TPL: rule of thumb
- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
TPL: rule of thumb
Sommer so in die algemeen: waarvan hou die meeste gewere? n koeeell wat diep geseat is of eerder n koeeeel wat nader aan die lande geseat is?
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: TPL: rule of thumb
Ek gaan seker nou jou hele thred skuins gooi, maar dis tog n eerlike antwoord.
My jump op my 7x64 is 14mm.....
Groete
My jump op my 7x64 is 14mm.....
Groete
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: TPL: rule of thumb
Nee man Stefan, sies!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: TPL: rule of thumb
Ek sou se gewoonlik van 0.2mm tot 1.5mm iewers....
....en 14mm op 7x64's... :-)
....en 14mm op 7x64's... :-)
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: TPL: rule of thumb
Die ding wat my hier meeste pla is as volg:
In teorie soek my 308 'n jump van bv 0.3mm vir beste groepe....maar my magasynkas laat net TPL toe van bv 71mm, wat my 'n jump van 0,75mm gee....nou kan ek nooit optimaal laai nie behalwe as ek van hom 'n plank maak...
OF
Gaan ek verder terug in my TPL, anderkant van die kurwe, en soek my optimale jump daar?
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: TPL: rule of thumb
Daai is maar my probleem ook Cobus.
Laai maar maks magasynlengte en dan korter van daar af en hoop vir die beste.........
Laai maar maks magasynlengte en dan korter van daar af en hoop vir die beste.........
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: TPL: rule of thumb
Dan kan ons maar QL weggooi en Sonchem boek nadersleep.......terug middel eeue toePieter Vorster wrote:............ en hoop vir die beste.........
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: TPL: rule of thumb
Ek kan hier verklaar - ek het nog nooit aktief dieselfde lading gevat en dan die koeël in inkremente korter gemaak en geskiet om die sweetspot te kry nie. My standaard reël was nog altyd 1mm korter vir loodkern en 2mm vir monos. Resep het sovêr vir my praktiese jagakkuraatheid gegee.
Die ammunisievervaardigers hou gewoonlik by CIP en SAAMI se aanbevole TPL (Somchem bly naby daaraan) en die Sako 55gr wat ek nou in my 223 skiet maak baie mooi.
Die ammunisievervaardigers hou gewoonlik by CIP en SAAMI se aanbevole TPL (Somchem bly naby daaraan) en die Sako 55gr wat ek nou in my 223 skiet maak baie mooi.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: TPL: rule of thumb
Marius, ek hoor jou.....maar wat as daar niou , sweetspot op 0,2mm lê wat vir jou 6mm groep gaan gee, en jy 1)toets nooit daarvoor of 2)magasynkas laat dit nie toe nie...?Sonchem gee my ook aanvaarbare jaggroepe, maar ek wil strewe na 1gat groep...
Cheers
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: TPL: rule of thumb
Ek het raad vir maagseer - hou op stres. Miskien is dit omdat my werk vir my baie keer illustreer dat gewone basiese tegnieke akkurate praktiese resultate gee dat ek volstaan met 1 duim groep op 100m. Ek gaan miskien 5% van my jagtyd verder as 300m skiet. Ek beplan dus vir die 95% en 1 duim is vir my hier genoeg. Jou geweer skiet baie akkurater as wat jy dit kan rig. Oefen dus eerder jou skietvermoë - in 'n ander post het ek genoem dat met 'n 24 duim loop 1 mm beweging voor 'n verplasing van 1,64m op 1000m veroorsaak = 0,16m op 100m. Jy moet dus binne .1 van 'n mm rig om 16mm op 100m te kry. Daarom my klem op jou' vaardigheid. (The nut behind the butt)
Vir jakkalsskiet is jul gewone afstand minder as 200m. Alles binne 'n 2 duim sirkel is 'n dooie haghals. Ek kan daarmee saam leef.
