Eerste waterbok bul
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Eerste waterbok bul
Manne,
Ek deel graag my eerste waterbokbul met julle. Het hom met Tikka 9,3x74mm double met 270gr Speer punte platgetrek. Het 30 3/4" finaal gemeet, so 2 3/4" bokant die RW minimum. Verskoon asseblief die bietjie bloederigheid.
Bok is in die laat winter in die Colesberg distrik geskiet om plek te maak vir 'n jonger bul in die teeltrop. Hy was reeds 12 jaar in die trop gewees. Het hom vroegoggend in die rante met die verkyker gewaar en toe lekker bekruip tot so 80m van die trop af. Het uit my dekking gekom en hom eerste pil gegee op die rib rant wat skuins deur moes penetreer. Skoot was bietjie hoog en hy het so 30m gedraf en toe weer gestaan. My dubbel groep baie mooi uit altwee lope en het hom met vetroue die tweede pil gegee op die skouer gegee. Hy draf toe nog so 40m en val toe teen 'n besembos vas. Ek wil nog die storie mooi opskryf..... maar was naby aan perfek om met my dubbel 'n mooi bok te skiet, "walk-en-stalk" met handgelaaide ammo in 'n mooi omgewing saam met hartlike geselskap.
Die man is ge"cape" en verder deur 'n span ouens netjies afgeslag om die vleis reg te hou. Het altwee 270gr Speer punte herwin in die "oorkant" van die bok met >65% rentensie. Twee fillets het bobaas afgegaan en die res van die bok is "budget" wors toe.
Nie elke dag dat mens kry dat alles mooi bymekaar kom nie - die was vir my so dag.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Sako75 on Mon Jan 16, 2012 10:23 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Eerste waterbok bul
Bitter mooi bok wat jy geskiet het Danie!
Welgedaan!
Welgedaan!
Goed, beter, 6millimeter!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Eerste waterbok bul
Pragtag en welgedaan
Waar het jy hom geskiet en waneer was dit.
Dis die een wat op hierdie jaar se lys vir my ook is. Gaan virseker probeer om die jaar ook een in te kry maak vir my een van die mooier trofee's.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Eerste waterbok bul
Sako
Baie mooi bul daardie, vertel biki meer van die jag..
Groete
Herman

Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Eerste waterbok bul
Baie geluk met n pragtige bok. Die dam in die agtergrond maak ook vir n mooi foto.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Eerste waterbok bul
Geluk op 'n baie mooi bok, baie besonders.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Eerste waterbok bul
Baie baie netjies dis een bok wat ek ook nog bitter graag vir myself wil skiet as trofee.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Eerste waterbok bul
Sako,
baie mooi bul en 'n lekker dik horing bul daarby ! Geluk
So drie jaar gelede skiet ek my eerste waterbokbul Noord-wes van Polokwane, byna teen donker die aand voor ons terugkeer huistoe, nie amptelik ook meer as 30" gemeet. Ek was absoluut in die wolke oor die bul. Lang storie kort, almal raai my aan vir skouermontering, maar ek wou nie, ek wou net die volle skedel met die horings saam terugbring. Dis nou meer as 3 jaar, niemand, maar niemand van die plaas wat onderneem het vir die trofee indiening, antw hulle telefone, vermy die sms's wat ek gestuur het ens
Ek het darem 'n foto waar ek by my bul sit........
Groete
Jaco

Ai Jaco..... ek het al so 'n 16" bosbok trofee verloor. Taksidermis het bankrot gegaan en het geimmigreer. Nou weet niemand van die horings nie.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Eerste waterbok bul
Sako
Baie mooi bok! Net vir interesantheid.. Wat weeg so waterbokkarkas? Ek het al gehoor dat hulle blykbaar lekker swaar raak!
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Eerste waterbok bul
Ponkie,
Ek kan nie presiese gewig onthou nie (ek wou dit opsit) maar ek onthou dat ek gedink het dis vrek naby aan 'n ordentlike koedoe karkas.
Ek kan nie presiese gewig onthou nie (ek wou dit opsit) maar ek onthou dat ek gedink het dis vrek naby aan 'n ordentlike koedoe karkas.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Eerste waterbok bul
Nog n foto....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Eerste waterbok bul
Ponkie,
my bul, die enigste een...... se karkas gewig was 138 Kg aan die haak, vel af ens.