Langafstand jag en Etiek

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Ludwig, ek glo dat etiek van persoon tot persoon verskil. Baie keer is die manne se persepsie van etiek gewortel in wat hulle by pa geleer het.baie keer is dit wat hul geloof dikteer.

As my idee van etiek verskil van die volgende jagter, is ek tevrede as hy ten minste net n sterk oortuiging het van sy etiese waardes kan n mens glo hy sal met verantwoordelikheid optree. Ek sal baie verskillende waarde sisteeme rondom etiek kan respekteer en begryp. Een ding wat ek nie kan verdra nie is as n persoon sy etiese waardes as die een en enigste voorhou, en dit op my probeer afdwing.

Wat betref lang afstand jag gaan baie jagters met mekaar verskil wat is langafstand. Ek betree nou maar eers die langafstand toneel omdat ek nou eers voel ek self en my toerusting kan dit doen. Ek het nou al 3 diere oor 400m geskiet en ek het met die laaste een besef ek sal vir myself  reels/riglyne moet begin opstel. Een van die aspekte is dat ek moet groei in my vermoe voordat ek verder wil skiet. Ek moet dit verdien om n bok ver te dood dit moet nie geluk wees nie. Nog nreel wat ek sal inkorporeer is om nooit die sneller te trek as ek nie oortuig is dit sal n 1 skoot doodskoot wees nie. Menende ek wil nie net mik en hoop vir die beste nie. Die res van my waarde stelsel sal ek maar bysit soos wat ek maar groei in ervaring en blootstelling en vermoe.

Nou ek weet 400m is nie werklik ultra ver nie, ek sal nog n bok jag op die regtige ver afstande, maar dan moet ek(en niemand anders) vrede he dat dit binne my "set of skills" is.

Dankie dit is n lekker onderwerp ek is seker ek as n beginner sal baie hier leer
Last edited by James Wilson on Tue Aug 28, 2012 8:48 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5123
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Pvdw »

James ek kom uit die bosveld uit waar 80m die norm is. Ek is soos jy redelik gestel om eers my skietkuns op te knap voor ek die lang skote sal waag.

Ek self is nou daarop uit om te oefen op 150mm en 100mm gonge op 200 en 300m totdat ek hulle met vertroue kan skiet uit verskillende posisies. Ek het egter die naweek by Piet se kursus geslaag om 'n 200mm gong op 400m met Foxbat se 223 4/5 keer raak te skiet. Sal ek nou al daar jag?? Nee ek sal nog baie moet oefen maar ten minste doen ek eers my deel op die baan voor ek die diere gaan aanvat.

Ludwig ek sou skat dat 'n skut se werklikke skiet vermoe? sal bepaal of hy op enige afstand 'n etiese skoot kan skiet. Ek dink dat daar manne is wat werklik bekwaam is om lang skote te skiet op wild en dat daar manne is wat nie eers 'n wapen moet rig op 'n bok wat 50m v?r staan nie :o

Ek sal die post dophou want soos James is ek ook aan die uitbrei van my skietondervinding.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by LUAN »

Ek dink langafstand jag is die toekoms;D Met al die toerusting op die mark wil/dink ons almal ons gaan snipers word ;D Solank die dier goed doodgemaak word maak dit seker nie saak of jy van die bakkie, loop en bekruip of lang afstand skiet/jag nie hy gaan nogsteeds gedood word want jy as mens het so besluit.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by F.L.A.S.H »

That?s a really interesting article, and there are a lot of hunters out there that should ?take note?

Mooi loop
F.L.A.S.H
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by LUAN »

Ja dit is baie interesant om te dink dat n koeel 11duim kan val net met 25yds verskil in afstand klink soos windbuks skiet.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

een van my selfopgelegde reels om by my eie gevoel van LA etiek in te pas is dat ek aanvanklik eers op tereine gaan skiet wat ek ken en waar ek die wind ken en dan ook verseker weet wat is die afstand na sekere punte op die terein. sodra ek dit bemeester sal ek eers oorweeg om LA jag op n vreemde plek te doen
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by shooter »

Ek vind die onderwerp verskriklik interesant en sal graag van die gesoute manne se geheime en oefen metodes wil hoor. ek dink ook dat daar baie faktore is wat n groot rol speel soos jou kondisies en die bc van punt. Deel asb met ons.
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by shooter »

Baie dankie Ludwig ek gaan beslis daar n draai maak.
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

Verlede naweek by die Suid Kaap Ope van die SA Jaggeweer Skietvereniging, het ons die voorreg gehad om vir David Tubb en sy spotter en ook n Ballistician as ere gaste te h?.