Vir jakkalsskiet is jul gewone afstand minder as 200m. Alles binne 'n 2 duim sirkel is 'n dooie haghals. Ek kan daarmee saam leef.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: TPL: rule of thumb
Cobus en Pieter. Vir twee van my drie gewere (die derde een se ladingontwikkeling is nog nie klaar nie) het ek twee verskillende TPL wat vir my sub MOA akkuraatheid gee. Dus reken ek julle kan verseker teruglaai en is feitlik seker dat jy by n tweede TPL sal uitkom wat werk.Cobus(Cobb) wrote:Marius, ek hoor jou.....maar wat as daar niou , sweetspot op 0,2mm lê wat vir jou 6mm groep gaan gee, en jy 1)toets nooit daarvoor of 2)magasynkas laat dit nie toe nie...?Sonchem gee my ook aanvaarbare jaggroepe, maar ek wil strewe na 1gat groep...
Cheers
In my 30-06 met Hornady IB 180gr is my jump 0.8mm en n dodelike akkurate 4mm (TPL is 81mm)
In my .243 is met beide 80gr Nosler Bal tip varmint en Nosler bal tip hunt die TPL 69mm alhoewel die 80gr se jump 1.06mm is, en die 90gr se jump slegs 0.74mm is.
Veiligheid eerste manne!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: TPL: rule of thumb
Hallo manne
As jy na die fyn skieters luister is daar iets soos n idiale TPL. Hierdie is nie so seer gebasseer op n spesifieke wapen nie maar het eerder te doen met die kaliber en die koeel kombinasie. Dit kom neer op die volgende.
Die koeel se gedeelte waar die skag oorgaan na die bootstert of in die geval van n platbasis koeel daar waar die skag eindig moet basies 0.025" geseat word voor die interseksie van die skouer en die nek gedeelte van die dop. Baie kompetisie skuts sny hulle vryboor van hulle kamers volgens hierdie kreteria.
Die verduideliking van hierdie teorie is nogal ingewikkeld en kompleks. As ek dit nie mis het nie het Ludwig dit al van tevore hier erens geplaas. Ek dink dit is onder die langafstand gedeelte maar is nie seker nie.
Ons kan hierdie ook gebruik in ons gewone gewere en dan opwerk na jou nodespoed of deur enige ander ladingontwikkelings proses gebruik te maak. n Mens is natuurlik onderhewe aan jou geweer se demensies soos magesynkas lengte en vryboor onderskeidelik, maar indien dit toegelaat word kan n mens hierdie gerus probeer.
Ek het dit toegepas met groot sukses in my 6.5 Creedmoor en Berger VLD koeels in 130 en 140gr en dit het beter groepering opgelewer as met n TPL wat die lande kiss.
Groetnis
Wouter

Nee glad nie. Maar dit help veel QL gee vir jou 'n TPL wat gladnie in jou magasynkas pas nie.... Dus, wat ek doen is om die nodespoed te kry met 'n lading en dan die QL TPL te vervang met jou maks. magasynkaslengte. En dan in inkremente van van 0.2mm korter te toets totdat jy hopenlik (lees "hoop vir die beste") 'n aanvaarbaarde groep te kry sodoende. QL kan dit nie waarborg nie, want jy't die kriteria verander, maar jy't nie werklik 'n keuse nie (behalwe as jy tevrede gaan wees om een-een patrone in jou magasyngeweer te laai tydens jag).Cobus(Cobb) wrote:Dan kan ons maar QL weggooi en Sonchem boek nadersleep.......terug middel eeue toePieter Vorster wrote:............ en hoop vir die beste.........![]()
![]()
![]()
Cheers
Uit my ondervinding het QL in beide my .270 en .375 langer TPL's gegee as wat my magasyn kan akkommodeer, maar in beide kalibers kon ek wel goeie groepe kry deur die nodespoed te hou en verder met 'n aanvaarbare (lees magasynkaslengte) TPL rond te speel. Dus is dit volgens my nie nodig om "QL weg te gooi en.... terug middeleeue toe" te gaan nie- die QL voorspellings kan nogsteeds vir jou geweer werk, al stem die TPL nie noodwendig ooreen nie. Bietjie duim vashou en toets (aka "hoop vir die beste") het darem nog elke keer vir my in hierdie gevalle (waar magasynkaslengte jou beperk) gewerk.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: TPL: rule of thumb
Kan jy die nodespoed bepaal deur net jou loop lengte te gee en koeel gewig? Of is dit nodig om dopvolume en al die ander goed by te sit?
