My twee jaar koedoe
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
My twee jaar koedoe
Hallo Mede Jagters
So 2 winters gelede, dit voel soos 3, het my skoonpa net terloops genoem dat die koedoebul wat daar by die lusern bak staan darem baie oud lyk. Hy dink die bul moet geskiet word anders vrek hy sommer net waar ons hom nie kry nie. Die spesifieke bul het so wit kolletjie op albei boude, tussen die laaste 2 strepe. Dit was dus maklik om die bok te identifiseer?. by die voerplek. Daardie dag het my jag begin vir 1 koedoe bul op amper 800Ha, deur die week in my gedagtes en naweke op die plaas.
Die plaas het mooi oop dele, gras vlakte tussen groot karee bome en ander met rosyntjie bos. Dis egter nie koedoe bly w?reld nie. Hulle weggekruip plek is die Bos wat werklik ruig is, 60ha, baie olienhout, karee, bosfluweel. Die enigste manier daar deur is met die baie paaie wat dit deurkruis in ?n rooster patroon. Daar is ook die Eskom hoogspanning drade wat oploop teen die koppie en die area onder dit is natuurlik skoon gesny.
Ek het daardie paaie in die bos baie gestap, elke keer as ek ?n kans kry was ek daar in. Die enigste manier was om voetjie vir voetjie baie stil te stap. Ek het baie keer die wild hoor wei, takkies kraak, gras knars of blare ritsel. Ek sit dan stil en 20m voor my stap ?n troppie Willebeeste oor die pad. Ek het al koedoes in die bos gekry wat amper geruisloos wei en lang tye staan en luister en kyk. Maar nooit die groot bul, hy was wel elke wintersmiddag by die lusern.
Nog ?n winter (2011) is verby, ek het herlaai ontdek en die Forumiete van Jaracal. Een Saterdag het ek ?n jagter vergesel deur die bos, terwyl die ander 2 die oopdele gejag het. Die meeste ouens vind die bos te ruig maar vir my het dit ?n bekoring want ek weet al waar die gangetjies is, kruis paaie en waarvoor om te luister. Daai oggend het ons die bul gekry, hy?t so 120m voor ons uitgehardloop en gaan staan in die oopte onder die kragdrade. Maar ek was nie reg en die kans was verby. Ek het gedink dit was my laaste kans die winter, met so bok is daar nie baie nie.
Hierdie lang naweek moes ek uithelp op die plaas, skoonpa het ?n voet operasie gehad. Daar sou 3 jagters kom jag, waarvan een nog nooit iets geskiet het nie, en ook nie ?n geweer gehad het nie. Walther het homself toe baie goed van sy taak gekweit en teen Donderdag middag was ?n mooi varkie in die koelkamer. Vrydag oggend vroeg is ons uit agter sy rooibok aan. Na so uur se stap gewaar ek 2 ramme op 90m, rustig aan die wei in die oggend son. Hy?t aangel? oor die stokke, toe die skoot klap val die ram staan weer op maar val toe finaal. Toe ons by hom kom was hy reeds dood.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Ek was baie bly die jag het so goed afgeloop, natuurlik ook omdat dit my weer tyd in die veld gegee het. Ek het die rooibok vinnig afgeslag en toe is ek weer uit veld toe. Die ander 2 jagters was toe nog nie op die plaas nie. Hulle moes maar net bel en laat weet wanneer hulle wil gaan inskiet. Ek is weer deur die Bos, rooibokke, rooihartbeeste en blou wildebeeste het my pad gekruis. Bo teen die grensdraad is ek op teen die koppie, tussen die ou klipkrale van die Bakwena stamme deur. Bo gekom merk ek op dat Eskom die area onder die hoogspanning met so 10m beide kante vergroot het en daar is reeds so 1km op die plaas se lyn ontbos. Dit gee ?n lekker oop vlakte en ek gaan sit teen een van die klipmure en observeer wind-op. Niks beweeg, selfs nie in die deel wat nie ontbos is nie. Ek het vir 45 minute gesit en besluit om huiswaarts te keer vir middagete. Ek stap reguit windop dus volg ek die kraglyn en sal voor erens afswenk, daar is altyd ?n kans vir ?n rooibokkie oppad huistoe. Ek dink my kop was moeg en erens anders want eweskielik blaf ?n koedoe so op 50m net regs op die rand van die kaplyn! Dis 2 bulle een die met nou inkrul horings die ander het wye horings, maar hulle is met krakende takke die bos in.
Die middag was jag uit. ?n Vriend van my het sy S&O Nikon Pros-staff kom inskiet. Ek was baie beindruk met die teleskoop en die kwaliteit wat mens kry vir die prys! Daar was ook nog ?n springbokboudjie wat rustig gebak het in die oond. Die inskiet het toe sommer oorgegaan na ?n kuier en ons het lekker sit en wyn drink terwyl ou witkol lusern staan en vreet het 25m van ons af. Die ander ?jagters? het toe gearriveer en genadiglik ges? hulle is reg niemand wil nog jag. Dit gee my die hele Saterdag.
Met ?n maag vol rooiwyn en Kimberly springbok het ek lekker gedroom van koedoe jag. Ek was Saterdag oggend voor die wekker wakker. Daar was iets in die lug ?n voorgevoel van ?n groot gebeurtenis. Ek het sommer eerste ding my kamera reggesit met die regte lens. My eerste BWB is met ?n vaste 300mm lens afgeneem ? my vrou wou nie verder terugstap nie ?dis ek en ?n stel horings!
