Swaar varke....

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Swaar varke....

Post by Lourens »

Middag manne,

Toe ek nou die topic lees waar James en die manne die varke so afmaai het dit my nogal laat wonder wat is van die manne op die forum se swaarste varke wat hulle al geskiet het. Kom gooi hulle hier op. Noem sommer die plek waar die vark gejag is, winter / somer, kaliber ens...

Hier is my swaarste nog: 112kg voor afslag. 65kg Alles af en uit skoon karkas. Geskiet in Mei 2007 anderkant Ellisras op die walle van die Limpopo met my ou 270 en 140gr Barnes TSX @ 2700.

[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49744679/DSC03645.JPG[/img]

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Swaar varke....

Post by gillie »

Ook 45 uitgeslag. Factory ammo, Federal 180gr in 30-06 op 180m omtrent. Sal paar pics post as ek dit kan kry ... Schweizer-Reneke distrik

Vark was bietjie laag geskiet, sagte punte in daai Federal, het nogal mince-meat gemaak van die hart en longe

[img width=560 height=420]https://lh6.googleusercontent.com/-4OFY ... G00106.jpg[/img]

[img width=560 height=420]https://lh3.googleusercontent.com/-A9L4 ... G00107.jpg[/img]

[img width=560 height=420]https://lh5.googleusercontent.com/-ATH3 ... G00109.jpg[/img]

[img width=560 height=420]https://lh5.googleusercontent.com/-Q-DJ ... G00110.jpg[/img]

[img width=560 height=420]https://lh5.googleusercontent.com/-o_iw ... G00108.jpg[/img]

[img width=360 height=480]https://lh5.googleusercontent.com/-Xp-W ... G00111.jpg[/img]
Last edited by gillie on Thu Jan 05, 2012 8:26 am, edited 1 time in total.
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Swaar varke....

Post by Geno »

54kg Uitgeslag.
my broer het hom naby Rooiberg, Limpopo geskiet met 'n .308 en Magnus koele.

http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/vark.jpg
Last edited by Geno on Thu Feb 28, 2013 10:59 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Swaar varke....

Post by BLOK »

Geno daai vark het nogal n trek na jou hond,  ;D ;D ;D mooi tanne

Lourens, mooi vark daai van jou lyk omtrent so groot soos die een wat ek by James geskiet het, wie was die gids die man lyk baie bekend
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Swaar varke....

Post by Frederik »

Hier is paar varkies.

Albei in Alldays 2010 geskiet,eerste een het 89kg geweeg dit was ook Nov net na die eerste klein reens mopanies was groen maar niks anders nie.
Tweede een 2007 Augustus 86kg.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Swaar varke....

Post by Frederik »

Nog twee varkies.

Eerste een weer Alldays 2007 die ene was die swaartse op 102 kg.
Tweede ene was 96kg die seun was maar net 9 jaar oud om die meneer te skiet by Swartwater.

Toe ek nog op skool wa ek het baie varke op lande geskiet rondom Swartwater, Beska en Beauty en ek moet se daar is groot menere en ek het niks fotos om dit te wys nie  :-[
Die grootse ene wat ek toe geskiet het was net onder 120 kg op grondboon lande.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Swaar varke....

Post by Jaco Alberts »

Middag almal,

So paar van die grootes hier in ons wereld, oor die afgelope 5-6 jaar gejag. My swaartse was 110kg op die plaas Rooipoortjie, naby Makokskraal (ongelukkig nie 'n foto beskikbaar, net 'n gedrukte een ) 2de swaarste 105kg, Lichtenburg, 103kg derde swaartse en 99kg en 91kg, almal Lichtenburg.

Ek neem sommer met selfoon,aangesien dit donker is wanneer daar opgelaai word, hooplik kom die fotos deur op die post en die kwaliteit is nie te swak

Groete

Jaco
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Swaar varke....

Post by theedge »

Mense julle manne mors nie ;D ;D Baie netjies
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Swaar varke....

Post by Gerhard Smith »

Is nou nie n vlakvark nie maar het n feral vark geskiet van so by die tagtig kg en n ou wat ons uit gevat het het een van so oor die 100kg geskiet. Weet van ouens wat twee varke geskiet het oor die 200kg.
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Swaar varke....

Post by James Wilson »

ek het hierdie topic gemis. hier is regtig buitengewoon mooi varke
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Swaar varke....

Post by Sarelss »

Ek neem aan die manne van 100kg + praat van lewendige gewig.
ek het wel al gehoor van Bosvarke van 98 en 102 kg karkas wat een mo@rse vark oes wees. Ongelukkig het ek hul nie self gesien nie,
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Swaar varke....

