Ek het laasweek vir een dag bietjie weggeglip en vir 'n "klient" gaan vleis jag. Dit was dan ook die ideale geleentheid om my self-gelaaide ammunissie in die veld te toets. Soos die onderwerp van die topic se, het ek die ammunissie vir my 30.06 afgerond met Interlock punte. Minimum ladings (S361) is gebruik. Ek het 2 punte gelaai, 180gr en die 220gr "roundnose".
Nie lank nadat ons begin jag het nie, het ek my eerste kans op 'n rooibokooi gekry (ek mag net ooie geskiet het). Op so 120m het die 180gr skoot geklap en die ooi het eenkant toe gedraf, weg van die res van die trop wat op redelike spoed op pad was na my posisie agter 'n bos. Ek het geweet die skoot was goed en oorgehaal vir nog 'n skoot indien die ander bokke naby my tot stilstand sou kom. Hulle het egter g@t skoongemaak en nie dadelik weer kans gegee nie.
Ek het oorgestap na die plek waar die ooi gestaan het tydens die skoot, die bloedsppor was moeilik om te mis. Sy het seker nie eers 10m verder dood gele. My eerste gedagte was dit uitgangswond redelik groot was, of te minste groter wat ek aan gewoond was. Ek het in die verlede rooibokke met Interbond en A-frame geskiet, en nie naastenby dieselfde grote uitgangswond is gemaak nie. Ek het die groter uitgangswond dadelik toegeskryf aan die "sagter" Interlock punt. Na afslag kon 'n mens duidelik sien dat die Interlock nogsteeds sy werk baie goed gedoen het, die bokant van die hart was af ... sien foto
[img width=560 height=420]https://lh6.googleusercontent.com/-RdFf ... GP0120.JPG[/img]
Toe is dit die 220gr se beurt... Wel, dit het toe nou heeltemal uitgewerk soos wat ek wou gehad het nie. Ek het te naby gekom en daar was net 'n nek of kopskoot moontlik. Op 20m het die arme ooi geen kans gehad nie, ten minste was haar dood onmiddelik en het sy geensins gelei nie. Kan nou nie natuurlik die 220gr met die 180gr vergelyk in hierdie geval nie. Ek laai maar die foto vir die bloeddorstiges onder julle ! Die punt is skuins by agterkop in.
[img width=560 height=420]https://lh6.googleusercontent.com/-_ZYL ... -00293.jpg[/img]
Hierdie "toets" het nie veel data opgelewer nie, behalwe dat die Interlock 180gr dalk bietjie sagter is in vergelyking met die punte wat ek vroeer al mee gejag het. Nog toetsing word benodig !
En ja, dit is seker ook bietjie om mee te "brag" dat ek reeds my eerste jag vir die jaar agter die blad het.
Groetnis !
Johan