David is n 11 maalige Nasionale kampioen skut in die LRA skiet kampioenskappe in die VSA, asook n voormalige kampioen Silhoutte skut. Hy is seker debateerbaar een van die heel beste skuts wat die w?reld nog ooit gesien het.

Hulle het vir 2 weke voor dit Bobejane kom jag, en die manne wat saam was kan nie uitgepraat raak oor die manne se vermo?ens nie. Die v?rste bobejaan wat hulle met die eerste skoot kon dood, was oor die 1800 yards. Daar was vele oor die 1600 yard merk, en die aanskouers was verstom oor die manne se vermo?ns.

Wat interesant was, is sy teleskoop. Die kruishaar, of moet ek se die ontploffing binne in is ontwikkel deur David en sy span, en daar is geen strepies in nie. Daar is n magdom kolletjies en klein gaatjies in twee skuins rye, een na links onder en een na regs onder. Ek skat sowat 50 in totaal. Dit is die mees ingewikkelde reticle wat ek nog ooi gesien het. Ek dink jy het n wiskunde graad nodig om hom te verstaan. Die spotter s? vir David wat is die afstand, hy doen ook n "wind call" soos hulle dit noem, en gee tot die "Density Altitude" vir hom, voordat hy besluit watter kolletjie of gaatjie om te gebruik.

David gebruik n Leica rangefinder soos ek nog nooit gesien het nie. Hy range gemaklik tot oor die 4km. Hier by ons sal hy so in die omgewing van R90,000.00 tot R 100,000.00 kos, s? hulle.

David skiet met die Tubb 2000 geweer wat hy self ontwikkel het, in 6mm XC kaliber. Hy skiet die 115gr Berger VLD's in hom.

David het ook self die Oos Kaap Ope geskiet, en alhoewel hy nie gewen het nie, het hy baie goed gevaar vir sy eerste keer.  Jimmy Farnham, Jaco Brink en hulle span het geweldig baie moeite gedoen om vir David en sy span dit aangenaam te maak. Hulle het tot gereel dat sy ammo op die dag met n valskerm afgelewer word, wat so bietjie "fan fare" aan die dag verleen het.

Daar was n totaal van 139 skuts wat deelgeneem het op die dag


[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... iet083.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... iet084.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... iet091.jpg[/img]

Na die tyd is daar n addisionele gongbaan, waar die gonge 12" square is, uitgesit sodat David sy skills kon wys, en ons leuke ook kon probeer langafstand skiet. Die gonge was uitgesit op die volgende afstande.

Naaste een op 591m
2de op 729m
3de een op 912m
4de een op 1069m
5de een op 1216m

Die gonge was met David se rangefinder uit gemeet.

Elkeen het net 5 skote gekry in 3 minute, en jy kon slegs na die volgende een aanbeweeg, mits jy die vorige een raakgeskiet het. As jy een mis, moet jy hom weer skiet voordat jy kon aanbeweeg.
Daar het n dwarswind vanaf 3 uur gewaai teen n spoed wat gewissel het tussen 8 mpu en ge gust het na 19 mpu.

Daar was n windmeter byderhand en iemand kon deurentyd vir jou die windspoed lees. Die wenner op die dag kon die Kestrel windmeter sowel as n Bushnell 1200 rangefinder wen.

Daar het oor n honderd skuts probeer, en die beste telling was deur so klompie skuts behaal, nl 2 gonge. David Tubb het ook net 2 kon raakskiet in die moeilikke kondisies. 


