Op soek na 'n eerste bok

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Op soek na 'n eerste bok

Post by Carl »

Ek het bietjie tyd gehad om oor die 2 die lang naweke te gaan soek vir ’n jong rooibok ram. Die kinders moet biltong kry en die rekening moet oop vir die seisoen. Ek kon ook ’n varkie skiet vir die gras dek span. Ek het hoog en laag gesoek en net nooit ’n vark gekry wat ek kon skiet nie. Soms ’n sog gekry maar dan was die kleintjies nog maar baie klein, niks wat alleen geloop het nie en nooit ’n jong beer nie. Jong rooibok ramme was net so 'n skaars spesie. Ek het seker 30km gestap en baie wild gesien maar die regte ram het my ontglip. Ek het ’n skoot op sulke opgeskote 2011 lammers gehad, maar hulle lyfies is darem nog dun. Ek het enkel groot ramme gekry naby en vêr, maar het hulle vir die besoekers gelos.

So in die loop het ek weer so baie beleef wat loop en jag so lekker maak.
• Ek was 2 keer binne 50m van die elande wat rustig wei glad nie geweet ek is daar nie.
• Ek het jakkalse te voet geskiet. Jakkalse gesien loop tussen koedoes. Lekker om te sien koedoe ma duld hom nie naby haar nie.
• Koedoes gereeld gesien, wat ek in vorige jare nie gesien het nie. Ek het groot koedoe bulle mooi in die oopte gekry – die mooiste dier op 4 bene! Ten minste 3 kalfies wat in die laaste weke gebore is.
• Die blouwildebeeste was orals ek was soms so naby ek kon hulle met die selfoon afneem. Ek praat 10m anderkant die bos. Maar laat jy nou ’n bulletjie soek om te skiet...
• ‘n Familie nuuskierige swartkol muishonde, 2 Skops uile helder oordag.
• Maar die rooibokke, selfs die teel troppe met ooie was weg!

Maandagoggend van hierdie week het ek opgegee op die bokke die 30-06 tuis gelos en die 243 gevat op soek na jakkalse. Ek het nog nie my jagkoeels uitgesorteer op die 243 nie maar die NBT 95gr val presies waar ek mik. Ek begin stap deur vir die soveelste keer ’n draai te maak onder die hoogspannings lyne. Die oop gesnyde area bied altyd iets lewendigs wat erens wei en ek het al 2 keer hier jakkies gekry. Ek loer versigting in die Oostelike rigting af, die elande is nog op die koppie waar ek hulle gisteraand gelos het. En toe net so halfpad na die elande sien ek die kenmerkende gebuigde horings van rooibok ramme net bo die gras. Hulle was op 300m maar ek kon maklik nader deur in die bos nader te stap tot by die rivier en dan die dooi grond te gebruik om ’n lê posisie te kry.

Op pad na die manne dwarrel die wind lekker, maar terwyl ek in die bos is, kan ek niks sien nie. Ek kom by die rivier uit en stap 50m regs. Ek begin versigtig teen die wal uit te kruip, voetjie vir voetjie, eintlik knie vir knie. Net voor ek agter ’n gwarrie bos inskuif begin die manne blaas. Ek loer deur die takke en kan sien almal kyk in my rigting waarvan klein bietjies wind aan dwarrel met die jagters reuk. Van waar ek toe sit kon ek nie lê en skiet sleg sit. Ek verskuif na ’n effense hoër deel so 15m regs. Die knol moet ek deel met ’n paar aalwyne en ’n wag-‘n-bietjie wat weer begin uitloop. Ek skuif myself reg en gemaklik, die 2-poot moet ek maksimum lig om die loop mooi oor die gras te hou. Ek wig my linker arm onder die kolf in en probeer rustig raak. Daar is maar altyd so-effe klop in die hart as jy regmaak vir die skoot. Die bokkies blaas nog onrustig en kyk in my rigting maar niemand laat waai nie. Die sekondes tik verby terwyl ek die manne deur die 3-12x50 bekyk. Ek tel 2 jong ramme met bietjie beter lyf as die 2 klein knypkoppe en dan 3 groot ramme. Ek kon meestal net kop en nek bo die gras sien.

