Hadeda

User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Hadeda

Post by Nickvn »

Hi daar. Ek sien julle het al die indian mynah se plan gekry, wat van Hadeda.

Ons het nooit van daardie voels hier gehad nie en so twee jaar gelede het hulle begin intrek. Nou is hier baie. Een oggend het ek 26 op my gras voor my huis getel. Ek het nou al baie met die .22 geskiet maar hulle het nou al so skelm geword dat as ek net voor die venter verby loop vlieg hulle op met daardie terrible klank. Ek is seker hadeda is van die duiwel.

Ek het nou al gedink ek moet hulle inwag met die 12 boor daar waar hulle slaap en hulle daar mooi verduidelik ek hou nie van hulle geskreeu nie. Enige van julle ervaring hierin?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Hadeda

Post by C.J. »

Nickvn,

Dis jammer hulle raas so want daai 26 Hadeda's het vir gratis en verniet kom plaagbeheer toepas op jou grasperk. Krieke, Molkrieke en Grasperkruspers is hulle kos. Persoonlik sal ek hulle verdra vir die diens wat hulle lewer. Maar ja, raas kan hulle raas!

Groete
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hadeda

Post by Beretta »

Nick
Ek voel ook soos jy oor hulle hulle lawaai vreeslik veral as jy laat wil slaap.Maar moet saam met cj stem hulle eet die goggas
Beretta
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hadeda

Post by Koos Barnard »

Dags?
Jis ja, ek wonder wat het die arme hadedas gesondig behalwe om te raas en plaagbeheer toe te pas. Vir my is dit bitter jammer dat ons sulke diere sommer sonder enige goeie rede van kant maak. Hier by ons is ook geweldig baie - ook blouape wat gedurig die huis wil in en eetgoed steel, maar ek pla hulle nie. Dit kos net 'n klein bietjie beplanning om hulle te fnuik.
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Hadeda

Post by 404Jeff »

Mense ek hoor in Natal eet hulle die goed glo baie lekker! Maar goeie plaag beheer!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Hadeda

Post by grumpy »

Elke keer as die goed half ses in die oggens so skree dan begin my Huskies huil. Dit maak my die mo-r in!!! Ek gaan hulle met die pellet gun skiet om bietjie te verjaag. Toe ek hier in trek was hier nie een nie en nou is die goed vervuild hier. Sommer die boom af kap waar hulle in sit.

Miskien moet ek my Huskies vroeg laat uit kom dat hulle die goed vang dan sal ek nie weer probleme he met hulle nie.

Die goed is regtig n pyn in die g-t! Hulle is erger as sturksvye in ambeie!!!! ;D
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Hadeda

Post by 404Jeff »

Grumpy hou jou honde binne en moet hulle nie verjaag! Hulle het hoogte vrees, en as hulle opvlieg en afkyk skrik hulle, dis wanneer hulle so skreeu! Hou hulle rustig en moet hulle nie verjaag!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Hadeda

Post by grumpy »

Ek wil hulle vang en n 2" stuk hosepipe in hulle agter ent druk dan het hulle nie back pressure om te raas nie!!!! ;D
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hadeda

Post by VdWalt »

Ek het gedink Hadidas is beskermend en jy mag hulle nie skiet nie, soos
Troupant en die Gompou?
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hadeda

Post by Nickvn »

Ek hoor wat julle kerels se oor die plaag beheer, die vorige 12 jaar wat ek hier is, was daar nooit een te sien hier by ons nie en ons het nog nooit a probleem met die plae gehad nie nie. Ek gee nie om dat n paar hier en daar kom kuier nie maar tot dertig op a slag.???????

Die ander probleem is hulle beskuit alles dit is sulke bolle en blertse die hele wereld vol. Ek het gehoop dat die koue hul sal wegjaag verlede jaar, maar toe nie. Hulle was minder maar ek is bang hulle begin aklimatiseer hier en voor lank lyk en klink dit soos Sandton hier.

Ek sal maar aanhou selektief beheer toe te pas. 
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hadeda

Post by Nickvn »

Ek verstaan dat die "sacred Ibis" die wit en swart een wat beskerm is. Die vaal ene begin n pes raak.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: Hadeda

Post by velskoen »

Ek hoor eendag 'n m@3rse lawaai en gaan kyk buite. My worshond het een gevang. Nee, hy het hom nie gebyt nie. Hy't hom behendig gegryp met sy linkervoorpoot (soos 'n sitkamerkussing) en is besig om kole te gooi hier van agter af! Daar was naakte vrees in daai hadeda se oge.
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hadeda

Post by VdWalt »

;D Wat jou nie dood maak nie, maak jou sterk!!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Hadeda

Post by JPS »

VdWalt wrote: Ek het gedink Hadidas is beskermend en jy mag hulle nie skiet nie, soos
Troupant en die Gompou?
Ek verstaan dit ook so.