[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... iet066.jpg[/img]


Ek het amper heel laaste my beurt kon kry. Ek het voor die tyd my clicks op my Nightforce uitgewerk op my ballistiese program op my I-phone, en net die wind in ge dial soos dit verander het op elke afstand. Ek het op n gemiddelde windspoed van so 12 mpu my clicks in gedial. Ek het toe 3  gonge met 5 skote raakgeskiet  en die gong challenge gewen. Dit was vir my n groot voorreg en eer om te kon s? dat ek die enigste een was wat vir David Tubb  op sy eie terein kon klop. Ek wil net noem dat ek sekerlik nog nooit so n nedirige kampioen skut in my lewe ontmoet het, en dat hy n insprirasie is vir ons almal.

My skiet het nie gewys dat ek n top skut is nie, maar dat as jou toerusting reg is, en jy die regte data in n goeie balistiese program in pons, en hom reg gebruik, jy dit kan doen.

Ek het met my .22 250 met 75gr  VLD Bergers geskiet, en dit het weereens aan my bewys dat ek die regte kombinasie het vir ons sport, en dat hy groot naam kalibers in die wind kan klop.

Hier oorhandig David die rangefinder en windmeter aan my

[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... dTubb2.jpg[/img]

[So lyk David se geweer

[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... iet095.jpg[/img]
Last edited by Piet Breedt on Sun Oct 14, 2012 10:33 am, edited 1 time in total.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by spekieries »

Piet

Baie dankie vir die goeie verslag en baie geluk met jou oorwinning.

Wat vir my baie duidelik uitstaan uit jou verslag is dat dit ook maar op die lang duur 'n "equipment race " geword het. Die goeie skut met die beste toerusting gaan wen. 'n Puik skut sonder die nodige uitrusting (geld) het nie 'n kans nie.

Genl Dennis Earp, in sy tagtigs, skiet nog steeds saam met ons SAJWV tabelle. Dit is seker die een persoon op aarde vir wie ek die meeste respek het.

Hy het my vertel dat hy een van die stigterslede was van praktiese pistoolskiet. Hy het homself ontrek toe dit 'n "Equipment race " geword het. Sy opmerking was" Sodra dit oor kompetisie gaan, word dit 'n soeke na beter toerusting om 'n voordeel te behaal.

Selfs die SAJWV se tabelle is nie meer jag nie.

Volgens my gaan daar altyd twee dissiplines wees. Die goeie skut met goeie toerusting wat sy toerusting ken en wat graag sy prooi op lang afstand wil plat trek.

Maar daar sal altyd die man wees wat graag meer oor die gewoontes van wild wil leer, die wind wil lees, geduldig naby aan sy prooi wil kom en poog om die wildsbok op sy terrein te uitoorl? om sodoende 'n oorwinning oor die bok te behaal.

Miskien dan ook die derde tipe wat oor 'n lek of water skiet en dan die baie seker kan maak van sy skoot.

Maar, vir elke man, wat sy persoonlike klokke lui. 

Eties, die bok moet nie ly nie, hy moet so pynloos as moontlik sterf.     
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Het gister saam met een van die manne wat ook daar was aan n komp deelgeneem in  Bloemhof. Hy konnie uitgepraaat raak oor die die nederigheid van die man nie en ook nie oor al sy kennis nie.
Bly om te sien die 6mmwat ek onlangs gekoop het word deur die meesters gebruik. Al probleem is uit 10 gonge kon ek gister net een skiet, oefen oefen en oefen
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

Spekieries, n equipment race is in n manier onvermydelik in omtrent enige sport. Kyk maar na golf, of kar resies. Op die einde van die dag moet jy maar ook betrokke raak by die equipment race as jy wil byhou. Maar byges?, toerusting alleen kan nie vir jou sukses verseker nie. Jy moet ook maar jou kant bring, en weet hoe om die toerusting tot jou voordeel te gebruik.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Marc »

Baie geluk Oom Piet  8)

Dit is voorwaar 'n vooreg en eer gewees  8)

Mag daar nog baie raak skote in daai lyf wees, genoeg in elk geval tot ek eendag die vooreg gehad het om een van Oom se dae te kon bywoon  ;D

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by spekieries »

Piet

Ek stem saam, as jy saam met die groot honde wil pp moet jy been net so hoog optel. Ek dink egter 'n man moet dit vir jouself uitmaak of jy wil kompeteer of wil jy lekker jag?