Die res van die my jag toerusting was reg en ek is uit die huis voor een van die huismense nog roer. Dit was ysig koud die dam voor die huis het ?n ys laag opgehad. Ek is Bos toe. Voetjie vir voetjie, baie spore, heen en weer te veel om te volg. Die tortelduiwe se koer is hard, dis al wat ek hoor soos wat dit helderder word, die bos self was doodstil. Na ?n uur se stap met die son wat begin loer oor die Magalies hoor ek iets wei in die bos. Ek gaan sit en wag vir die diere om hulself te wys.Tussen die takke deur sien ek die donker rooi lyf van ?n Rooihartebees. Daar was ook ?n oop kaartjie vir ?n volwasse bul en hulle was hoeka die laaste ruk lekker skaars. Ek hou hulle dop beweeg voorentoe, een staan in die pad en kyk in my rigting. Skielik blaf ?n koedoe regs agter my seker so 80m n die bos in. Erens het die wind gedraai en hom van my teenwoordigheid vertel. Dis ook die laaste sien van die trop hartebeeste.
Ek het verder in die bos in geloop, ?n groep koedoes gekry maar hulle is vort voor ek ?n groot bul kon identifiseer, wat nog van ?n witkolletjie. Ek het die wind dop gehou en dit het stadig begin verander ek kon dit voel in my nek en ek het aanstaltes gemaak na die grensdraad. Daar kan ek 90 grade draai en koppie toe stap na die kraglyne en dan sal ek weer kan uitkyk met die wind van voor.
Ek het die oopgekapte area baie versigtig benader, elke droe? stokkie misgetrap en elke kw?vo?l se skor stem verwens. Die koppie se 300 jaar oue klipkrale vorm sulke terrasse wat effens jou uitsig versper oor die oopgekapte area. Ek het stelselmatig die gebied voor my deurgewerk, maar kon geen beweging of dier sien. ?n Paar tree voorentoe en weer werk ek die nuwe dele deur ? niks. Nou ja so gaan dit met koedoe jag.
En toe op die laer vlak reguit voor my, net oor ?n stapel klippe beweeg die kenmerkende swartgrys krulle van ?n koedoe bul, my mond is droog en ek hoor my hart klop. Af, grond toe, skietstok neer, hoed af, masker oor die gesig ? my mond is droog. Ek lig effens en kyk deur die verkyker, dis ?n jongbul op sy eie. Af, wag, kyk weer, daar is ?n grote by, wye horings sommer so weerskante van sy lyf. Ek rek bietjie verder om sy lyf te sien, maar daars nie ?n kol nie. Ek sien nog ?n bul die een met die nou diep krulle. Ek besef ek moet nou in ?n skiet posisie kom ingeval myne ook saam loop. Ek kryp voorentoe deur die afgesnyde sekelbos en los klippe, gelukkig het ek leerhandskoene aan. Die kruip voel soos ?n ewigheid en ek durf nie opkyk, nie tot ek by die plek is waarvan ek wil skiet nie. Uiteindelik is ek by die hoop klippe. Ek trek myself leeu wyfie plat en loer oor die klip. Eerste bok wat ek sien is die enigste Gemsbok bul oor op die plaas, plank dwars en ek wonder of ek hom nie maar moet skiet nie. Die 3 bulle wat ek reeds gesien het stap almal windop weg van my af, salig onbewus van my. Uit die hoek van my oog sien ek ?n bok beweeg, koei met ?n kalf wat uit die ruigtes uit stap. Nog ?n eendraai bul stap uit en toe regs van my stap ?n groot bul uit. Verkyker, witkol links agter dis hy! Nie een van die bokke weet van my, die wind is perfek. Ek stut die FN Browning op my handskoene teen die klip, die bul is 80-90m skuins af, hy draai effens skuins met sy linker skouer na my en stop om ?n bossie te vreet. Dis nou, die Zeiss kruishaar skuif net agter die linkerbeen op, ?5cm laag op 100m vir die 220 greiners?. Die bok is stil, ek sluit alles uit, my vinger druk en doef tjoep. Ek sien hoe hy swik en dan wegspring reguit na die kant se ruie bos, 10, 20m en hy is weg. Die res van die bokke laat waai.
En daar sit ek, ek neem die oomblik in, vat ?n paar groot slukke water en herleef die sekondes van die skoot. Ek staan op en loop na die plek, links draai ?n ou ongebruikte pad af en dit loop reg langs die bos af waarheen hy gehardloop het. As hy daar binne was en nog leef sou hy moontlik terug kyk op sy spoor en my nie sien van die kant, dink ek. Ek sluip af met die pad reg om vinnig te skiet. Meter na meter tuur ek in die bos maar ek sien niks, geen bene wat beweeg, of bok wat l?. Dalk was die skoot te laag?
Nou ja ek glo nie mens kan vir die Here vra om jou ?n bok te gee nie, maar ek het wel gebid dat as ek hom kry dit ?n goeie skoot sal wees dat so ?n pragdier nie moet ly nie. Tien tree verder l? hy in die koelte van ?n boom, rustig asof hy slaap, net die dun straaltjie rooi bloed teen sy been vertel die ware storie. My 2 jaar koedoe het ek gekry. ?n Wonderlike skaak spel was verby, ek het elke tree waardeer wat ek agter hom aangestap het, dit bring eer aan Hemingway se ?Grey Ghost? van Afrika.
https://lh3.googleusercontent.com/-u4sF3OUVkDo/UsblvOBmYUI/AAAAAAAAE1o/6ObsEt1ayWg/w432-h576-no/Aug+lang+naweek-3.jpg
https://lh3.googleusercontent.com/-OC0ehM8d7Lc/URSRYPYebcI/AAAAAAAAEMw/_Cv22U2bHnM/w615-h692-no/IMG-20120811-00350.jpg
https://lh6.googleusercontent.com/-sQ_UJy3eP48/Usbl1xYaiVI/AAAAAAAAE2E/FQbsGuItPKU/w720-h480-no/Koedoe.jpg

