Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Gerhard
Hier is die foto's van die kameelperd wat ek so drie Saterdae terug geskiet het. Volgens die PH wat die vleis aan 'n slagter verkoop het was die karkas gewig 1010 kg.Ek dink dit was my eerste en laaste kameelperd.
Last edited by spekieries on Fri Apr 22, 2011 12:27 pm, edited 1 time in total.
Hoekom is dit jou laaste lang nek?
Een man het te vertelle dat kameelperd jag vriendskappe tot die uiterste beproef. Veral as hulle jou moet help slag.
Jy moet jou trofee fotos altyd van so na aan die grond as moontlik neem, met die klem/fokus op jou trofee, daar waar julle met die kop op julle skouers staan lyk dit na n baba kameelperd daar agter julle, sommer net opgelet.
Moes een jaar kies tussen ou bul op vriend se plaas of swembad vir kinders. Ek het sleg verloor in daai daai verkiesing, en kids swem vandag nog lekker saam hulle maats.
My kans sal weer kom
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Dags?
Geluk met die langnek. Sommer iets anders oor kamele. 'n Vriend het een jaar 'n ou stinkbul geskiet. Het mooi biltonge gesny om vir sy honde te voer (so s? hy). Die honde wou dit glad nie eet nie, die vleis was blykbaar kliphard. Toe weet hy te vertel dat hy dit maar by die plaaslike polisiestasie gaan aanbied het het... as knuppels vir die lokale "reaksiemag".
Mooi loop
Netjies Anton ek het die finale produk in jou huis gesien wat baie mooi uitgekom het een van die betere Kameelperd mounts wat ek al gesien het.Weerens dankie vir daardie wiel darem kon ek die grote ook daar by jou sien.
Jong dit is maar 'n persoonlike ding. Ek het nie die vleis benut nie,die PH het dit gehou en verkoop vir die verminderde tarrief om te jag. Toe daardie groot dier neerslaan was my hart bietjie seer. Ek het hom verniet geskiet en ek kon die trofee hou. Ek voel anders oor probleemdiere en gevaarlike goed. Ek is ook nie bereid om die prys wat 'n mens vir 'n kameelperd betaal, uit te haal nie.
Ek het 'n groot bul geskiet. Ek is nie spuit daaroor nie, want die bul moes afgehaal word. Maar persoonlik het ek klaar kameelperd gejag.
spekieries wrote:
Ek het 'n groot bul geskiet. Ek is nie spuit daaroor nie, want die bul moes afgehaal word. Maar persoonlik het ek klaar kameelperd gejag.
Groete
Ek sal ook maar swaar aan die sneller trek op die dier. Niks teen manne wat hule skiet nie, maar dis n ding wat nie op my lys is nie.
Jy is nie die eerste persoon wat ek dit al by hoor nie. Die ouens se as daai groot dier so rond trippel en oor boome val en dan neer slaan dan is jy spyt jy het daai sneller getrek. Maar nou ja ek glo ek sal ook nog een eendag skiet. Maar ook net een keer.