Conrad Se bokke

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Conrad Strydom

Conrad Se bokke

Post by Conrad Strydom »

Hier is n paar van my bokke wat al platgetrek is.
wat skat julle daai laste 2 beeste se horings, ek het een van hulle gebook, Ek hoop hulle maak RW?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Conrad Strydom on Wed Mar 28, 2012 9:53 am, edited 1 time in total.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Conrad Se bokke

Post by Francois Marais »

Conrad

Die regterkantste een is die grootste, maar ek dink nie hy gaan RW maak nie, om dit te doen het jy gewoonlik so 2" clearance by oor verby nodig, dalk sit ek die pot skoon mis......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Conrad Se bokke

Post by BRNO (Pierre) »

Daar is vir my min dinge so mooi soos n baie mooi rooibokram, en die foto is werklik van n mooi ram geneem.

Jy het daai twee BWB's mooi met die kamera bygekom. Albei mooi bokke. Hoop jy kry hulle die jaar.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Conrad Se bokke

Post by Lourens »

Conrad,

Mooi diere gejag, baie geluk!

Ek stem saam met FM, die bul aan die regterkant is die groter een, maar ek dink hy gaan dalk kort val van RW. Ek mag egter verkeerd wees. Dis baie moeilik om sy ore te sien, en alhoewel sy linkerkantste horing effens verby die oor steek kan ek nie sien wat maak die anderkantste horing nie. Die vorm van die horings lyk ook nog vir my nog effens soos 'n jongerige bul sin. As "rule of thumb" is die een oorpunt tot ander oorpunt gewoonlik so 24.5"-25". 'n Ou kan met dit ingedagte redelik skat waar hy gaan l? as jy kyk hoeveel van die horing steek verby die oorpunte. Maar as die binnekant van die draai gemaklik verby die oorpunte steek is hy 'n masjien en moes jy al geskiet het!! ;D

Net my 2 sente....

Groete,
Lourens
Last edited by Lourens on Wed Mar 28, 2012 2:23 pm, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: Conrad Se bokke

Post by Ferdi »

African outfitter het al artikels gedoen oor trofee jagte van verskeie spesies onder andere die BWB as ek reg is dan is daardie redelik naby aan RW klas horings maar sal sslegs kan s? as ek die boek weer gelees het.

Die rooibok behoort meer as 24" te wees as ek reg sien.

Groete

Ferdi
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
Conrad Strydom

Re: Conrad Se bokke

Post by Conrad Strydom »

Dankie vir al die terugvoer, die Rooibok was 23" op die kop, maar hy het net 23kg uitgeslag, ek het hom in nylstroom geskiet, die lyfie is maar klein en dit laat die horings baie groter lyk, ek het ok gedink ek skiet n 25 duimer toe ek hom sien.

Wat die beeste aanbetref is dit nog moelik vir my om hulle akuraat te skat, dedicated hunter en al.

ek probeer maar soveel as moontlik raad bymekaarmaak?


Oh hier is nog een wat ek dink julle sal interesant find?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Conrad Se bokke

Post by Vosman »

Hi Conrad,
Dis darem lekker om so te kan jag!
Ek moet se ek hoop jy gaan daai bwb skiet vir die vleis, ek glo nie hy gaan die boek haal nie. In wat se wereld is dit?
Conrad Strydom

Re: Conrad Se bokke

Post by Conrad Strydom »

Daai beeste loop daar naby Ellisras, Ek jag meestal vir die vleis maar as mens die grotes kry vir die selfde prys dan kan n man darem nie verby laat gan nie.
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Conrad Se bokke

Post by Vosman »

Dis mooi wereld daai!
Sterkte met die jag en jy moet maar aanhou fotos laai!!
Post Reply