Naand Manne
Hier is so paar fotos van koedoes wat ek die vakansie geskiet het, was vir 'n week in die Kaap vir varkjag en 'n week in Mosambiek vir visvang, so die jagtyd was maar min.
Ma se 1e kombuis bulletjie vir die seisoen, lekker voor die boom in die son gestaan en dan skiet hy darem te lekker oor die cruiser se spieel. Skoot was so 180m onder die oor, 308 Musgrave gelaai met 150gr Nosler Bat tip @ 2720ft/s.
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 5-0903.jpg[/img]
Dan 'n bul wat bietjie slegte skote op het, hy was gekwes en net voor donker moes ons skote in die hardloop waag om hom net dood te skiet voor die son ons vang. Geskiet met dieselfde geweer en ammo.
[img width=560 height=417]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... -WA005.jpg[/img]
Dan 'n mooi bul wat ek en Danie gelyk geskiet het, by die bul gekom was daar twee skote. Danie het geskiet met 300WM gelaai met 168gr Nosler Bat tip en ek het weer met my ou staatmaker gradeboog geskiet. Bul het 139kg karkasgewig geweeg.
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 5-1747.jpg[/img]
Dan 'n rooikat wat ek met my mond so van 500m af ingeroep het, soos julle kan sien sommer nog 'n jong katjie, maar was baie chuffed met myself dat ek die kat kon uitoorle van so ver af met die "kiss of death"
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... M_1845.jpg[/img]
Groetnis
Ponkie
So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
En die visvang kiekies waar is hulle ?
Lyk soos leker vakansie.
Lyk soos leker vakansie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
Hoe goed gooi n kudu bul bloed spoor met n skoot deur die horing???
Lekke man jy het lekker geskiet.
Hoe maak die BT met vleis skade?
Lekke man jy het lekker geskiet.
Hoe maak die BT met vleis skade?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
Ponkie
Ai julle studente
. Wat is die maak of naam van die mooi blou suit wat jy daar dra
Beretta
Ai julle studente
Beretta
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
mooi man ponkie!
gerhard, die BT het toe blad gevang op my gemsbok. nie been, net blad vleis. die koeel is dwarsdeur. maar, die blaaie was maar vrek bloederig. het amper niks van die vleis gebruik nie.

HOU HOM DAAI DIKTE
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
Cassie,cassie_calvinia wrote: mooi man ponkie!
gerhard, die BT het toe blad gevang op my gemsbok. nie been, net blad vleis. die koeel is dwarsdeur. maar, die blaaie was maar vrek bloederig. het amper niks van die vleis gebruik nie.
Dankie vir jou terugvoer... Ek het bloed vleis verwag met die BT's hulle is nogal sag.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
hul is mos sag, juis vir varmint hunting.
maar, hul bring hul kant. as jy reg skiet, gaan die bok nie wegkom.
ek het nou vmaxe gelaai. net vir interesantheid. hul verskil 0.6gr van die ligste tot die swaarste 1. van 20 koeels. waar die noslers BT 0.1 gr verskil.
ek is lief vir die noslers. ponkie, jammer ek hijack die mooi kudus van jou.
maar, hul bring hul kant. as jy reg skiet, gaan die bok nie wegkom.
ek het nou vmaxe gelaai. net vir interesantheid. hul verskil 0.6gr van die ligste tot die swaarste 1. van 20 koeels. waar die noslers BT 0.1 gr verskil.
ek is lief vir die noslers. ponkie, jammer ek hijack die mooi kudus van jou.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
Gerhard
Ja ekt daai arme bul so jammer gekry later, die horingskoot was darem nie die oorspronklike kwesskoot nie. Die bat tips maak as hy been vang nogals skade, maar oor sy doodmaak vermoe kan ek niks kla nie, ek het nog nie een bok gekwes dat ek dit kon toeskryf aan die punt nie. My kleinboetie moes 'n blesbok 2 skote deur die nek skiet met die bat tips, maar oor die algemeen is die blesbok in my ou maar 'n taai dier as jy nie vitals vang nie. Ekt 'n groot ou koei en penkop reg van voor geskiet soos hulle na my toe aangekom het, en hulle het nogals lekker vleisskade gemaak in die brisket en bloederigheid tussen die blad en bors.
Oom Beretta
Ek kan eerlikwaar nie se wat die suit se naam is nie, ekt dit by my vorige meisie se Pa gekry nadat hy in Canada gaan werk het... Haha! So ek gebruik hom maar net, ek trek nogsteeds langmou klere onder hom aan en die serp help baie vir die koue wat hier by mens se nek afkruip tot agter in jou rug.
Groetnis
Ponkie
Ja ekt daai arme bul so jammer gekry later, die horingskoot was darem nie die oorspronklike kwesskoot nie. Die bat tips maak as hy been vang nogals skade, maar oor sy doodmaak vermoe kan ek niks kla nie, ek het nog nie een bok gekwes dat ek dit kon toeskryf aan die punt nie. My kleinboetie moes 'n blesbok 2 skote deur die nek skiet met die bat tips, maar oor die algemeen is die blesbok in my ou maar 'n taai dier as jy nie vitals vang nie. Ekt 'n groot ou koei en penkop reg van voor geskiet soos hulle na my toe aangekom het, en hulle het nogals lekker vleisskade gemaak in die brisket en bloederigheid tussen die blad en bors.
Oom Beretta
Ek kan eerlikwaar nie se wat die suit se naam is nie, ekt dit by my vorige meisie se Pa gekry nadat hy in Canada gaan werk het... Haha! So ek gebruik hom maar net, ek trek nogsteeds langmou klere onder hom aan en die serp help baie vir die koue wat hier by mens se nek afkruip tot agter in jou rug.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: So nou en dan gee die Universiteit ons darem kans om te jag ook!
Dankie vir die info Ponkie,
Ek sal maar die BT's hou vir kop of hoe nel skote.
Ja as daar n kwesbok is moet n man maar lood gooi om hom oppi grond te kry.