Groete
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Piet, vergewe my as dit reeds genoem is, maar ek sal graag wil weet watter kaliber jy gebruik vir die kompetisies?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Gerrit Visser »

James die beste kaliber is oefening. Die top manne verander maar gereeld van kaliber. Piet en die res van die top manne sal binne kort iets nuuts moet bou om by klein Danie Obermeyer by te bly. Beste telling in Oos-Kaap, derde in Suid-Kaap en gister skiet hy net om te wys hy kan 600/600 met 8 v-kolle die beste telling vir die dag. Die mannetjie is maar nog net 11jaar. Hy is nog te lig in die broek om sy geweer uit 'n staan posisie vas te hou, maar as hy gaan l? maak sy groepe groot manne skaam.

David Tubb met 'n 6mmxc, wys jou 'n man het nie 'n kanon nodig om v?r te skiet nie. Dit is baie opmerklik dat die varkbaan wat gewoonlik rondom 50m is die laagste gemiddelde telling het. Ek sal my geld op Danie sit om 'n springbok uit 'n l? op 400m met een skoot te dood, maar 'n vark op 35m uit die vry staan sal vir Danie oneties wees. Wat ek wil s? is ken jou vermo? en as jy gemaklik voel met die afstand, kan dit seker nie oneties wees nie.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

James, ek het begin met n .308 Krico met n 22" loop en 155gr PMP Palma Match koe?ls met 4.5 -14 x 42 Burris scope, en die SA span gehaal met hom in my eerste jaar van deelname. Dit was een van twee senterslag gewere in my besit op daardie stadium, en ek het hom baie goed geken.

Toe gradeer ek op na n Tikka .25 06 en ek skiet die 100gr Sierra MK's. Die span n aar of wat gehaal, en weer gemis., en weer gehaal.

My .25 06 se loop het my amper amper ge drop by ons SA's een jaar, en ek het besef ek moet n back up geweer kry. Reeds by die SA's het ek gesukkel om mooi groepe te skiet, en het ek amper nie die span ge haal daardie jaar. Binne 30 skote na SA's het hy totaal gefaal en kon ek nie n piering grote groepering op 100m skiet nie. Die kompetisie het intussen net te styf geraak om weer die .308 te gebruik. Ek het intussen ook n .22 250 Howa gewen op my 3de skiet by SAJSV, en Louis Butler het my oortuig hoe goed die .22 250 is met n stywer twist loop. 1/9 en 70gr Bergers.

Ek besluit toe dat dit die vinnigste en goedkoopste opsie is om die loop te vervang. My oorspronklikke loop het nog op n tiekie geskiet, maar was nie geskik vir die swaarder en langer koe?ls. Dit was my Jakkals geweer. Ek kon n 1/8 twist Broughton 5C loop kry, en het hom op gesit. My aanvanklikke toetse met die 70gr koe?ls was goed, maar toe ek die 75gr  Bergers probeer, was ek verstom. Nie net het dit bevestig wat die balistiese tabelle s? nie, maar het hy my .25 06 op alle vlakke en in die wind ge klop, sommer v?r. Boonop het hy byna geen recoil, en kan ek sien waar ek my gonge tref, en kon ek aanpassings maak in die wind, iets wat ek nooit met die .25 06 en .308 kon doen.

Ek het intussen ook n Savage LRP in .243 en in .260 Rem by gekry, wat baie akkuraat is, maar albei skop my net net van die gonge af, en kan ek dus nie aanpassings maak soos met die .22 250 nie. Ek ewenaar hulle albei omtrent in die wind, maar skiet heelwat platter wat afstand skat weer nie so krities maak.
Teen die huidige spoed wat ek die 95gr Bergers in my .243 skiet, klop ek die .22 250 met slegs 0.4" windskuif op 300m in n sterk 15mph wind vanaf 9 uur. Maar die .22 250 klop hom met meer as n duim in trajek oor dieselfde afstand.

