Kopskoot se monster Waterbok!!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Roger »

Baie geluk. Voorwaar n pragtige Waterbok !!
Too many to mention ;-)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Frederik »

Ronald, ja die 500 Jeff is daar om iets te skiet en nie te bekkomer oor die hoek en hoe die dier staan nie. Jy moet maklik 'n buffel kan bykom om hom skuins van agter te kan skiet om by sy boiler uit te kom.

Ronald gaan kyk bietjie na die ronde neus solids van die Impala.

RNFP
http://impalabullets.co.za/wp-content/uploads/2010/06/RNFP-11.jpg

Hulle is 'n gogie alternatief as jy nie Barnes kan kry nie.
Loop soos stroop in my 375 H&H en maak mooi met die diere.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Wouter Roets »

Rowland

Weereens baie geluk met n prag trofee aan jou sowel as Ian! Dit is voorwaar n mooi stel horings en as n mens die dukte in ag neem is dit net nog meer besonders. Soos jy seker sal weet kry n mens nie aldag n duk lang horing nie!

Julle moet ook darem die inpaksnelheid in ag neem in die penetrasie vergelyking. Inpaksnelheid kon nie veel hoer gewees het as 1700ft/sek oor die afstand nie so dit sal die swak penerasie verklaar. As n mens na die volledige ontplooiing kyk vir die lae snelheid is dit eintlik bitter goed vir n mono konstruksie koeel. Die ander herwinde koeel wat jy my gewys het, of kom ek stel dit so, die stukkies wat n mens dink is n koeel sal veel eerder die hoofpunt van die gesprek wees. Dit is vir my n kwelpunt en nie die swak penetrasie kwessie nie. Soos reeds gese word daar baie gepraat en aansprake gemaak deur vervaardigers maar min kan doen wat Barnes met so reelmaat vermag.

Nogmaals geluk op n lekker jagtrippie en probeer nou die volgende een om die gasheer se slaapgeriewe te beproef! Maar ek moet ook darem nou byse dat die van ons wat jou beter ken ook maar te goed verstaan dat dagtrippies jou voorland is!

Groetnis
Wout
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by kopskoot »

Dankie Wouter

Net n regstelling: Vir JULLE is n duk lang horing nie allerdaags nie.

Wout daai skoot was maar in die omgewing van 80m, so ek weet nie of die impak spoed so laag sou wees nie. Trompsnellheid is 2250 f/s

Oor die oorslaap ding, wel meeste ouens voel baie meer gerus as ek nie oorslaap nie, want dan hoef hulle darem nie hulle vrouens agter slot en grendel te hou nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Wouter Roets »

Rowland

Indien die afstand 80m was moet jy dalk net jou oorspronklike skrywe sowel as jou praatjies by die geweerwinkels diensooreenkomstig aanpas. :P

Sal jou PM oor jou laaste paragrafie.

Groetnis
Wout
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by kopskoot »

Wouter Roets wrote:Rowland

Indien die afstand 80m was moet jy dalk net jou oorspronklike skrywe sowel as jou praatjies by die geweerwinkels diensooreenkomstig aanpas. :P

Sal jou PM oor jou laaste paragrafie.

Groetnis
Wout
Wout die Zebra was 'n ver skootjie. omtrent 180m en ek heg sy fototjie aan. Dis die een wat so sleg gebreek het,nadat hy bietjie groot bene getref het.

Maar toemaar, ek verstaan dat die ouderdom nou die geheu so bietjie begin pla ><)

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/RonaldNelP1050041_zpseb7715e7.jpg
User avatar
Alliwyn
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Alliwyn »

Frederik wrote:Ronald, ja die 500 Jeff is daar om iets te skiet en nie te bekkomer oor die hoek en hoe die dier staan nie. Jy moet maklik 'n buffel kan bykom om hom skuins van agter te kan skiet om by sy boiler uit te kom.

Ronald gaan kyk bietjie na die ronde neus solids van die Impala.

RNFP
http://impalabullets.co.za/wp-content/uploads/2010/06/RNFP-11.jpg

Hulle is 'n gogie alternatief as jy nie Barnes kan kry nie.
Loop soos stroop in my 375 H&H en maak mooi met die diere.
Frederik ek sien jy hou van geelkoper koeëls wat jou objektiwiteit en ervaring jeens blom koeëls soos Peregrine se Bushmaster mag beïnvloed. Ons ervaring is dat baie plaas eienaars die gebruik van hierdie soliede jag koeëls teen staan en met goeie rede.

Wat die waterbok aanbetref... Hierdie "thread" is 2 jaar terug geskryf toe Peregrine taamlik onbekend was. Daarom was daar nie wye ervaring om as n verwysing te gebruik nie en almal het gewonder oor die vermoë vd produk en was dus eerder pessimisties as optimisties. Vandag weet ons uit baie ervaring en terugvoer dat penetrasie verseker nie n probleem is nie. Verwys onder andere na die Peregrine seekoei "testimonial" wat jy aangevra het, waar die 375 Bushmaster van agter tot voor deur die dier beweeg het. Die betrokke professionele jagter se ervaring nadat hy oorgeskakel het na Peregrine toe, is dat daar geen gelyke is vir ons produk wat penetrasie aanbetref nie. Hy ken ons opposisie koeëls goed omdat hy dit eers gebruik het. Ek het reeds aangebied om sy nommer vir jou persoonlik te stuur as jy met hom wil praat.

Die kans is groot dat 'n eksterne faktor soos takke hier n rol gespeel het anders maak die penetrasie nie logies sin nie. Die Bushmaster se vermoë om deur bos steeds koers te hou is steeds nie wel bekend nie, toe en nou. Meer nog in die begin jare. Die kans is groot dat niemand eers sou agter kom dat takke of bos n rol gespeel het met die waterbok nie. Ander koeëls sou dalk glad nie eers die bok getref het nie en dan sou almal geweet het takke was 'n probleem.

Dus is die argument van onder penetrasie op die waterbok heel moontlik nie van toepassing nie. Omdat Ronald se waterbok nie n oop skoot was nie en bos/takke waarskynlik n rol kon speel gaan hierdie debat waarskynlik ewig voort duur. Wouter se verklaring dat die koeël al 'n mate van spoed verloor het is ook 'n moontlikheid selfs vir 80m omdat die koeël 'n groterige plat neus het. Die kombinasie van takke en normale spoed verlies is rede genoeg daarvoor en mens sal nie onteenseglik kan se of die koeël materiaal teengekom het op pad na die dier toe of nie.

Maar dit is nie vir ons n probleem nie aangesien hierdie koeël egter ontwerp is vir bos toestande waar dit soms onvermydelik is dat n koeëls takke tref. Omdat ons Bushmaster koeël defleksie teen staan is dit meer vergewensgesind en 'n ideale koeël om te gebruik wanneer takke 'n rol mag speel.

Die koeël lyk pragtig en het verseker sy werk baie goed gedoen. Ek beskou die hele kwessie van penetrasie op al die ou Peregrine koeie wat al vir jare hier rondlê op Jaracal as finaal beantwoord deur Peregrine/myself en dink nie dis sinvol om verder daaroor uit te wei of te argumenteer nie.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Plaashaas »

Baie geluk!

Ek is bly om te sien jy weet waar om `n Zebra te skiet..... in die swart natuurlik.
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by NicoO »

Sjo! Baie geluk, n bitter mooi Watie!
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by OupaZA »

Baie mooi bul....!!
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Kopskoot se monster Waterbok!!

Post by Jakkalsgat »

Ek dink Ronald moet n slag vir ons n paar fotos van sy trofeekamer plaas, ek kan net dink dat dit iets besonders moet wees.

Groete
Jaco
Post Reply