Post by DWB »

Ek het nou ook al gehoor van 'n paar bosvarke in die 110-120kg klas, mieliediewe.

As ek een skiet sal ek vir julle kom wys  ;D

Was nou die dag by met 'n 90kg en dit was 'n GROOT ot
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Swaar varke....

Post by Nico Harris »

vlakvark- 105kg volgewig en erens in die 60kg uitgeslag.

bosvark is 98kg en het 59kg uigeslag.

Altwee varke se fotos is in die trophy room op die forum!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Swaar varke....

Post by Stefan764 »

sss308 wrote: ek het wel al gehoor van Bosvarke van 98 en 102 kg karkas
Jo jo jo jo  :o hierdie sal ek eers self wil sien, dis Blouwildebees/Gemsbok size kerels......

My swaarste vlakvarkbeer ook in Schweizer geskiet in die mielielande, 96kg lewendige gewig, nie karkas geweeg, maar sal seker ook so tussen 45 en 50kg geloop het.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Swaar varke....

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek hou nie daarvan om betrokke te raak by hierdie tipe van stories nie maar sal maar n uitsondering maak. n Vriend en n kennis van my het hier al seker n goeie 15 jaar terug n vlakvark beer in die mielie lande geskiet(Lichtenburg). As ek dit nie mis het nie het dit n totaal van meer as 10 skote geneem van onderskeie n 30-06, 10mm(pistool) en 357Mag  uit n Rossi geweer met 180gr koeels. Die vark het 127kg geweeg, weet nie hoefeel daarvan lood was nie! Ek wou dit eers nie glo nie maar die foto's het dit bevestig waar hy aan n skaal hang.

Varkre se gewig wissel maar baie tussen die bosveld en die mielie veld.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Swaar varke....

Post by BLOK »

Wout

Klink vir my soos n storie waar die twee Halatt broers betrokke kon wees. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Swaar varke....

Post by Gerhard »

Wouter,

Hulle moes die vark gesmelt het en kan dan weer lood punte gegiet het van al die lood...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Swaar varke....

Post by Dippies »

As ek so na die gewigte kyk wat die manne hier noem is dit klein miniatuur olifantjies wat hulle skiet. :o :o :o

Dippies
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Swaar varke....

Post by Wouter Roets »

Blokkie

As dit die Hellat broertjies was sou ek nie gese het n vriend en n kennis nie! :laugh: Nee hel hulle storie sou seker 227kg gewees het. Gerhard die storie vat omtrent so twee ure om aan te hoor as my vriend dit vertel! Die kennis wat saam was drink nie eers nie so ek kan nie eers die jantiebejotika die skuld gee nie!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Deon Joubert

Re: Swaar varke....

Post by Deon Joubert »

Hel maar hier is n klomp mooi varke.
EK was bevooring om so 6 jaar terug in Ellisras een te skiet wat 74kg uitgeslag het. Het die vark vroeg oggend geskiet en het besluit om hom net onder n boom in te trek om nog so draai te loop terug kamp toe. Het die bakie gaan haal en toe ons naader kom is daar nog n grooter vark wat my vark aanval. Die helsem steek my vark vol gaate en het hom oor n 6lyn beesdraad gegooi. Ek was so verbaas dat ek skoon virgeet om die ander een te ook te skiet. Dit was n Monster. Ek weet ek het die karkas wat aan n skaal hang op video, sal kyk of ek dit kan post erns.
Deon Joubert

Re: Swaar varke....

Post by Deon Joubert »

Image

Hier is n 13,5" Sog wat op my afgestorm gekom het.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Swaar varke....

Post by Geno »

Deon wrote: Hier is n 13,5" Sog wat op my afgestorm gekom het.
Deon, is jy seker dis 'n sog? Ek's 100% seker dat daai 'n varkbeer is.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Swaar varke....

Post by Lourens »

Geno ek stem, daai lyk vir my ook verseker soos 'n beer. Hy het ook 4 vratte, amper 'n 100% seker teken dat dit 'n beer is. Die tande is ook aansienlik dikker as 'n sog sin.

Groete,
Lourens
Last edited by Lourens on Mon Apr 16, 2012 10:52 am, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Swaar varke....

Post by BLOK »

Mooi stel tanne maar as dit nie n beer was nie was dit n trassie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Deon Joubert

Re: Swaar varke....

Post by Deon Joubert »

Ja ja julle is reg, kyk net wie skerp is. Dit was n baie ou beer. Het het omrent niks tande oor gahaad nie
Post Reply