wat 'n uur tarief het waarop hulle werk.
Vra maar net die vrae om rede sulke goed gaan opduik indien nie alreeds.
Knou goggas af
MEERKAT
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Meerkat
Louis
Sal graag hoor hoe hieroor gefilosofeer word. Alhoewel ek die slotsom kan raai, is dit 'n baie geldige punt wat jy aanraak.MEERKAT wrote: ... wie is nou Baas en wie is nou Klaas?...
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Julle
Ek dink die jagters oor die algemeen is bereid om te deurnag. Vir wanneer ons klaar is, is die boer se besluit. En ons behoort te kan onderhandel om langer aan te hou as jy voel daar's nog. Het al agtergekom as die baas van die plaas self ry is dit gewoonlik deurnag, as die voorman ry is dit gewoonlik vro?r verby (in meeste gevalle) veral wintermaande.
Of jy 2 uur ophou of deurnag dis nog steeds een nag wat daarmee heen is....
uurtarief?....wil ook graag hoor wat die ander manne s?

Louis, jy is heeltemal reg hier en met die voorbeelde wat jy noem, die boere is ook maar onder druk. Maar voorkomende jag gaan hom BAIE meer as N$14000 spaar in die eerste jaar en daar is een ding wat jy nie uit die oog moet verloor nie - jy skryf nie daai tjek op een slag uit nie. 'n Ander ding om te onthou is dat daar 'n ander oplossing is itv die "kontrakte" - so kan jy behoorlik begroot en maak jy 'n maandelikse bydra, wat nie so seer maak op een slag nie - jy weet jy diesel begroting is s? nou maar R5000 per maand, en nou weet jy jou jakkals begroting is R1200 per maand. Dan het jy geld om ooie in te koop as dit goed re?n - en jy is nie in elk geval verplig om ooie in te koop om jou kudde op sterkte te hou omdat jy nie lammers het om ooie mee te vervang nie......S? my, is jy bereid om N$14 000 per jaar kontant uithaal sodat 'n ander man op jou grond voorkomend jakkalsjag?
Raven dink ek het 'n goeie ding gedoen daar en hy is in die posisie om dit te doen. Daar kan re?lings getref word vir betaling - ons het almal 'n begroting en ons verstaan almal as die kontantvloei knap is. Weereens maak groepsoptrede dit makliker om so iets te re?l, selfs onder die groep met mekaar. Net soos een van die groot geeste hier op die forum is ek ook bereid om 'n man te help as ek weet hy sukkel regtig en het erns met die saak.
Meerkat, Dawie, dis 'n baie relevante vraag wat gevra word. In my geval is dit dalk eenvoudiger - ek het my eie drywer (Jammer Taffie, maar dis soos die verskil tussen 'n voorman en bestuurder - die een is 'n drywer en nie 'n bestuurder nie) en ek voel as ek die plaas gaan werk dan werk ek hom deur, so oor die algemeen en spesifiek as die weer dit toelaat, dan jag ek deurnag. Soms gaan die boer of een van sy mense saam en ek laai hulle doodeenvoudig af as hulle wil gaan rus en jag verder.
Ek dink elke ou moet maar sy eie inisiatief aan die dag l? en die ding op 'n geval tot geval basis hanteer. As voorbeeld: kom ons s? die weer draai sleg en ek skiet niks die nag nie, kan ek byvoorbeeld die volgende aand of week terug gaan en die man niks vra nie of 'n verminderde koste, dalk net kilometers. Of ek kry die jakkalse gemerk maar nie geskiet nie, net voor sonop. Nou jag ek oor 'n week weer in daai kol en ek kry die ander man se jakkalse sommer vroeg aand al geskiet en ek het die plaas teen 2 uur al deurgewerk - dan gaan ek terug na die eerste ou toe en skiet daai jakkalse (hopelik) en ek vra hom net vir die jakkalse nie 'n jag fooi nie.
My gevoel is om die ding eenvoudig en standaard te hou. As jy begin met uurtariewe ens gaan dit gekompliseerd raak en dan kom allerhande ander permutasies in plek - soos die man die ander aand met Taffie gemaak het. Ek speel nou duiwels advokaat, maar kom ons s? ek vra die man 'n uur tarief van R100 per uur. Teen 12 uur het ek die jakkalse opgespoor en gemerk, nou s? die man hy wil gaan rus - en more sit hy die slagysters en honde in daai kol in waar die jakkalse geantwoord het... Ek kry R400 vir die aand en hy?
Nee, ek dink met simpatie en empatie aan beide kante vir mekaar se omstandighede kan ons 'n billike, werkbare jagfooi uitwerk en as riglyn stel - iets wat vir beide die jagter en die boer aanneemlik en werkbaar is.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Riglyne vir tariewe
Willjak
Die punt wat ek wou maak is dat hierdie "bloedgeld" is wat die boer moet uithaal. Daar is 'n klomp faktore (wat ek deur simpel voorbeeldjies aan Jakkie 735 probeer illustreer het) wat dit laat lyk of 'n boer soms dom besluite neem - en gereeld is van die besluite pleinweg dom. Ons as jagters moet egter onthou dat die boere ons kliente is. Enige goeie besigheidsman sal vir ons s? dat daar mooi na die behoeftes van kliente geluister moet word en nie met vooropgestelde idees en met minagting van hulle moet gepraat moet word nie. As die uitgangspunt van die begin is dat boere dom is / dat hulle niks van ongediertebeheer weet nie / dat hulle gekap moet word met die prys - dan mag ons dalk 'n goeie toekomstige kliente verloor.
Vir goeie volhoubare besigheid is wedersydse respek tussen die boer en die jagter belangrik. Ek hoop ons kan dit in ons skrywes op die forum so weerspie?l - soos jy dit gereeld vir ons illustreer, Willjak.
En nou is ek klaar hieroor gekerm, belowe.
Louis
Ek twyfel nie aan die akuraatheid van jou som nie. Ek verstaan ten volle die waarde en voordelige impak ongediete beheer. Voorbeelde wat jy noem om die finansi?le "houe" ligter te maak is ook baie goed. Hopelik weet jy dat ek nie van jou verskil nie.WillJak wrote: ...Maar voorkomende jag gaan hom BAIE meer as N$14000 spaar in die eerste jaar en daar is een ding wat jy nie uit die oog moet verloor nie - jy skryf nie daai tjek op een slag uit nie...