58'' Buffel....

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

58'' Buffel....

Post by Lourens »

Middag manne,

Het nounet hierdie foto in my email gekry. Weet nie veel van die storie nie behalwe dat die bul 58'' meet!! Dis 'n monster!!

Image

Image


Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by BLOK »

Daai is nou baie laaang horings en daai man kan trots wees op hulle. Maar die trofee self is vir my glad nie baie mooi nie, lyk amper soos n poenskop koei met wye duk horings, die lyf is ook aan die klein kant.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by whisper »

Dit is n jong bul, daar is nog dik hare op sy "boss", en die "boss" het nie eers hard geword nie. Dit gese, dit is die nuwe wereld rekord nommer twee, en so ver as wat ek weet, was dit op Cyril Ramaposa se plaas geskiet hier in SA. As julle dink hy is nou groot, dink hoe groot sou hy gewees het in vyf jare se tyd as sy "boss" hard geword het.

Mooi loop

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by MEERKAT »

Weet nie baie van buffels maar die skisofreen lyk aan die groterige kant, snaaks genoeg hulle het hom nie op hul onlangse  veiling verkoop nie, wonner wat is die rede daarvoor.

Wat sal mens nou betaal vir so 'n gogga?

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom Rooijakkals

jho dit is 'n vrek groot buffel

mooi horings

groete
BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by Kallie404 »

Hello
Net so n bietjie agtergrond oor die buffel.(die bietjie wat ek weet).Hierdie bul is gejag op die jag plaas genaamd Chattaronga Safaris op Alldays.Die PH was Jason Stone en die jagter is Angus Murray.Angus Murray se naam duik deesdae orals op wat nuwe jag rekords betref.Hy het bv 3 koedoe bulle geskiet in een jaar.........almal was diep in die sestigs!!!!!Nodeloos om te se dat hy n moerse DIEP sak het!!!
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 58'' Buffel....

Post by fanie17 »

Gewoonlik is buffels wat so lyk n os of hy het een of ander probleem,sal graag wil weet wat die een se situasie was.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 58'' Buffel....

Post by Koos Barnard »

Jason Stone se naam duik ook oral op waar buitengewoon groot trofe? geskiet word. Dalk onthou julle nog die mak njala wat die boogjagter geskiet het - ook Jason Stone. Daar was 'n groot herrie hieroor. Ja, dis darem jammer die jong bul (koei) is geskiet voordat hy werklik na iets kon begin lyk. Maar nouja as jy die ego wil tevrede stel tel net die duime en die rekordboek.
Groetnis
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by DawieKotze »

Nee wat - hy lyk nie eers kwaai nie!

Daai ou kan maar daai "trofee" hou
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by BLOK »

Ek wonder hoe lewe sou ou saam homself. Kan mos nie lekker wees om daai rekord trofee op sy oudag te sit en kyk en daar is nie eers n storie te vertel nie. Ek wonder het hy nie ook nog die buffel sommer in die kraal dan geskiet nie, dalk met lusern in sy hand nader gelok dat dit op kamera lyk die buffel kom vir hom.

Newat ek jag vir die ondervinding en die leefstyl wat my pas en die natuur waaroor ek mal is in hom te wees en dit alles te geniet. En as ek eendag oud is en dalk n paar trofee teen die muur het iets het om terug na te dink.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Superdup
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am

Re: 58'' Buffel....

Post by Superdup »

Howa 243 AI , Howa 7mm RM , Sako.338 WM , Brno .22LR , Remington 12br Semi-auto , Beretta 9mm Short

".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
300Winmag

Re: 58'' Buffel....

Post by 300Winmag »

BLOK wrote:
Newat ek jag vir die ondervinding en die leefstyl wat my pas en die natuur waaroor ek mal is in hom te wees en dit alles te
geniet. En as ek eendag oud is en dalk n paar trofee teen die muur het iets het om terug na te dink.
Ek stem saam - daai springbok ooitjie saam met jou was my eerste springbok, en ek sal dit altyd onthou. Ek weet ek het haar geloop en jag - dis
die dinge wat dit vir my lekker maak. Dit gaan mos nie net oor die horings nie.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 58'' Buffel....

Post by Piet Breedt »

Dit is presies hoekom ek nie n trofee jagter is nie. Duime tel by my niks, net die ervaring, die memories en die vleis.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Met die aanwending van KI wat by buffels deesdae ook toegepas word is daar bitter min jagters wat bereid is om die pryse te betaal wat n bul plus sy saad sal kry op n veiling. Hierdie man kan wel die uitsondering op die reel wees! Die teendeel kan ook heeltemal waar wees en daai dier kan steriel gewees het.

Net vir interessandheid is dat daai buffel heel moontlik duime kan verloor namate hy ouer word soos die bosses vergroot en daarmee veroorsaak dat die horings sak en sodoende waardevolle duime verloor.

Die feit dat daai dier so bloedjonk is staan my nie aan nie en daai persoon moenie vir my kom en probeer beeindruk met sy trofee om die kampvuur nie! Ek het n vermoede die Wiskey gaan n ander smakie in my mond kry!