Last edited by Carl on Fri Jan 03, 2014 6:34 pm, edited 2 times in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Vincehond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm
Re: My twee jaar koedoe
Wel verdiend my maat.
So iets is altyd n belewenis en glo tot vandag wat my Oupa my geleer het, dat so bok vir jou gegee word.
Baie geluk met die prag dier.
Groete
Vincent

Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: My twee jaar koedoe
Baie Geluk!
Baie mooi storie en Baie Mooi bok!
Welgedaan!!!
Baie mooi storie en Baie Mooi bok!
Welgedaan!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: My twee jaar koedoe
Baie Geluk en baiie goed geskryf.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: My twee jaar koedoe
Mooi, pragtig,briljant. Dit is 'n baie mooi dier daardie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Re: My twee jaar koedoe
Carl, mooi geskryf en mooier geskiet !
Baie geluk !
Baie geluk !
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: My twee jaar koedoe
Carl
Baie geluk. Dis 'n mooi bul daai, en ek is amper te bang om te vra hoe lank sy horings was en wat hy geweeg het, want ek is bang dit (my vraag, nie die grootte nie) doen afbreek aan jou storie.
Daar is so baie ouens (myself ingesluit) wat soms die emosies, rondom so geleentheid, besoedel met die gejaag na groter en swaarder en verder.
Dit was lekker om jou storie te lees.

Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Dankie manne! Horings was 50 en 53.5" (129 en 136cm). Gelukkig was daar nie 'n bul met 'n wit kolletjie by die lusern die middag nie.
Maar dit lyk of daar nog oor is op die plaas.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: My twee jaar koedoe
Carls, congratulations on a great kudu and a great hunt. You did it the hard way when you could have taken the easy way. Give yourself a Bells for that, or, if you prefer, nog n' glasie rooiwyn. Mooi gedoen en mooi geskryf.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: My twee jaar koedoe
Baie mooi storie so uit 'n regte jagter se mond!! Ek kan die respek vir die natuur aanvoel in jou skrywe.
Geluk met die jag!
Dawie
Geluk met die jag!
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: My twee jaar koedoe
Baie mooi gekryf...Baie mooi bok.
Iets baie spesiaal.
Iets baie spesiaal.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "

- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: My twee jaar koedoe
Dis darem lekker om so hard te werk vir iets en dit dan te kry
Ek is seker n ou waardeer dit sommer baie meer
Goeie werk Carls

Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: My twee jaar koedoe
Dis mos nou hoe n kudu gejag moet word.
Dis mos hoe n jagter wat sy kudu gekry het na n harde jag moet glimlag!!!!
Wel gedaan Carl en baie mooi geskry.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: My twee jaar koedoe
Baie nice storie, dis hoe 'n man dit moet doen 
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: My twee jaar koedoe
Carl,
Pragtig geskryf en n welverdiende ou bul.....
Groetnis

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Dankie dis n voorreg om dit met julle te kan deel.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Ek het gister die biltong gesny na die week se hang in die koelkamer. Die vleis lyk pragtig. Ek het die opgesnyde dele stuk-stuk geweeg die totaal was 149kg.
Ek het orals gesoek kon nie die Nosler kry nie.
Ek het orals gesoek kon nie die Nosler kry nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: My twee jaar koedoe
Baie geluk met 'n pragtige bul ek sien ek het hom toe klein bietjie oorskat met so duim met jou post waar hy gevra het oor skootplasing en horing lengte.
Ek het ook al 'n bul vir so 3 jaar lank gejag op oop grond en was baie bly toe ek hom uiteindelik kry maar hy het toe net 50" gemeet maar is nogsteeds my beste koedoe jag tot datum.
Mooi gedeon en mooi geskryf jy kan baie trorts wees op daardie bul ek sou wees.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Shakes
- Newbie

- Posts: 28
- Joined: Mon Apr 30, 2012 9:13 am
Re: My twee jaar koedoe
Baie mooi Carl,
Bly om te sien jy het hom darem gekry.
Mooi storie ook.
Bly om te sien jy het hom darem gekry.
Mooi storie ook.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: My twee jaar koedoe
Geluk Carl man, ek het daai Kudu bulle elke aand se bekyk terwyl ons rustig om die vuur sit. Het nogals vir Braam gese daar is 'n paar bulle wat maklik 52" sal maak.
Bly om te sien daar is darem nog Rooibokke ook

Groete daar.

.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Dankie Piet, Shakes en Frederik.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Net nog 'n stukkie terugvoer. Ek het die biltong self gesny en gemaak, met my eie mengsel van sout, koljander, swartpeper, bruinsuiker en asyn. Ek hou nie van die goed in gekoopte kruie mengsels!! Nou ja die bok het n volle week gehang voor ek gesny het. Die billies 3 dae gehang en al wat ek kan se dit loop baie mooi! Die vleis is nie taai. Baie lekker biltong.
Gaan die naweek Derby se koedoewors droog en braai toets.
Gaan die naweek Derby se koedoewors droog en braai toets.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: My twee jaar koedoe
Hallo
Ons het die trofee in Desember terug gekry. Nek so raps dikker as my bok. Jammer vir die foto kwaliteit.
https://lh4.googleusercontent.com/-gnRPMIKqSUo/UPQL1QSCAeI/AAAAAAAAEE4/EdE-NepNCL8/w480-h720-no/IMG_7385.jpg

Last edited by Carl on Fri Jan 03, 2014 6:40 pm, edited 2 times in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: My twee jaar koedoe
beautifull!