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: TPL: rule of thumb
Dopvolume maak verseker n groot verskil. Ek kan byv. n hoer node met my vriend se 30-06 haal met Remington doppe as wat ek met my Federals kan, omdat sy doppe nagenoeg 5gr H2o kan vat as my Federals..303 wrote:Kan jy die nodespoed bepaal deur net jou loop lengte te gee en koeel gewig? Of is dit nodig om dopvolume en al die ander goed by te sit?
Dit maak nie net die kruithoeveelheid meer nie, maar ook die druk word direk hierdeur beinvloed.
Veiligheid eerste manne!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: TPL: rule of thumb
Of laat ek dit so stel. Is daar n formule om die obt uit te werk en dan net laai tot jy daardie spoed behaal om die obt te bereik?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: TPL: rule of thumb
Jy sal die node kan uitwerkhttp://dl.dropbox.com/u/39344711/QuikLo ... 20Time.xls maar sal nogsteed QL nodig kry om die spoed uit te werk. As dit so maklik was het almal die goedkoop manier gedoen 
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: TPL: rule of thumb
Baie dankie almal vir die saam gesels! Dis sommer erg lekker!
Soos die dinge daar op die skietbaan en so, op my ore val, klink dit baie na aan wat Wouter daar genoem het.
Wat ek hoor is: plat basis, gelyk aan waar skouer begin, bootstert, waar bootstert begin gelyk aan waar skouer begin.
0.025" is mos darem baie na aan gelyk of hoe!
Soos die dinge daar op die skietbaan en so, op my ore val, klink dit baie na aan wat Wouter daar genoem het.
Wat ek hoor is: plat basis, gelyk aan waar skouer begin, bootstert, waar bootstert begin gelyk aan waar skouer begin.
0.025" is mos darem baie na aan gelyk of hoe!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: TPL: rule of thumb
Uit my ondervinding het QL in beide my .270 en .375 langer TPL's gegee as wat my magasyn kan akkommodeer, maar in beide kalibers kon ek wel goeie groepe kry deur die nodespoed te hou en verder met 'n aanvaarbare (lees magasynkaslengte) TPL rond te speel. Dus is dit volgens my nie nodig om "QL weg te gooi en.... terug middeleeue toe" te gaan nie- die QL voorspellings kan nogsteeds vir jou geweer werk, al stem die TPL nie noodwendig ooreen nie. Bietjie duim vashou en toets (aka "hoop vir die beste") het darem nog elke keer vir my in hierdie gevalle (waar magasynkaslengte jou beperk) gewerk.
[/quote]
QL gee 'n SAAMI of CIP TPL om 'n wegspringplek te hê. Jy moet jou TPL verkry vanaf jou geweer se kamer en magasyn en die dan by QL invoer. Na jy nodespoed gekry het kan jy dan die TPL verkort om na die ideaal te soek. Die velaging in TPL het maar min effek op spoed. Doen dit as eksperiment en jy sal sien 1 mm het min effek.

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: TPL: rule of thumb
Met my 6.5x55 laai ek sommer van die begin af 75.5mm (4-6mm jump).
As ek reg bewe die dag kry ek onder die 15mm groepe met :
129gr Interlock
140gr Interlock
140gr Sierra Game King
140gr Nosler CC
Almal op 75.5mm, solank ek net by een van die QL nodes is. Dit hoef nie
die vinnigste een te wees nie.

