55gr V-Max
3200vps
300 meter
1.3" groep
So 11H00 in die oggend net voor die wind begin het, maar daar was al klaar mirage.
Het my teleskoop gezero vir 100,200 en 300 meter.





Ek sien in die kompetisies mag daar nie altyd n bipod gebruik word op daardie afstande en soms moet jy dit vanaf n ongemaklike blok doen en hier word die drywer se vermoe rerig getoets.Hercules Louw wrote:Ludwig
Die Safari & Outdoor SA Jagters se Mees Veelsydige Skut skietkompetisie is die afgelope naweek aangebied en een van die items was 5 skote uit die lê posisie met ondersteuning na die jakkalsteiken op 300m. Die groeperings is ook gemeet waarvan ek die beste 15 groepe van die dag hieronder aantoon, wat dan inpas by jou onderwerp van 5 skoot groepe op 300m, maar ongelukkig is daar nou nie foto's beskikbaar nie.
Die jakkals is omtrent 10uur die oggend geskiet en die temperatuur was toe al tussen 28 en 30 grade C. Daar het 'n ligte wind, so tussen 4 en 6mph, uit die 3 uur rigting gewaai. Die mirage het goed geloop. Die jakkals het nie 'n baie duidelike mikpunt nie en die skuts gebruik gewoonlik die middel van die voorbeen en die punt van die neus as verwysings om die posisie van die hart, die eintlike mikpunt, te bepaal. 5 minute word toegelaat vir die 5 skote en daar lê sowat 20 skuts langs mekaar tydens die skiet op elke aflossing. Uit die beskrywing kan dus gesien word dat dit nie noodwendig die mees ideale omstandighede vir langafstand groeperingskiet is nie, en in die lig daarvan beskou ek die resultate hieronder as werklik uitstekend. Let daarop dat daar 3 dames in hierdie 15 kleinste groepe val.
1 Hattingh Gawie - 37mm
1 Conradie Alewyn - 37mm
2 de Beer Gerrie - 39mm
3 Kirstein Chris - 44mm
4 Smith Sarel - 45mm
5 Van Tonder Flippie - 48mm
6 de Beer Laetitia - 50mm
7 Labuschagne Erna - 53mm
8 Van Wyk Stephan - 54mm
9 Carr Peter - 55mm
10 Minne Jean - 55mm
11 Wetzlar Derek - 59mm
12 Louw Hercules - 60mm
13 Yssel Michelle - 60mm
14 du Preez Dolf - 64mm
15 Yssel Johann - 64mm
Gawie Hatting wat die kleinste groep geskiet het, het dan ook 'n voltal op die jakkals geskiet. Hy gebruik 'n 308 met 155gr Sierra match.






BAIE dankie CorneCorné v.d. Vyver wrote:Hi Marc,
Ek het 'n program wat daardie groepering van jou uitwerk volgens die R5.00 munstuk wat jy neergesit het as verwysing en jou kaliber grootte.
Al 5 skote - 37.69mm
Boonste drie skote - 16.66mm
Hoop dit help.
Groete,
Corné






Ek ken daai gong! Kom hy van Moorreesburg af?Arnold wrote: http://db.tt/bqY4M6lu