Groete
JP
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hadeda

Post by Nickvn »

Ek het bietjie gaan kyk na die ibis in Suid Afrika. Daar is vier ibis in die familie en die een wat bedreig is, is die "Southern Bald Ibis" die Hadeda Ibis is nie.

Sacred Ibis, Threskiornis aethiopicus
Southern Bald Ibis, Geronticus calvus Endemic Vulnerable
Hadada Ibis, Bostrychia hagedash
Glossy Ibis, Plegadis falcinellus
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Hadeda

Post by FrancoisN »

Die raserige goed is enige tyd welkom hier by my. As julle hulle kan vang stuur hulle oor. ;D ;D 

Wanneer daai goed in die nag raas kan jy maar weet iets pla hulle. Amper beter as waghonde :police: Of n duiker wat onderdeur hulle boom loop of van hierdie twee benige jakkalse wat op my kom spy en my roetine kom dophou. Dan gooi ek sommer lood in daai rigting dat daai man weet eks wakker.

Groete
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hadeda

Post by Koos Barnard »

Nick
Die hadeda is seker nie bedreig nie maar ek kan ongelukkig nie met jou en sommige ander wat op hierdie post reageer het saamstem dat 'n mens hulle moet uitroei net omdat hulle 'n lawaai maak nie. Dis ook onwettig om hulle met 'n windbuks te skiet. Maar nouja, elke persoon moet seker maar maak soos hy dink is reg. Dis net jammer dat sommige mense so selektief met wetsgehoorsaamheid en "etiek" te werk gaan.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hadeda

Post by Nickvn »

Hi Koos
Ek waardeer jou terugvoer en met alle respek gese ek het nerens gese ek skiet hulle met n windbuks nie. Ek het ook nie gese hulle moet uitgeroei word nie. My woorde was "selektief beheer to te pas".

Ek glo nie jou kommentaar "Dis net jammer dat sommige mense so selektief met wetsgehoorsaamheid en "etiek" te werk gaan." is regverdig in hierdie geval nie. Waar het ek die wet oortree of nie met etiek opgetree nie?

Ek weet ek is nuut hier, sal maar liewer stil bly in die toekoms.

Groete
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
henti
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm

Re: Hadeda

Post by henti »

Hi
My alarm ny my op die plaas is die nag is die twee tarrentaal troppe weerskante van my huis en die HADEDA nes dis by ver die beste alarm ooit beter as my beams my huis is redelik groot maar as n ding roer maak nou nie saak watter kant van die huis nie weet die dikkop, tarrentale  en hadeda altyd eerste en so raak mens wakker ek. Ek laat nie  toe  dat tarrentaal naby my huis geskiet word nie alhoewel ek altyd gevrae word  . Die Natuur kan wondere vir jou doen met veiligheid.

Groete Henti
.22 Voere , .22 Hornet Brno , Sako 308 , Baikal 12ga , 1838 hollace and sons voorlaaier , Glock 19 , Winchester 1300
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Hadeda

Post by grumpy »

Ek het dit gese van n windbuks! Nou wat nou? miskien moet jy die goed kom verwyder as plaag beheer!!!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Hadeda

Post by Spanner »

Nick, jy het 'n PM
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hadeda

Post by Christo »

Ek weet nie van een boer hierrond wat Hadida's sal skiet nie. Hulle is regte plaagbeheerders. Die lekkerste was dat nadat ons begin het om eerder kompos as korrelkunsmis in boorde te gebruik dat daar selfs swerms van hulle begin terugkeer het. 2 leef nou al vir jare in 'n boom by my huis en hulle bekke is meer in die gras as daarbuite. Hulle maak 'n kleintjie groot maar laat hom nie toe om in die omgewing te bly nie.Dit is net hulle 2 wat hier by die huis bly. Die honde en katte pla hulle glad nie.

Goeie raad. Moet hulle nie laat opvlieg nie, hulle ly aan hoogtevrees. Kyk maar hulle skree net as hulle opstyg. Klink amper asog hulle skree - "help help".
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Hadeda

Post by LUAN »

Ek dink nie hulle is bedreig nie maar hulle is beskermd en ook nie geklasifieseer as pes nie. So moenie op die forum so oop praat hoe jy hulle skiet nie.
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: Hadeda

Post by Rambo »

Ek bevestig wat 'n paar ander manne hierso ook noem... Hulle is nie bedreig nie, maar mag nie geskiet word nie!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Hadeda

Post by LUAN »

Net so terloops dink dis R5000 boete as jy met hom lewendig of dood in jou besit gevang word.
Post Reply