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: TPL: rule of thumb
Ek het 'n interessante waarneming gemaak met my 308 Norma. Al my koeëls, ongeag die gewig, word geset volgens die ogief van die koeël gemeet met 'n "bullet comparator". Die ogief TPL is 71,8mm, weereens ongeag die gewig van die koeël. Alhoewel die spoede tussen die verskillende gewig koeëls redelik van mekaar verskil, kry ek baie aanvaarbare groepe van onder 1" op 100m.
Bg gee my 'n "jump" van ongeveer 4.5mm, en sommige koeëls pas in die magasyn, ander weer nie, afhangende van die koeëlvorm. Ek het ook, met 'n laer kruitlading en kleiner "jump" van 1.5 - 2mm, maar wat my dieselfde spoed gee (hoër druk agv korter "jump"), baie goeie groepe gekry, maar dan pas die koeëls gladnie in die magasyn nie.
Daar is dus na my mening meer as 1 set diepte moontlik om steeds goeie groepe te verkry.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: TPL: rule of thumb
QL gee 'n SAAMI of CIP TPL om 'n wegspringplek te hê. Jy moet jou TPL verkry vanaf jou geweer se kamer en magasyn en die dan by QL invoer. Na jy nodespoed gekry het kan jy dan die TPL verkort om na die ideaal te soek. Die velaging in TPL het maar min effek op spoed. Doen dit as eksperiment en jy sal sien 1 mm het min effek.[/quote]tripodmvr wrote:Uit my ondervinding het QL in beide my .270 en .375 langer TPL's gegee as wat my magasyn kan akkommodeer, maar in beide kalibers kon ek wel goeie groepe kry deur die nodespoed te hou en verder met 'n aanvaarbare (lees magasynkaslengte) TPL rond te speel. Dus is dit volgens my nie nodig om "QL weg te gooi en.... terug middeleeue toe" te gaan nie- die QL voorspellings kan nogsteeds vir jou geweer werk, al stem die TPL nie noodwendig ooreen nie. Bietjie duim vashou en toets (aka "hoop vir die beste") het darem nog elke keer vir my in hierdie gevalle (waar magasynkaslengte jou beperk) gewerk.
Dankie oom 3-poot. As ek oom dus reg verstaan moet ek eerder my Maks masynsynkaslengte in die vervolg gee om in te voer vir QL ipv maks TPL indien die magasyn kleiner is as maks TPL is? Dan sal QL direk daardie data gebruik om vir jou die beste moontlike ladingkombinasie vir die nodes uit te werk wat wel sal pas in jou magasyn?
@Cobus- Indien ek oom 3poot dus reg verstaan uit bogenoemde, voer dadelik sommer die Max magasynlengte ipv maks TPL in by QL, en werk dan van daardie data af. QL werk dan dan sommer dadelik met werkbare lengtes in jou magasyn op die verskillende nodes. Enige lengtes langer as jou maks magasynlengte is elkgeval onbruikbaar, behalwe miskien baanskiet waar een-een laai 'n opsie is.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: TPL: rule of thumb
jy verstaan reg. Jou platform se TPL bepaal die bruikbare volume van jou dop en dit beinvloed die druk en spoed.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1519
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: TPL: rule of thumb
Stephan, ek verstaan hoekom jou jump 14mm is, goed soos magasynkas lengte en CIP spec kamer.Stefan764 wrote:Ek gaan seker nou jou hele thred skuins gooi, maar dis tog n eerlike antwoord.
My jump op my 7x64 is 14mm.....
Groete
Miskien moet mens vra, as jou kamer van so 'n aard was dat die patrone in die magasyn kon pas, sou jy hulle dan nog 14mm jump wou gee?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: TPL: rule of thumb
Ek dink nie mens sou willens en wetens so sprong laat plaasvind as dit nie op jou afgedwing is nie. Die' uitermate groot sprong gee nog steeds praktiese jag akkuraatheid - daarom my woorde aan baie leerling herlaaiers - moet jou kop nie onnodig breek oor 'n lang sprong nie, skiet die geweer en kyk wat maak hy. As hy dan swak groepeer begin om regstellings te soek.