Daar is manne wat hulle ma's twee keer sal verkoop en hulle ouma's sal ingooi om te verseker hulle kom in die rekordboeke maar die oorgrootte meerderheid is darem ware jagters en ambasedeurs vir ons passie. Ek self is op tye n trofee jagter maar jagetiek seevier darm nog. Die bedryf het darem die trofee jagter ook broodnodig.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wimpie le Roux

Re: 58'' Buffel....

Post by Wimpie le Roux »

Lyk vir my darem baie soos 'n koei daai, koeie het 'n geneigdheid om weier as bulle te word van tyd tot tyd
Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by Boerseun123 »

Sou darm self nie omgegee het om hom teen my muur te he nie!
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious
User avatar
Pierre van der Horst
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by Pierre van der Horst »

Dags? almal,

My skoonpa teel met Buffels so 30 kilos wes van Messina, en hy het my die storie agter die Buffel vertel.

Dit is wel 'n bul, maar hy is op 'n baie klein ouderdom gekastreer. Die oomblik wat dit gebeur, word die hormone weg van die saad afdeling gekonsentreer na die groei toe. Dan kry jy hierdie enorme horings. Ek sal baie eerder 'n 40 " bul skiet, met 'n lekker bos, as om so lang plat stel te kan h?.

Pierre
Steyr Mannlicher 30 - 06
Sauer & Sohn .270 Winchester
BRNO 30 - 06
BRNO .22 LR
Colt Trooper MK III 6" .357 Magnum
Beretta 92 F 9mm Para
Rossi .38 Special Snubby
BSA .303 British
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by BLOK »

Pierre

Ek het dit baie jare terug met springbokke in die kalaharie ook gesien. Iemand wat n paar hans groot gemaak het het die rammetjies rekke aangesit om agressie te keer. Weet mos n hans wilde bok ram kan maar rof raak en blykbaar as die pere uit is is die humeur ook weg.

Daai springbokke se horings was seker almal by die 20" maar sulke lang dun ooi horingkies. Wonder of mens sulke horings kan registreer of wat se die reels
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 58'' Buffel....

Post by Stefan764 »

Blok ek kan nie die rede sien hoekom nie. Die RW boek vra mos net die spesie, nie manlik of vroulik nie....

Hoop net nie hierdie word n tendens in ons bedryf nie, ekt nie baie tyd vir die tiep van ding nie...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by BLOK »

Stem saam jou Stefan nie die tipe trofee wat ek sal wil skiet of mee breg nie, wonder maar net daaroor
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by GreyGhostGear »

Die betrokke PH reageer so in 'n brief aan Brooke ChilversLubin in die nuwe African Hunting Gazette:

"I would like to set the record straight. The bull, collected by my hunter xxxxxx, was about 9 and a half years old. It's testicles were deformed and were very small and, as a result, the bull did not develope a solid boss. In fact, even if it had lived another 20 years, it would never have developed a solid boss!
The bull's horns measured 58 inches wide - one of the widest Cape Buffalo ever hunted in Africa and, unfortuanately, one that could never breed.
I hope this clears up any speculation about the taking of this amazing trophy"

Weet nie of dit 'n verskil in enige iemand se opinie oor die aangeleentheid maak nie?
Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by Boerseun123 »

Jagmaar,

Ek dink dit wys dat dit wel "natuurlik" was en nie deur mense veroorsaak nie. Steeds nie regtig die trofee wat mens 'n rekord mee wil breek nie, dink ek. Ek se altyd vir my is 'n trofee soos die engelse sal se: "a Good representitive of the specie." Maar in die selfde asem kry jy ouens veral Europeers wat mal gaan oor trofee afwykings bv 'n gemsbok wat se een horing krul ens. Dit is seker as jy al als geskiet het en hulle hang in die trofee kamer teen die muur, dan begin die snaakse goed hul interesseer. Hierdie val seker in die selfde kategorie....??

Hoop ook regtig nie dat die kastrering vir groter of eerder langer horings 'n tendens word nie. Maar almal weet dat daar trofee "skieters" is daar buite met diep sakke wat nie die selde sentiment het as ek nie en sal met byvoeding, kastrering ens. glad nie omgee om net no.1 te kan wees nie! En as hulle daar is dan sal daar mense wees wat ook nie sal skroom om hul te help om van hul geldjies afskeid te doen vir hierdie tiepe goed nie.  :'(

My 2c.
Groete
BS
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by worshond »

Angus Muarry hy het vandag 12.02.20ll die nuwe potensiale record Oribi plat-getrek. Sal kyk of ek foto kan plaas.
Last edited by worshond on Mon Feb 13, 2012 6:18 am, edited 1 time in total.
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: 58'' Buffel....

Post by worshond »

[img width=360 height=480]http://i1006.photobucket.com/albums/af1 ... ge0012.jpg[/img]

Hier is sy Trassie Blou Wildebees no 1
[img width=560 height=420]http://i1006.photobucket.com/albums/af1 ... e046-1.jpg[/img]
Post Reply