Blouwildebees

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Blouwildebees

Post by CarelG »

Saterdag geskiet naby Dwaalboom
28" en 144kg uitgeslag

Image
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Blouwildebees

Post by DWB »

Baie mooi!

Dis 'n lekker groot meneer!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Blouwildebees

Post by Frederik »

Netjies waarmee is hy geskiet koel, geweer en afstand hoe ver het hy gehardloop en sulke goed  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Blouwildebees

Post by Gerhard »

Daai is n nou n Bul BWB.

Geluk man
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Blouwildebees

Post by VdWalt »

Bai egeluk man! Lekker suinig met die storie...
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Blouwildebees

Post by vlakvark1 »

Geluk man. Mooi Bwbees. Vertel bietjie meer
vlakvark en bosvark Bvk
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Blouwildebees

Post by CarelG »

;D Skies manne, was bietjie haastig vanmore en net die foto gou opgesit!

Die storie loop so........

Vrydag oggend is ek, die vrou en laaitie vroeg uit Rustenburg oppad Dwaalboom toe vir n Bosveld naweek saam met pelle en hulle vrouens en kinders. Die ander manne, Werner (ons is na sy Pa se plaas toe) en Martin (Werner se swaertjie) is al Donderdag aand op die plaas gewees en met my aankoms hoor ek dadelik die slegte nuus.........Martin het n BWB gekwes! Oraait nou is daar skaars tyd vir aflaai, ons is dadelik die veld in om te gaan help soek. Lang storie kort oor die gekeste BWB ons het hom nooit weer gekry nie, die bloedspoor het verdwyn! Laat middag skiet Martin toe maar nog n BWB koei en die Vrydag is daarmee heen. Theuns en sy gesinnetjie sluit die aand by ons aan, en toe word ons dors..... ;)

Saterdag oggend is ek alleen veld toe en loop net n paar Zebras en n paar Koedoe koeie raak, nie waarna ek opsoek is nie.... ek soek n BWB! Werner is n halfuur in die veld gewees en skiet toe ook n MASJIEN van n BWB, 26.5" en 145kg uitgeslag! Theuns se hy soek net n vark en dit vat hom ook glad nie lank om n grootte plat te trek nie.

Dinge loop mooi maar almal het al geskiet behalwe ek.....no pressure! Saterdag middag is ek weer uit veld toe en toe draai my geluk, ek moes net keer of dit gaan beter. Net by die huis weg toe klap die eerste skoot, knypkop rooikok rammetjie...tussen die oe.

Oraait die ys is gebreek ek het darem ietsie, Werner se toe vir my waar die BWBte graag loop en ek is soontoe, ook al flou gestap besluit ek om bietjie teen n boom te sit en rus........... 10 minute later kom staan daar n vark reg voor my op 40 meter, dink toe my salamies is juis kla an daar le sy!
Mooi soggie, trek haar in die koelte in en wat gebeur toe............. 15 minute later staan die beer ook voor my en ek kon myself nie keer nie plat is hy!

Man ek laaik die plek waar ek nou op afgekom het, Werner kom laai die varke en ek besluit om nog so laaste poging in te sit vir die BWBte. Sit so halfuur toe sien ek die BWB koei uit die bos stap op so 80-90 meter, kyk toe klop my hartjie vir jou. Kry sommer so ligte bok koorsie want ek weet daar is n uur se son oor en ek sal nou n goeie skoot moet skiet..... ek trek die skoot so fyn ek kon af en daar val sy! Eks so opgewonde ek vlieg op om seker te maak sys plat en oppad na haar toe duik ek sommer in die stof ook ;D

Trots op my skoot staan ek by haar en sien hier kom die bakkie, ek dog Werner het seker die skoot gehoor en hy kom my en die BWB laai. Hy stop daar en se dis nou jammer ek het die koei geskiet maar die gids het in die ander hoek van die plaas nou net  4 GROOT bulle gesien, ek se toe wag laat ons maar gaan kyk........! Ry toe gou tot naby die plek en ek is toe die bos in. Ek kon my geluk nie glo nie ek kom seker 50 meter van daai 4 bulle af, hulle maal so een keer toe hulle bewus word van my en toe sien ek die grootte.... die res is geskiedenis!

Toe ek die middag by die huis weg is se my vrou vir my.... AG SKIET JY OOK NOU MAAR IETSIE!
Nou ja syt nie geweet een ou kan soveel geluk in een Saterdag middag beleef nie..... ;D
Ek wens julle kon haar gesig sien toe daai vol bakkie by die koelkamer stop...Priceless!

My geweer is n Musgrave 30-06 wat by Armtec was so 2 jaar terug, hy het n swart sintetiese kolf met olyfgroen loop. Saterdag aand toe doop ek hom sommer BOOMSLANG want hys groen en gevaarlik!
5 patrone=5 kopskote  ;D

Ammunisie:
Norma doppe
CCI200
150gr Hornady Interbond
56gn S365

Dankie manne, hoop julle geniet die storie soos ek die naweek geniet het!
En ek hoop julle manne het net soveel geluk soos ek die winter in die veld!
User avatar
Hercules Breitenbach
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sat Apr 21, 2012 11:57 am

Re: Blouwildebees

Post by Hercules Breitenbach »

Lank lewe die Musgraves!!
Glock G26 Gen4
Smith & Wesson M&P 15-22
Smith & Wesson M&P 15 Sport .223
6.5 x 55 Howa
30-06 Musgrave
30-378 Weatherby Accumark mark V
Mossberg 12 boor
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Blouwildebees

Post by Gerhard »

Daai 3006 is baas... Lol

Mooi geskiet
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Blouwildebees

Post by douw »

BAIE MOOI!

LEKKER STORIE

GROETNIS
DOUW
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Post Reply