Vandag was ek en my Pa baie bevoorreg om te kon jag op hierdie lang naweek by friende van ons sommer net 20km van ons af.
Ons was veronderstel om net 'n paar rooibokke te skiet maar toe se die plaas eienaar daar is 'n paar skewe horing koedeo bulle wat moet gaan. Met dit ingedagte skiet ek toe vinnig my rooibok en begin die soektog na DIE koedoes.
Die plaas is vervuil met koedoes so dit was rerig 'n baie lekker dag in die veld saam my Pa net om hulle te bekyk! 'n Groot voorreg!
Toevalig het ek my 308 vrydag ingevat om 'n knaldemper op te sit en toe besluit ek om my 375 te vat. Ek wou nie graag dit doen nie aangesien ek net rooibok sou skiet.
Hier is fotos van die rooibok rammetjie:
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01275.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01276.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01281.jpg[/img]
Ek het hom op so 90m geskiet agter die blad, in die eerste foto kan mens die helder bloed streep sien soos hy bloed gegooi het. Ek het besluit om hom agter sy voorbene te skiet om vleis te probeer spaar. 375 doen sy ding
Die koedoe:
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01285.jpg[/img]
Hierdie was n ou bul. sy lyf se kondisie was baie swak! hy sou vrek binne hierdie jaar het ek gereken.
Het die dier baie jammer gekry! Hy kon nie sy kop heeltemal oplig nie weens hierdie kraaines horings.
EK WIL JULLE MANNE UITDAAG OM SY HORING LENGTE TE SKAT. Sal later verdere kommentaar lewer hieroor.
Sterkte....
Groete
Alwyn
