Kruisboe

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Kruisboe

Post by Frederik »

Nou dat dit wettig is om mee te jag wat dink julle manne daarvan het onlangs 'n skoot geskiet met die nuwe Scorpyd SLP 165

Image

En wat my die meeste verbaas was, was hoe stil die kruisboog was. Sy prys was net rof R17 000.00 die man wat hulle verkoop se hulle het onlangs blesbok geskiet op 60 meter ?
Wil net hoor wat julle opinie is hierhoor en ek moet se Kruisboog tegnologie het baie verander van ek laas na hulle gekyk het.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kruisboe

Post by Gerhard »

Fred,

Ja daar is seker n plek vir die goed in die jag veld.

Veral manne wat skouer beseerings het en nie meer boog kan jag nie.

Ek het nou die dag met PSE se top of the range kruisboog geskiet en was nie impress nie.

Ek sal eerder persoonlik dan geweer jag.

Die boog jag/skiet kuns is heeltemal iets op sy eie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kruisboe

Post by Frederik »

Kyk wat my plae van die kruisboog is dat enige moegoe nou die boog gaan koop en besluit om te gaan jag omdat hy kan daar is geen dedikasie nie.
Maar moet se ek was impressed met die performance van die spesifieke boog.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kruisboe

Post by Gerhard »

Dit is juis...

Dit is nie n boog nie.

en wat ek verstaan is dit ook nie n grap om n kruisboog te tune om n broad head reguit te skiet nie.

Die prys klas van die kwaliteit kruisboe is ook baie styf...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Kruisboe

Post by JPS »

Moet se,
Persoonlik kan ek twee baie lekker roere (Howa's) met glasies koop teen daai prys of vir hulle KD's opsit en dan is hulle mos ook lekker sag op die oor. Maar my persoonlike keuse........


Moet ook met Gerhard stem oor die tuning, al die manne wat ek al mee gepraat het wat met kruisboog skiet sukkel verskriklik om groupings te skiet oor 40 yards met broadheads. Inteendeel meeste van hulle skiet akurater met hulle boog as met hulle kruisboe met scopes op.

Groete
JP
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: Kruisboe

Post by Boogjagter »

Ek dink as jy regtig jeuk om met 'n kruisboog te jag, bele in 'n top-end masjien. Het anderdag die stryker (wat deur bowtech gemaak word) geskiet. Dis baie akkuraat en genereer or die 120 voetponde KE. Meeste goedkoper kruisboe kom nie sommer oor 90 voetponde nie oor die kort effektiewe treklengte, dus kan jy met 120ponde trekkrag nie beter KE as 'n 80 pond compound boog met 30 duim trek lengte, genereer nie.

Het twee jaar terug op 'n plaas gejag waar die bestuurder gesweer het hy sal nie weer 'n kruisboog toelaat nie oor die goed nie ordentlik penetreer nie. Hy kon nie die kruisboog se maak onthou nie, maar ek
kan net raai dis van die lower-end goed.

Persoonlik verkies ek my boog.
Post Reply