Rhino Lodge

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Rhino Lodge

Post by Hartskoot Hennie »

Dagse kerels!

Ons was die naweek Rhino Lodge toe naby Standerton. Daar is ongelooflik baie wild! Swartwildebeeste, Springbokke, Blesbokke, Rooihartebeeste, Zebras, Gemsbokke, Blouwildebeeste en wat nog so ver as wat jy kan sien! Die verblyf is ook baie nice, mens kan vroulief ook saamvat sonder om te twyfel. Die pryse is ook baie goed, ons het R1500 betaal vir 'n Swartwildebees bul.

Ek het die eerste Swartwildebees bul Vrydag geskiet, die gids het gese die spesifieke bul lyk kruppel, toe se ek ons moet hom dan probeer afhaal. Die bul wou nie gaan stil staan nie en het weggeloop van ons af op so 240m, toe skiet ek hom van agter af met 'n 300gr Swift A-Frame. Hy het so twee draaie gegee, toe le hy. Toe ons by hom kom en hom van nader bekyk toe sien ons iemand uit 'n vorige groep het die bok gekwes, en sy blad was al bietjie septies.

Die tweede bul het ek Saterdag geskiet, hy het plank dwars gestaan op ongeveer 350m. Ek het my kruishaar bo sy hare op sy skof gehou, toe tref die koeel hom laag op die blad, maar hy het net daar in sy spore geval.

Ek was bietjie skrikkerig met die swaar koele, en die manne het my gas gegee oor my boskanon, maar ek het net so ver en net so raak geskiet soos die manne met die platskiet kalibers... Hehehehehe...

Dit was 'n baie lekker naweek gewees, en ek voel bevooreg om twee sulke mooi ou Swatwildebees bulle te kon jag.

Hier is so 2 fotos...

240m
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_6949.jpg[/img]

350m
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7001.jpg[/img]
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Rhino Lodge

Post by Jakkalsgat »

Hennie

Baie geluk, 2 mooi bulle.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Rhino Lodge

Post by martinf »

Baie geluk.

Twee prag bulle. 2 puik fotos ook.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Rhino Lodge

Post by johan1 »

ja nee dis 2 mooi bulle en besonderse fotos
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Rhino Lodge

Post by Lourens »

Baie geluk Hennie, baie mooi bokke en baie mooi geweer ook!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Rhino Lodge

Post by Gerhard »

Mooi man Hennie!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Rhino Lodge

Post by Beer (Christo) »

Mooi man. Sjoe dis lang skote daai!

Op watter afstand het jy jou scope gezero?
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Rhino Lodge

Post by Hartskoot Hennie »

Ek was so ongeveer 2 duim hoog op 'n 100m Beer...
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm

Re: Rhino Lodge

Post by Vincehond »

Geluk Hennie. Mooi bokke daardie.

Wys jou maar net weereens. ken jou geweer en jy kan met hom net sulke ver skote skiet soos die manne met die vinnige gunne.
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Rhino Lodge

Post by Stefan764 »

Lekker Henna  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Rhino Lodge

Post by DawieKotze »

Mastag Hennie!!!

Baie mooi bokke en die fotos is ook nie te sleg gepose nie! ;) ;)
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Rhino Lodge

Post by Gerhard »

madako wrote: Mastag Hennie!!!

Baie mooi bokke en die fotos is ook nie te sleg gepose nie! ;) ;)
Dawie,

Hom lekker geterg om dat hy so ver agter die bokke sit...  :angel:

Maar sy fotos is mooi op gestel.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Rhino Lodge

Post by Frederik »

Mooi gedoen daar hoe het die pryse gelyk vir die ander wild?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Rhino Lodge

Post by JuanPaul »

Mooi Hennie wel gadaan! :)

Juan
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Rhino Lodge

Post by Kallie404 »

Lekker Hennie!! ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Rhino Lodge

Post by Hilux01 »

Goeie werk Hennie

Ek was onder die indruk hulle doen net boog jag daar?

Dis goeie nuus, want hulle pryse is baie billik
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Rhino Lodge

Post by Hartskoot Hennie »

Nee, hulle doen net geweerjag. Dink jy nie dalk aan Oribi naby Ermelo nie?
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Rhino Lodge

Post by SV MAD (Henk) »

Met wie moet mens reel as mens 'n SWB wil gaan plattrek daar?
ek soek nog wapens...
mamba
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Mar 01, 2012 12:57 pm

Re: Rhino Lodge

Post by mamba »

Baie nice Hennie!!
Cecado 50; .22 Mossberg; 9mm CZ100; .44 Mag Ruger Super Blackhawk; .308 Win; En my Mathews bo
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Rhino Lodge

Post by Hartskoot Hennie »

Dankie man!
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rhino Lodge

Post by Piet Breedt »

Mooi geskiet Hennie. Jy moet net weet dat n gekweste dier se witbloed telling baie ho?r as normaal sal wees om die infeksie teen te werk, en daardie vleis het gewoonlik nie so lang raklewe en kan dalk ook n smaak aan die vleis en biltong gee.
Deon Joubert

Re: Rhino Lodge

Post by Deon Joubert »

Baie Baie mooi Bulle daai! Soek ook een.
Post Reply