Terugvoer oor die naweek se jag (30-06 of .270 vir s/bokke)

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply

Kal en gr Keuse op s/bok 250-300 m

Poll runs till Thu May 13, 2055 11:17 pm

30-06 met 150 gr PMP s/n
1
2%
30-06 met 150 gr PMP Pro-Amm
10
23%
270 met 130 gr PMP s/n
32
74%
 
Total votes: 43

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Terugvoer oor die naweek se jag (30-06 of .270 vir s/bokke)

Post by FHM »

Dagse manne,

ek gaan Saterdagoggend konsessie s/bokke help uitskiet en ek verstaan van die konsessie-houer die bokke word op 250 - 300 m geskiet. Ek wil net julle 'gevoel toets' rondom die koels wat ek hier teen die kus beskikbaar het (2 klein outlets)

30-06 met 150 gr PMP s/n of 150gr PMP Pro-amm
270 met 130 gr PMP s/n

Dis al wat ek beskikbaar het so moet asb nie iets anders aanbeveel of se ek moet herlaai met die en daardie punte nie.

Dis die keuse - wat sou jy kies?
Last edited by FHM on Mon Sep 10, 2012 3:27 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by Francois Briedenhann »

270 met die 130gr sal lekker loop op daai afstand dink ek...

Groete FB
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by Carl »

My gevoel is 270 maar ek so ook in die kwes toets net om seker te maak watter een groepeer die beste. Dalk verbaas hy jou.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by Witpietskiet »

FHM,

En so was jy ook nog nie in Windhoek nie?

As ek nou nie moes Saterdag n F-klas kompetisie geskiet het nie, sou ek jou met graagte kom help het.....

Sou ek die 243 met 70gr of die 300WSM met 155gr saam gebring het al is dit net vir bietjie backup vir daai 270.

Geniet en mooi skiet.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by FHM »

Witpietskiet wrote: FHM,

En so was jy ook nog nie in Windhoek nie?

As ek nou nie moes Saterdag n F-klas kompetisie geskiet het nie, sou ek jou met graagte kom help het.....

Sou ek die 243 met 70gr of die 300WSM met 155gr saam gebring het al is dit net vir bietjie backup vir daai 270.

Geniet en mooi skiet.
Dankie ou maat, en nee-  ek was die fook weet noggie in WHK afgelope 2 maande nie - die projek waarmee ons besig is steel al my tyd.
Ek het vir Vrydag verlof ingesit, gaan lekker rustig Rooikop toe ry en die 150 gr en 130gr op die 270 en nulkwes toets en besluit wie join vir pappa Saterdag anderkant Spitzkoppe. Ek sit met goeie a-frames maar net in 180 gr vir die nulkwes. Vind ek toe nou vanoggend uit ons 1 geweerwinkel in WVB en die 1 in skp het net pmp patrone in 130 / 150 / 180 gr. Dis hoekom ek die poll begin het. Ek dink tog die .270 met die 130's sal die ding doen Saterdag - sal maar die 0kwes met 150' saamvat vir backup.

Sterkte met jou F-klas, ek skiet ook kompetiesie Saterdag - SB klas (hehehehe)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by Piet Pille »

Die oplossing is voor die hand liggend- Ek ry vrydag via Windhoek na jou toe en bring die patrone van jou keuse vir jou saam tesame met my eie .270 ....... ;D
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by FHM »

Pieter Vorster wrote: Die oplossing is voor die hand liggend- Ek ry vrydag via Windhoek na jou toe en bring die patrone van jou keuse vir jou saam tesame met my eie .270 ....... ;D
Pieter...ek begin wens ek kon nog ouens saamvat, eerlikwaar, maar ek is genooi deur die konsessie houer, dit sou bakgat gewees het as jy kon deurkom en kom help het - waaragtig!
Het nou-net gehoor daar is 56 bokke om uitgeskiet te word Saterdag !!! Fookit ek sal more nog twee pakke koels moet bykoop. Dit gaan WERK raak Saterdag en my .270 se loop gaan vir die eerste keer in 5 jaar warm bly die hele dag... ek sien daai ding my ou...

Dankie aan almal wat aan die poll deelgeneem het - die .270 met 130 gr is by verre die gunsteling, in ag genome net die twee kalibers en die min keuse op koels wat op die poll was.

Ek hoop om Maandag of Dinsdag terugvoer te gee oor hoe dit Saterdag gegaan het.
Last edited by FHM on Thu Sep 06, 2012 3:21 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Poll: 30-06 of .270 vir s/bokke

Post by Swys14 »

vir daardie doel sou ek die 270 vat, die 30-06 sal die job ook doen
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 30-06 of .270 vir s/bokke - die naweek se jag

Post by FHM »

Ok manne, n kort oorsiggie.

Ek het toe met die 30 nulkwes gaan jag - toe ek Vrydag gaan koels koop om in te skiet die dag, verneem ek daar is nou net 2 pakke .270 130 gr oor. Toe besluit ek maar op 150 gr vir my nulkwes. Ek was nie spyt nie hoor! ;)

Ons het toe 3 uur Saterdagoggend opgestaan en begin pak vir die Spitzkoppe konsessie skiet. Dit was net ek en n pel van my wat nog nooit gejag het met sy 30-06 nie. Die PH wie se konsessie dit is kon nie saam ons gaan nie, hy moes inderhaas erens Noord met n klient gaan jag.