Ek besluit om die skoot te vat as als 100% reg is. Toe ek voel die kruishaar lê nou mooi stil is daar een ram wat stip na my kant toe kyk. Ek skuif die kruishaar dat hy middel tussen die oë gaan stilstaan - die pers puntjie skiet op zero op 100m, asem rustig ,druk saggies op die sneller. Toe die skoot loop hoor ek hy klap mooi en die bokke laat waai. Ek los hulle om te verdwyn en kyk vlugtig na die elande op die koppie, hulle staan nog net daar. Ek stap die 106 tree nader, die gesig van die bekende wit pens gee my die gerusteling niks het verkeerd gegaan nie. My 243 se 1ste bok, ek's 'n lekker trotse pa.

Die bokkie hang in die koelkamer tot die naweek, ek moet weer werk in Johannesburg en mis sommer klaar weer die bos.
https://lh4.googleusercontent.com/-ojki21bFKSs/UVrI4uro0BI/AAAAAAAAESs/qwvQbpoKaSI/s678/carl+rooibok.jpg
Lekker week vir julle manne.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by NEGE3 »

Dankie Carl jy vertel dit mooi. Ek kry altyd so leë gevoel as ek by die bok kom en hy lê so weerloos daar. Partykeer wens ek dit was mis net om weer die aanloop te beleef.
Groete
Groete,
Koos de Beer
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by JPS »

Lekker storie Carl,

Jy laat 'n man se lus erg op die grond sleep.

Mooiloop
JP
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Kallie404 »

Dankie Carl............ek het lekker saam gejag. Stories soos hierdie is wat die forum nog altyd vir my bakgat gemaak het, gewone manne wat n gewone rooibok waardeer en die jag geniet ;)
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by henried »

JPS wrote:Lekker storie Carl,

Jy laat 'n man se lus erg op die grond sleep.

Mooiloop
JP
Ek stem saam!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by kopskoot »

Lekker vertel daar Carl. Ek raak nou sommer baie lus vir die bos.

Jy't nie dalk in daai bulletjie vasgeloop nie?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Carl »

Ronald, jy is dan op die speed dial? Ek bel jou van agter die naaste boom. Nee, ek het 'n paar grotes gesien maar nie daardie een nie.

Nege3 ja die loop en soek is baie lekker, die biltongtjies maak op vir die seer van doodmaak.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by LongWolf »

Wel gedaan Carl.

goeie begin vir n goeie seisoen.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by theedge »

Baie mooi , geluk! dankie vir die verhaal
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Geno »

Mooi skoot Carl, mag daar nog baie val voor die .243!
Goed, beter, 6millimeter!
hieha
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Thu Oct 18, 2012 3:23 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by hieha »

Ek is nou so lus vir jag - ek gaan vat sommer die windbuks, skiet 'n duif en braai hom!

Geluk Carl! Lekker storie!
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Smiley »

Mooi gedoen Carl, hoop jy geniet daai sout happies.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Piet Pille »

Dankie Carl- dit was nou lekker lees ;)

Daardie is darem 'n knap skootjie- lyk of daai .243 lus is vir komende winter!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by kopskoot »

Carl

Ek het vergeet om te se: Mooi skootjie daai. Moet dit egter asb nie weer doen nie....... dis my werk ::)
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Lourens Potgieter »

Baie mooi vertel en baie mooi geskiet!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Gawie(13mm) »

Netjies. Die 243 brigade is trots op jou.
Dankie vir die lekker storie. Ons sien uit na die vervolg. ;)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Riaan Beeslaar »

Baie geluk Carl
Sowaar 'n voortreflikke skoot en bok.

Groete
Riaan
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Carl »

Dankie vriende, van my geelvishengel skryf dae geniet ek dit om die stories te deel. Dit help immers om die ergste lus te demp of aan te wakker.
As die geweer so mooi saamwerk met die NBT sal daar dalk nog 'n bok of twee wees, kry Saterdag 1250!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Hercules Breitenbach
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sat Apr 21, 2012 11:57 am

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Hercules Breitenbach »

Goeie skoot + goeie roer = goeie resultate
Geluk Carl!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Carl »

Dankie. Ek het die naweek opgesny en biltong gemaak. Die bok was 28kg vel aan na 'n week se hang. 3 dae dan eet ons die eerste vars biltong van die jaar.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Op soek na 'n eerste bok

Post by Jaco B »

Mooi vertel en goeie skoot.

Baie Geluk, jy maak my nou erg lus vir jag. Kan nie wag tot einde van maand vir my eerste jag van die jaar nie.

Geniet die biltong!!!!
Post Reply