Gaan lees hier oor die ontwikkeling van hierdie kombinasie

http://jaracal.com/index.php/topic,7790.0.html
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

Gerrit, ek kan meer met jou saamstem nie. Klein Daantjie is n uitsonderlikke talent wat ons mooi moet oppas en vertroetel. Hy gaan nog groot naam in die skiet w?reld maak, w?reld wyd.

Dit is een maal in n mens se leeftyd wat so n besonderse talent verby kom, en ek kan net dink hoe trots pa Jacques Obermeyer op hom moet wees.
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: 615m Jakkals - Etiek

Post by JohanP »

Gelukkig het hy die vos dood geskiet, al het dit drie skote geneem (lyk soos drie skote ja, al wys die video net twee)
Nou dit grens vir my na aan oneties...

Edit: (Ludwig) Met verwysing na HIERDIE onderwerp.
Last edited by JohanP on Thu Nov 08, 2012 8:41 am, edited 1 time in total.
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Re: 615m Jakkals - Etiek

Post by JohanP »

Ek glo nie wat ek alles op Youtube en enige "Tube / discovery kanaal" sien nie.
Interressant dat die man op 600m terloops met sy verkyker daar in die berg in gesit en kyk het, en die vos gesien loop het, en toe 2 skote geskiet het om die dier te dood.

Ek dink eerder, as mens na die skote op die vos kyk, asof die 1e skoot nader afstand was, en die vos se bek af geskiet het.
Hy het toe die gewkwesde vos gevolg met binocs, tot waar die vos onder die boom gaan l? het (615m), en vandaar die twee skote wat ons sien op die video (as dit nie ge redigeer was nie)

Dis altyd die probleem met sulke klas videos.
Die kyker weet nie wat werklik gebeur het nie, en sien net wat die regiseur jou wil laat sien.

Kyk maar na visvang videos, mens sal sweer die man kom by die water, haak pap aan, gooi in, en onmiddelik vas aan ? monster vis, en dit gebeur keer op keer in die halfuur program.
Min wetend, die program is oor 6 maande verfilm, en daar was nooit pap aan die hoek nie, en dit is wat nie vir jou vertel word nie.

Met eties bedoel ek, die jagter is die dier is ? onmiddelikke doodskoot verskuldig.
Of dit nou trofee is, of "vermin"
Dit is net my opinie, en ek dwing niks af op niemand nie. Mense kan self besluit.

Dis egter knap skietwerk op so ? lang afstand, wat nie in enige man se broek sit nie
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Re: 615m Jakkals - Etiek

Post by Eugene »

JohanP wrote: Kyk maar na visvang videos, mens sal sweer die man kom by die water, haak pap aan, gooi in, en onmiddelik vas aan ? monster vis, en dit gebeur keer op keer in die halfuur program.
Hoe vang jy dan vis?  :angel: :angel: :angel:

Maar ek stem met jou saam, mens is nie altyd seker of jy die volle prentjie sien nie. As dit die waarheid is, is dit baie goeie skietwerk!
Aim small, miss small
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Re: 615m Jakkals - Etiek

Post by JohanP »

Ludwig wrote:
JohanP wrote: Met eties bedoel ek, die jagter is die dier is ? onmiddelikke doodskoot verskuldig.
En gebeur dit elke keer in die veld met jou dat as jy 'n bok skiet hy net daar mors dood neer val met 1 skoot? En as dit nie die geval is nie, en jy het kans op 'n 2de skoot, gaan jy skiet? Ek het al 'n bobejaan wyfie se arm af geskiet, en ek moes haar te voet agterna sit, en hele rukkie later kon ek weer kans op skoot kry, en ek het dubbeld seker gemaak die keer. Maar was my optrede dus oneties omdat ek nie die bobejaan met die eerste skoot kon dood nie? Alles gebeur nie altyd in die veld 100% perfek nie, en onmiddelike doodskote is soms 'n luxury. SOms het iets verkeerd gegeaan waarvoor jy nie kon beplan of kon voorsienning maak nie. Dit gaan eerder oor hoe jy daarna optree. Los jy die dier om te lei terwyl hy weghardloop, om iewers te loop vrek. Of sit jy hom agterna, en maak klaar wat jy begin het?
Nee, jou optrede was nie noodwendig oneties nie. Daar kan onvoorsiene dinge plaasvind op die jag veld.
Mens kan egter nie jou lewe beplan en reel rondom onvoorsiene dinge nie.
Die jagter wat egter elke keer 2 of 3 skote moet skiet om sy prooi te dood, moet die fout gaan soek, iewers, en dit regmaak.
Ek laai altyd 3 patrone wanneer ek gaan jag, mens weet nooit....
En jy is 100% reg. Jy MOET jou taak klaarmaak waarmee jy begin het.

Een van my credo's strook met baie van die jag organisasies s'n
"As jy nie 100% seker van jou skoot is nie, moet nie skiet nie"
Dis vir my ? heel ander saak as jy na papier skiet, maar na ? lewende teiken, so groot soos ? Cocker Spaniel op 600m+, ek weet darem nie daarvan nie.

Iets wat ek nooit sal vergeet nie, het gebeur toe ek nog ? tjokkertjie was. Waarskuwing... Laaaang storie wat volg  ;D
Op my oom se plaas in die Suid Vrystaat het die insident gebeur.
Daar groei boggerol kniehoog, en blom oranje in die dorre somer.
Hy het altyd met sy .243 (as ek reg onthou) in sy bakkie gery, en dan sommer skielik tot stop gekom, en op meerkatte geskiet wat hy sporadies gesien het.
Toe ek hom die dag vra waarom hy die meerkatte skiet, toe s? hy, dis omdat hulle gate in die grond grawe, die skape trap in die gate en breek hulle bene. Dit het vir my baie sin gemaak op daai tyd, want die skape is belangrik.
Toe ons by een van die "gate kom" waarop hy geskiet het, toe l? meerkat se kind daar, so half lyf in die gat.
Ek vra toe my oom of ons nou die gat gaan toeskop, want my insiens was die taak mos nou half voltooid. Meerkat is dood, maar sy gevaarlike gat bestaan steeds...
My oom het na my gekyk en ges?.. Moet jou nie met my slim hou nie.. en ons het verder gery. Die gat is seker steeds vandag nog daar, besig om skape te vang en hulle bene te breek...

Meskien het dit vir my baie ges? oor sy lewens uitkyk, maar dit het vir my een van my lesse geleer oor die waarde en respek vir lewe en lewende wesens.
Maar, byges?, oor die algemeen, al die jagters wat ek ken, het baie respek vir hulle prooi
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Re: 615m Jakkals - Etiek

Post by BLOK »

Jakkals skiet is nie jag nie, dit is probleemdier beheer.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Re: 615m Jakkals - Etiek

Post by James Wilson »

BLOK wrote: Jakkals skiet is nie jag nie, dit is probleemdier beheer.
Dit is maar so!

Ek sukkel om die woorde jagetiek en jakkals in een sin te se.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Ek weet hoe baie van ons oor jakkalse voel, maar 'n dier is 'n dier. Een het nie meer emosie of meer gevoelens of dra 'n ho?r rang as ander nie. Enige so 'n tipe rang wat die mens op diere probeer plaas het met emosie te doen. As dit by morele waardes en jag etiek kom, kan jy nie een dier anders hanteer as 'n ander nie. Ek vind dit baie baie skokkend dat dieselfde jagters wat so te kere gaan oor manne wat ernstig langafstand jag en bokke verder as 600m skiet, geen probleem daarmee sien om sogenaamde "probleem diere" op daardie afstande self aan te vat nie, meestal sonder die nodige kennis, toerusting en vaardigheid. Nou dit is sonder enige tywfel in my boek oneties.
Ek wil daarby aansluit deur te s? dat etiek, in my opinie, behels dat jy nie verder jag as die maksimum afstand waarop jy met selfvertroue kan skiet en waartoe jou toerusting in staat is nie. Ongeag of jy jakkalse, springbokke of bosduiwe skiet.
Aim small, miss small
Post Reply