Ons het 5 uur uit SKP gery, Arandis Diesel volgemaak en was so 06:30 by die Spitzkoppe - net toe die son wil kop uitsteek en die veld wakker word. Dit was my eerste keer daar, en ek het nie geweet wat om te verwag nie.
Eers het ons die konsessie gids opgetel 06:30 en bietjie uitgevra, en toe met n skok agtergekom daar is ZERO koelamers of afslaggeriewe daar nie - ek weet nie hoe kan die konsessie-houer so werk en ons nie vooraf gewaarsku het nie.
Dit het beteken ons hele dag en jag strategie moes verander, ons sou nie al die bokke kon jag wat ons moes / wou nie. Ons sou net tot 11:00 am kon skiet en dan moes ons afslag (pense in veld uitgehaal alreeds) en die bokke pak wat ons gejag het en terugjaag Swakop toe om die bokke in koelkamers te kry.
Gelukkig was dit lekker koel tot so 9 uur, maar toe raak dit warm, hel warm - teen 11 uur die oggend was dit 34 grade alreeds en ons moes inderhaas die 7 bokke wat ons gekry het afslag en pak en druk vir SKP.

Dit was n gejaagde jagtrippie - met die dat daar geen koelkamers was nie was ons uiters beperk op tyd. En ja manne - daai konsessie bokke weet wat gaan gebeur as daar n bakkie aankom met mense agterop - en hulle het hulle beste tekkies Saterdag aangehaad. Ons het nie een skoot onder 350 m gekry nie - uit die 7 bokke wat ons geskiet het was die meerderheid 380 - 420 m. Ek het mos darem Vrydag my 30-06 gaan instel met 150 gr en op 300 gezero - so ek het gerus gevoel en so gejag ook. Dit het darem nie te sleg gegaan nie, my pel met sy virgin 30-06 het darem 2 bokkies gekry met 6 skote, wat my impress het want sy geweer was op 200 m ingestel. Ons moes vir die Hoofman 2 bokke gee en dus het ons 5 huistoe geneem.

Die PH (konsessie houer) het my gese ons sal die laaste naweek in September weer gaan - dan is hy by en dan moet die konsessie uitgeskiet word (nog so 39 bokke) Maar die bokke word net so gegee vir die PB's (Plaaslike bevolking) So ons hoef nie oor slag en koelkamers te worrie nie - dis die PB's se probleem.

Aangeheg is n paar fotos - merk op ons morderne slaggeriewe asseblief - ten misnste was dit in die skaduwee. Vergelyk die 'standaard' springbok se horings met die 'exeptional' een se fotos - dan sal julle n idee kry van daai horings op die bok - ek het nog nooit sulke horings op n sprinbok in my lewe gesien nie.
Die horings is by die Hoofman in die konsessie gelos - die PH sal dit die week meet en indien dit wel Rowland Ward kwalifiseer, sal hy dit registreer - goeie reklame vir hom, want dit is n bok gejag in sy konsessie.

Alhoewel ons nou weens gebrek aan geriewe ons dag moes kortknip en dinge bietjie gejaagd was en nie aan ons verwagtinge voldoen het nie, was ek BAIE bly ek kon vinning n paar bokke loop jag die dag, en dat ek in die veld was, eerder asom tuis te bly en te kyk hoe die ander Sprinbokke teen die Aussies pak gekry het... ;)
Last edited by FHM on Mon Sep 10, 2012 1:09 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 30-06 of .270 vir s/bokke - die naweek se jag

Post by Carl »

Blikkies daai ram sal 'n rooibok skrik maak! Mooi geskiet Francois.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Teruvoer oor die naweek se jag (30-06 of .270 vir s/bokke)

Post by FHM »

Carl wrote: Blikkies daai ram sal 'n rooibok skrik maak! Mooi geskiet Francois.
Dankie Carl.
Dit was fynknyp Saterdag waaragtig, en nou is my 'grys area' anderkant 300 m verbeter tot maksimum 400 m (met die regte grein natuurlik)
Ek het 2 nekskote en 3 bladskote op my 5 bokke gedoen. Ok ek sal bieg...altwee nekskote was vir die kop gemik. ;)
Last edited by FHM on Mon Sep 10, 2012 3:27 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Terugvoer oor die naweek se jag (30-06 of .270 vir s/bokke)

Post by Marc »

Baie geluk, julle het lekker bene gerek die naweek  8)

Daai is paar mooi bokkies  ;)  My nulkwes met 150gr Interbonds vat ek enige dag na enige plek waar die vlaktes oop is  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Terugvoer oor die naweek se jag (30-06 of .270 vir s/bokke)

Post by FHM »

Marc wrote: Baie geluk, julle het lekker bene gerek die naweek  8)

Daai is paar mooi bokkies  ;)  My nulkwes met 150gr Interbonds vat ek enige dag na enige plek waar die vlaktes oop is  8)

Mooiloop
Marc
Dankie Marc.
Kyk, as ek nou nie voorheen n 0-kwes inbors was nie het dit laasnaweek verander. Ek kry elke seisoen net meer en meer uit die geweer, en dis n dekselse vreugde man. Moet se my set-up het ook seker iets daarmee te doen, gemaklike kolf, free-floated loop,  bi-pod, ordentlike scope...daai goedjies tel punte as jy verder lood gooi. Ek reken as ek begin self laai sal ek weer verbaas word.

Ek het besluit (voel skuldig) ek gaan my .270 ook bietjie bederf bonusmaand, loop free-float - Boyds kolf opsit, beter teleskoop en n KD.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply