6.5 en my Blouwilde beeste.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

6.5 en my Blouwilde beeste.

Post by VdWalt »

Ek het eers die onder die eland gehad maar besef ek hi-jack die topic - so toe
skuif dit tot hier:

Eerste bwb (1997)met my ou 6.5x55 (was n 96 mauser) - 1 x 140gr Rhino - ek en die gids het 2 dae lank na die bwbste gesoek, laat die middag stap ons om n bos, toe staan en wei hulle so 40m van ons af. Ek skiet toe die een naaste aan my, almal het my so bang gepraat van te agter skiet dan ek haar voor laag op die blad skiet. Sy het seker so 250m gemaak
voor sy geval het. 

[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... aai008.jpg[/img]

Tweede een - was in Alma distrik 1 x 160gr Hornady Roundnose. Ek en die gids het 2 dae na hulle goedkoop
rooibokke geloop en soek, volgens die plaas bestuurder was daar baie - volgens die gids het die eienaar
se kleinseun en vriende amper al die rooibokke geskiet...mmm toe verander my bestelling. Wel ons kruip toe
tussen die bome tot op die rand van oop veld waar die bwbste gestaan en party gele het. Die jong bul het
mooi 1/4 weg gestaan - so 150m. So op die 2de laaste rib na die voorkant van die oorkantste been geskiet. Hy het
gehop, paar tree gestap en om gedop.

[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... il0282.jpg[/img]

Op daai stadium was dit my enigste geweer.
Last edited by VdWalt on Tue Nov 06, 2012 7:41 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 6.5 en my Blouwilde beeste.

Post by Jacquesb »

Mooi.
Dis 'n puik kaliber, wat sy kant sal bring as jy binne sy limiete bly.
Belangrikste is skootplasing.
Voorspoed
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Post Reply