Blouwildebees Jag
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Blouwildebees Jag
Elke jaar re?l ek en my vriend, Nico ?n jag op hulle familie plaas daar tussen Louis Trichardt en Mussina, agter die Soutpansberg. Gewoonlik gebeur die jag sommer vroeg in die seisoen, maar weens die geboorte van my babadogtertjie, moes die jag wag tot bietjie later in die seisoen.
Na maande se beplanning en gesels oor die foon en oor Skype, breek 23 Augustus uiteindelik aan. Die voorbereiding op die skietbaan is getref en my geliefde CZ 416 Rigby, gelaai met 400gr Hornadys skiet presies waar hy moet. Hierdie jaar is ?n blouwildebees op die spyskaart en ek is seker die bogenoemde kombinasie is die regte medisyne vir die ou taai meneer.
Nou moet 15h00 net aanbreek, dat ek die bakkie se neus Noord kan druk en dat die lekkerte kan begin. En so gebeur dit toe ook!
Die aand 20h30 arriveer ek op die plaas en na die gegroetery sit ons lekker langs die rooibos vuur en na ?n paar van Oom Charles se koeldranke en so paar uit Oom Johnny in sy manel pak, eet ons heerlike steak en potbrood.
Die vrydag oggend 05h00 is ons op en na ?n vinnige koffie en beskuit stop ons die bakkie op die plek waar ons gaan jag die oggend net so voor 06h00. Ons toets gou die wind en besluit om eerder op ?n ander plek te begin aangesien die wind nie gunstig is nie.
06h30 begin die jag in alle erns. Ons loop paar keer in gemsbokke vas, en moet dan so wye draai om hulle loop om hulle nie te steur nie. 07h20 toe gewaar ons ?n mooi blouwildebeesbul, na ons weer om gemsbokke moet loop. Die bul weet nie van ons nie. Nico loer deur sy verkyker, maar die bul voldoen nie aan sy standaarde. Sy woorde was, jong bul bosses is nog nie gekraak nie, sal ?n beter een vir jou kry.
So jag ons toe maar verder. Die oggend wat ons gejag het kon ek gemsbokke, koedoes, rooibokke, elande en vlakvarke geskiet het, maar ons was op ?n bloubees se spoor, so ons moes maar om hulle loop.
Ons het gejag tot by een van die damme op die plaas. Ons was seker so 10h00 daar. Ons het rustig in die koelte van die mopanies gesit en die varke dopgehou wat die voer vreet wat vroe?r die oggend uitgesit is, terwyl ons wag vir Nico se vrou om ons te kom oplaai. Sy het ons afgelaai by die bakkie wat ons vroe?r in die veld gelos het. Ons is kamp toe waar ons gou ontbyt geeet het.
13h00 was ons weer veld toe want nie een van ons twee hou daarvan om in die kamp te sit nie. Dit is al lekker warm daar agter die berg so ons het besluit om maar rond te ry tot ons iets sien en dan maar spoor te vat. Ons het een maal willebeeste gekry. Ons het gestop, uitgeklim en ons skoene uitgetrek om saggies te kan loop, maar die wildebeest het ons uitoorl? en ons moes maar le? hande terug bakkie toe.
Ons het rondgery tot so 15h30, waarna ons weer begin jag het. Ons het afgekom op ?n bultrop van seker so 7 wildebeeste laat die middag so om en by 17h45. Ons wou nie ?n kans waag so laat in die middag nie, so ons het maar aangestap tot by ?n voerbak. Daar het ons afgekom op nog varke wat besig was om te vreet. Ons het hulle so rukkie staan en dophou, waarna Nico ?n klip opgetel het en in hulle rigting gegooi het. Toe die klip val toe bars daar pandemonium los! Die een vark het reg bo-oor die voerbak gespring en reguit in ons rigting gehardloop. Toe hy so 5m van ons af is toe besef hy hy hardloop noun a die gevaar toe! In ?n groot stofwolk het hy omgedraai en weggehol.
Na ?n heerlike dag van jag is ons terug kamp toe waar ons weer rustig land die rooibos vuurtjie ontspan het, elkeen met ietsie kouds in die hand om die dag se stof uit ons kele te was. Daar was bosvark chops, buffalo wings en aartappel op die spyskaart. Na ons heerlik geee het het ons tot lekker laat gesels oor die dag se gebeure.
Saterdag oggend was ons weer 05h00 op en was weer net so voor 06h00 waar ons wou wees. Ons het besluit om die sandveld te jag waar meeste van die gras nog was. Ons was seker so 20min in die jag in, toe ons ?n wildebees hoor ?ghoem? het. Ons het stadig die ?ghoem? bekruip. Oppad het ons ook ?n muskeljaatkat gewaar wat vinnig in ?n bomstomp verdwyn het. Ons is treetjie vir treetjie deur ruie mopanies. Nico het ges? as ons eers deur die mopanie is, is daar weer ?n oopte. Ons het die bul gewaar waar hyonder ?n maroela staan. Nico het deur die verkyker gekyk en dit bevestig: ? Dit is jou bul. Mooi ou bule met mooi gekraakte bosses?, maar hy was te v?r vir ?n skoot, so ongeveer 180m. Ons het versigtig nader gekruip. My hart het in my keel geklop en die adrenalien krane was oop!
Ons het tot so 100m van die bul afgekom, en hy het nie geweet van ons nie. ?n Wildebees regs van ons het geproes?ons was so gefokus op die bul, ons het hulle nie gesien nie.
Die bul het opgekyk in die rigting van die proes, ons het langs ?n maroelaboom tot stilstand gekom. Ek het aangel? oor Nico se skouer. Ek moes tussen ?n mopanie en vaalbos deurskiet. Die bul het effens gedraai en het so ? on gestaan. Die Lynx 1.5 ? 5 x 32 se kruishaar het gaan stil l? skuins voor op sy bors. My vinger het gekrul om die sneller, die weerlig slaan, die geweer skop terug. Ek kan sien daai 400gr Hornady het RAAK geslaan. Die bul se agterbene het 2 maal onder hom geswik, voor hy kon wekgkom. Hy het so 20m gestrompel, voor hy omgeval het! Ek en Nico het mekaar geluk gewens en dare gegaan. Ons het die bul gekry waar hy op sys y l?. Hy was reeds dood. Die Hornady is skuins voor op sy bors in, deur die hart en uit deur die pens.
Dit was ?n mooi ou bul en hy was elke tree die moeite werd. Ditwas nog ?n onvergeetlike jag saam my goeie vriend! En ek kan maar net dankie s? vir die Grootman daarbo, vir die geleenthede wat ons het.

Last edited by Alvar on Wed Aug 29, 2012 11:16 am, edited 1 time in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Blouwildebees Jag
As daar nie fotos is nie, glo ek nie 'n enkele woord van jou storie nie! 
Goed, beter, 6millimeter!
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: Blouwildebees Jag
HAHA! Hoe kry ek fotos op? Daar was fotos saam die text, maar noi is dit weg?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Blouwildebees Jag
mail vir my, dan plaas ek dit.
vanniekerk.eugene @ yahoo . com
vanniekerk.eugene @ yahoo . com
Goed, beter, 6millimeter!
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: Blouwildebees Jag
Ek maak gou so.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Blouwildebees Jag
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunti ... CF3880.jpg[/img]
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunti ... CF3888.jpg[/img]
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunti ... CF3891.jpg[/img]
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunti ... CF3894.jpg[/img]
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunti ... CF3897.jpg[/img]

martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Blouwildebees Jag
Klink asof jy vir hom lekker hard gewerk het. Mooi fotos
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Blouwildebees Jag
Geno, dankie dat jy altyd bereid is om ons dom manne te help met fotos. Ek wardeer dit baie.
Mooi bees wat daar le en baie geluk!!
Mooi bees wat daar le en baie geluk!!
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: Blouwildebees Jag
Baie dankie Grumpy!
Ja, miskien kan ons dom manne 'n crash course bywoon wat Geno aanbied.
Ja, miskien kan ons dom manne 'n crash course bywoon wat Geno aanbied.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Blouwildebees Jag
Om te lees hoe om dit te doen en om dit te doen, is twee verskillende dinge....Geno wrote: http://jaracal.com/index.php/topic,249.0.html
'n Praktiese oefening gaan my meer help, ek is maar dom met IT goete...
Aim small, miss small
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: Blouwildebees Jag
Dankie Geno. Nou sal ek dit ook kan reg kry.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Blouwildebees Jag
Klink of dit n lekker jag was en n mooi hartbees. Wel gedaan
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Blouwildebees Jag
Suip jy alweer by die werk?BLOK wrote: mooi hartbees.
Goed, beter, 6millimeter!
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Blouwildebees Jag
Bwhahahaha !!!!!Geno wrote:Suip jy alweer by die werk?BLOK wrote: mooi hartbees.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Blouwildebees Jag
Wonder wat is op special vandag by daai publunchVdWalt wrote:Bwhahahaha !!!!!Geno wrote:Suip jy alweer by die werk?BLOK wrote: mooi hartbees.Skerp!
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Blouwildebees Jag
Jy sien uitgevang,
Julle manne is lekker skerp. Ja sit en publunch, boonop eerste dag dat ek die sel internet ding probeer nou kom die HugoHardbees hier uit. Verbleik ek nou daai mooi blouwildebees bul hahaha
Waar ander verwag julle moet ek op so mooi somersdag wees tussen een en twee.
Julle manne is lekker skerp. Ja sit en publunch, boonop eerste dag dat ek die sel internet ding probeer nou kom die HugoHardbees hier uit. Verbleik ek nou daai mooi blouwildebees bul hahaha
Waar ander verwag julle moet ek op so mooi somersdag wees tussen een en twee.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Blouwildebees Jag
Potch dam....?BLOK wrote: Jy sien uitgevang,
Julle manne is lekker skerp. Ja sit en publunch, boonop eerste dag dat ek die sel internet ding probeer nou kom die HugoHardbees hier uit. Verbleik ek nou daai mooi blouwildebees bul hahaha
Waar ander verwag julle moet ek op so mooi somersdag wees tussen een en twee.
Aim small, miss small
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am