Primers, slotte en slagpenne

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Primers, slotte en slagpenne

Post by Danie01 »

Hallo manne

Ek het hierdie gepost onder n ou topic ook, maar wil dit graag weer plaas aangesien ek nie terugvoer daar kry nie. Ek het opgelet dat my primers krater, soos gesien kan word op die foto, maar dit maak sulke krater ongeag of dit n hoe? of lae lading is. Ek het toe dat n oom, wat skiet en gewere goed ken, daarna kyk en hy het ook na my geweer se slot gekyk. Hy het opgetel dat die gaatjie waardeer die slagpen gaan baie groteras normaal is en hy vermoed dat dit die oorsaak van die kraters op die primers is.

[img width=358 height=480]http://i1193.photobucket.com/albums/aa3 ... 4703PM.jpg[/img]

[img width=358 height=480]http://i1193.photobucket.com/albums/aa3 ... 4554PM.jpg[/img]

Dit is n Musgrave K98 aksie en 243 ackley. Is daar groot fout, kan ek dit so los of moet ek dalk slot of aksie vervang of kan dit herstel word?

Asb manne, enige insette sal waardeer word.

Groete
Danie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Chevvy SS »

Mooi hande Danie!

Myne doen dieselfde. 'n Geweersmid het verlede week vir my ges? dis nie gevaarlik nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by tripodmvr »

Ek ondervind dieselfde by my 223 en het selfs gepriemde (pierced) slagdoppe gekry. My ladings is nou makker en ek het die slagpen korter gekry met waster en die probleem is nou tydelik verby. Ek is seker dat die gat toegesweis kan word en die sentergat dan op die regte dikte aangebring kan word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Beyers »

Sweis aan die slot is moeilikheid soek. Sweis is harder as die omringende metaal en maak die afwerking moeiliker. Mens laat 'n smit kyk. Die ga kan oopgeboor en skoefdraad sny. 'n prop word ingesit en kan in gepeen word of in gesoldeer word (silwer). dan word 'n nuwe gaatjie geboor waardeur die slagpen pas (sommer mooi gesentreer ook) Op Brownells se site is daar 'n reeks artikels oor die oordoen van Mausers en bg word daar bespreek.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Danie01 »

Dankie manne vir die insette. Die oom met wie ek gepraat het, het ook gese dat ek so kan skiet, maar dat ek maar moet brille opsit en dit na geweersmit toe moet vat.
My slagpen kan stel en ek wonder of dit nie bietjie sal kan help nie?

Chevvy dam nie my mooi hande nie, hehe

Groete
Danie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Chevvy SS »

Die slagpen van 'n Sako kan gestel word.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by SV MAD (Henk) »

Manne, dink julle nie die primers is baie sag nie? Watse primers het jy gebruik?
ek soek nog wapens...
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Danie01 »

Henk

Ek gebruik CCI 200 en CCI 250, maar dit gebeur ook met gekoopte pmp patrone se primers. Watter primers is harder primers dat ek dit kan toets?

Groete
Danie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by tripodmvr »

Danie01 wrote: Henk

Ek gebruik CCI 200 en CCI 250, maar dit gebeur ook met gekoopte pmp patrone se primers. Watter primers is harder primers dat ek dit kan toets?

Groete
Danie
Jou probleem is definitief die slagpengat. Dit is baie af van die middel van die slotkop en is ook ovaal van vorm. My 223 het met al die primers wat ek gebruik het dieselfde tekens getoon.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Danie01 »

Dankie oom Driepoot, ek sal dan defenitief na geweer smit toe gaan en bly oom se my anders sou ek weer n hele paar kryt en koele uitgeskiet het.

Groete
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by SV MAD (Henk) »

My 223 maak ook so, maar net met so 4 of 6 primers elke 100. En dan is ek nog nie naby druk nie.
ek soek nog wapens...
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by Danie01 »

Henk,

Hoe lyk die gaatjie waardeur jou slagpen gaan? Ek dink myne maak so omdat my slagpe die primer te hard slaan en dan het dit nog n oorgrootte gat ook nog wat die druk van primer en slagpen die primer in die gat in laat krater. Ek glo as die gaatjie waardeer die slagpen gaan wel kleiner was sou die primer nie so terug in gat in gekrater het nie.

Ek wonder dalk of die primers nie minder sal krater as ek slagpen so kan stel dat dit die primer sagter slaan nie, dis hoekom ek graag by n geweersmit wil uitkom, die manne sal presies weet wat om te doen.

Kan jy nie dalk ook n foto plaas van jou geweerslot se slagpen se gat nie?

Groete
Danie
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by SV MAD (Henk) »

Hi Danie, sal vanaand bietjie kyk en foto neem
Groete
Henk
ek soek nog wapens...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Primers, slotte en slagpenne

Post by tripodmvr »

Die interessante is dat 'n sterker veer keer dat die slagpen teruggedruk word om die kraters te vorm. Die oplossing is dan die teenoorgestelde. Die probleem met die Howas is dat hul slagpen oor 'n lang afstand afspits en dus die problleem veroorsaak. Wat met soek is 'n ronde skag met 'n tepeltjie voorop. Dit verstaan ek is die ideale vorm.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply