Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Hou hierdie deel vir besprekings en klagtes ens.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Manne kan ons mekaar help met die aansoeke?

Ek het al 'n hele klompie inligting bymekaar gemaak. Ek hak nou egter bietjie vas op die laaste deel. Ek sal al die vereistes en riglyne hier plaas. Dan ruil ons gedagtes ens. uit asb?

Maak mooi!
Hein
Last edited by KSV on Tue Jun 04, 2013 9:05 am, edited 2 times in total.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Hiers die Vereistes volgens die wet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Hiers die riglyne.

BESIGHEIDS PLAN (ONGEDIERTEJAGTER)
(Regulasie 25(a))

‘n Besigheidsplan moet die volgende inligting bevat
1. PROJEK INLIGTING
(1) Die naam en titel van die projek;
(2) Die bestuurder, of persoon verantwoordelik vir die projek;
(3) Die doel van die projek;
(4) Tegnieke wat gebruik word om ongedierte te jag
(5) Bewys van kursusse gedoen en/ of
(6) Ervaring en kennis oor ongediertejag
(7) Lys van verwysings van bestaande kliënte.
2. RISIKO’S EN RESULTATE
(1) ‘n Beskrywing van die risiko’s betrokke met die projek;
(2) ‘n Beskrywing van die situasie as alles sou verkeerd loop;
(3) ‘n Beskrywing van die situasie as alles sou reg loop;
(4) Aan wie sal die resultate gelewer word en in watter formaat.
3. KONTEKS
(1) Skets die senario waar binne die projek sal plaas vind;
(2) Watter hindernisse bestaan vir die projek (wetlik en regulatories);
(3) Watter veranderlike omstandighede kan die projek beinvloed;
(4) Wat is die bystand planne sou die omstandighede drasties verander;
(5) Watter invloed kan die publiek op die projek hê.
4. PERSONNEL
(1) Wie is die persone wat betrokke gaan wees by die uitvoering van die projek;
(2) Die getal persone onmiddelik beskikbaar;
(3) Die vlak van opleiding, kwalifikasies en ervaring van elkeen van die persone;
(4) Beskik enige van die persone oor spesialis opleiding of vaardigheid indien van toepassing);
(5) Enige eksterne partye of persone betrokke by die projek;
(6) Enige beplande opleiding vir u en u personeel.
5. FINANSIES EN TOERUSTING

(1) Is u of die besigheid geregistreer vir BTW ( indien van toepassing);
(2) Kopie van die belasting sertifikaat of bewys van inkomste belasting registrasie;
(3) Beskikbare toerusting wat gebruik word vir die projek;
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by cassie_calvinia »

ek jag verniet. ek hoef nie te rigestreer
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Oom Cassie,

As ek reg verstaan is dit as jy net op jou eie grond jag wat jy nie hoef te registreer nie.

Hein
Zack Benade

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Zack Benade »

As 'n leek dink ek die Belasting gedeelte gaan baie afskrik van registrasie.
Is die registrasie nie weer 'n geldmaak plan nie?
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Martin Marais »

Manne ek stoei al vir baie jare met natuurbewaring se mense in die Oos-Kaap. Niemand by hul kantore kon my nog ooit help met enige vorm van registrasie vir probleemdier jag nie. Hulle meen ek moet 'n permit uitneem om in die nag met 'n kunsmatige lig te jag,en ek moet hul kantoor tydens kantoor ure laat weet waar en wanneer ek probleemdiere jag. Somtyds kan die werknemers by daardie kantoor ook maar plein gat teen die juk raak met die uitreik van hierdie permitte. Het al baie gesukkel,en moes al na heelwat "Bullshit" luister om dan maar op die einde van die dag die kantoor te verlaat sonder die nodige permit. Was ook al gedreig met arrestasie indien hulle my sou vang waar ek rooijakkalse en rooikatte jag met 'n kunsmatige lig sonder die nodige permit.Die jagproklamasie in die staatskoerant noem ook dat dit wettig is om slagysters te gebruik om probleem diere te vang,maar skryf dan voor dat slagysters slegs deur 'n geregistreerde jagter gestel mag word.
Wat ek hieruit aflei is dat dit wettig is om slagysters te gebruik,maar dat daar geen persoon iewers kan registreer om dit wettiglik te stel nie.Bly dit nou nie steeds onwettig om met slagysters te werk nie?SIRKUS ++>:

Ek luister.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by cassie_calvinia »

ksv
ek het met die toppie gesels.
hy het gese as jy enige vorm van betaling kry, petrol, skape, springbok, dan moet jy registreer. maar as jy geen vorm van betaling kry nie, dan hoef jy nie. so, die mense by wie ek jag, weet dis streng kontant.
HOU HOM DAAI DIKTE
Zack Benade

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Zack Benade »

Kruisig my maar ek vra hierdie vrae as 'n jagter wat nie in die jakkelskiet bedryf is nie. Jammer as ek op tone trap.

1. Saam met enige registarsie is daar registrasie gelde en jaargelde betrokke. Na wie gaan hierdie geld? Wie hou kontrole en oefen beheer hierop uit. Wie het hulle aangestel?
2. Is die registrasie nie net om ongedierte skiet selektief te hou vir 'n groep jagters nie?
3. Het ongedierte skiet nie 'n geldmaak skema geword waar vinnige geld gemaak kan word deur opleiding kursusse nie. Hoekom moet 'n skaapboer wat al 40 jaar met skape boer registreer om ongedierte beheer toe te pas. Hoekom moet hy op kursesse gaan? 99% weet hy meer van ongedierte jag as die aanbierder.

Vra net?????
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Martin Marais »

Zack
Registreer maak vir my tot 'n mate sin. Hier kan dan 'n mate van beheer uitgeoefen word,en sodoende kan die deursnee po###pol wat die jakkalse so slim maak darem effens in toom gehou word. Ek kan geensins insien waarom 'n grondeienaar moet registreer om sy eie probleemdiere te jag nie.
Het ongedierte skiet 'n geldmaak storie geword? Goeie vraag. Daar is seker diesulkes wat geld maak uit die bedryf,ek weet nie. Ek neem myself nou maar as voorbeeld. Sonder vergoeding kan ek onmoontlik ongediertes jag.My voertuig kos geld,bande vir die voertuig kos geld,brandstof,my geweer,my teleskoop,ammo,my ligte,die roeptoerusting,alles kos geld,en nie kleingeld nie.Een slagyster kos deesdae naby R300-00,en dit is sonder die ketting en die pen of sleep.
En laastens,sonder dat ek nou iemand te na wil kom of slegpraat van enigiemand,en ek noem dit nou met groot respek.Die gemiddelde skaapboer waarmee ek in my hele jakkalsjag loopbaan te doen gekry het, het min kennis van probleemdier jag,daarom gebruik hierdie mense die dienste van bekwame probleemdierjagters.Oom Pieter Schneekluth het byvoorbeeld baie jare gelede slagyster kursusse aangebied,hy het plaaswerkers opgelei. Daardie plaaswerkers is vandag almal of reeds oorlede of is met pensioen.Daardie poel van kennis het opgedroog.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by cassie_calvinia »

Hier kan dan 'n mate van beheer uitgeoefen word,en sodoende kan die deursnee po###pol wat die jakkalse so slim maak darem effens in toom gehou word.
ek weet nie of ek saamstem nie.
die poepol wat jag, gaan inelkgeval nie rigistreer nie. dalk 1 hier en 1 daar. maar dit gaan glad nie daai probleem oplos nie.
Sonder vergoeding kan ek onmoontlik ongediertes jag
dit is waar. martin, maar jy jag groot. ek jag by 4 of 5 boere(myself ingesluit).
so ek kan dit op kontant basis doen. en sodoende jag ek 'verniet'.
Die gemiddelde skaapboer waarmee ek in my hele jakkalsjag loopbaan te doen gekry het, het min kennis van probleemdier jag,daarom gebruik hierdie mense die dienste van bekwame probleemdierjagters.Oom Pieter Schneekluth het byvoorbeeld baie jare gelede slagyster kursusse aangebied,hy het plaaswerkers opgelei. Daardie plaaswerkers is vandag almal of reeds oorlede of is met pensioen.Daardie poel van kennis het opgedroog
daar stem ek saam. wolf dink ek sal ook kan getuig hier. hy jag redelik. en hy se baie mense weet nie meer wat in hul veld aangaan nie. nevermind 'n jakkals verstaan.

ek weet nie of iemand my sal oortuig om vir die bollie te registreer nie. die rigering skep klaas genoeg van ons. hier trek ek die streep. ek betaal niks!
en hoe gaan hul dit kontroleer? ons polisie ry dan party aande vir my.hul noem dit sommer plaas patrollie. wat wel gaan gebeur, die mense wat goed jag, gaan rigistreer, en die poepolle nie. so hoekom moet ek? ek jag mos net op my eie grond ::) .....
ek ondersteun dit nie, en sal nie rigistreer.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Ai kerels!

Ek wil nie eintlik 'n debat gehad het nie. Ek sien en verstaan almal se standpunte in. Ek weet in elk geval nie wie gaan hierdie goed monitor nie. Laaste wat ek natuurbewaring gesien het was in Kimberley toe hulle kom inkopies doen het en nog nooit by by ons in die Noord Kaap nie.

Wil net he die ouens wat wel registreer bymekaar moet kom, "Op 'n manier" en dat ons almal darem dieselle bollie kwytraak. Dat ons mekaar help om die goed reg op te stel en in te vul.

Maak mooi!
Hein
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

1. Saam met enige registarsie is daar registrasie gelde en jaargelde betrokke. Na wie gaan hierdie geld? Wie hou kontrole en oefen beheer hierop uit. Wie het hulle aangestel?

Het nie die vaagste idee wie dit gaan doen nie.

2. Is die registrasie nie net om ongedierte skiet selektief te hou vir 'n groep jagters nie?

Glo dis soos Martin genoem het. 'n Mate van beheer toegepas word oor die jakkasl jagters. Die helfte van ons dorp het al roeprs en o hel hiers slim jakkies hier om Kathexas.

3. Het ongedierte skiet nie 'n geldmaak skema geword waar vinnige geld gemaak kan word deur opleiding kursusse nie. Hoekom moet 'n skaapboer wat al 40 jaar met skape boer registreer om ongedierte beheer toe te pas. Hoekom moet hy op kursesse gaan? 99% weet hy meer van ongedierte jag as die aanbierder.

Glo nie daars 'n man wat vinnig al geld gemaak het uit jakkals jag nie, anders ek dit al lankal gedoen, hehe. Die jagter wat al sy sout werd is maak darem 'n bestaan daaruit.

Wil ook saam met Martin stem hier, dis biter min boere wat ek weet van wat weet wat op sy plaas aangaan rondom ongediertes. As jy die geleenthied het om by so ou kom is dit gewoonlik baie lekker om by hulle te jag.
Zack Benade

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Zack Benade »

Hallo Hein, Jammer as ek jou topic in die verkeerde rigting gestuur het. Jy moet maar kom kuier dat ek dit kan opmaak met 'n vleisie en 'n bier.

Soos ek gesê het ek is 'n leek. Dankie aan almal vir die terugwysing. Dit laat my altwee kante raaksien. Die man vir dit en die een teen dit.

Wat verseker waar is dat dit eerstens lekker is. Tweedens --dat ongedierte beheer nie verniet gedoen kan word nie. Die man wat bereid is om tyd en geld op te offer moet erens 'n return kry op sy uitgawes. Ek weet in baie gevalle is die boer te besig in die dag om nog in die aand deurnag te soek na probleem diere. Laat hierdie man dan betaal vir iemand wat bereid is om hom te help.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Zack,

Sal moet kom dan kyk of daai geel roer rerig so gevaarlik is! hehe.

Kyk ek verstaan oom Cassie se redenasie 100%. Wie dit gaan reguleer het ek nie 'n idee nie, of hulle gaan mense aanstel weet ek die wragtig weet ook nie.

Soos jy se die toerusting en uitgawes raak baie en man moet dit darem dek op 'n manier.

Maak mooi!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by cassie_calvinia »

as ek by 50 boere gejag het, ja. maar nie by 5. en ek se weer, dit gaan nie die 'hier jy' jagter uitwerk nie, want hy gaan nie rigistreer nie, maar aanhou nonsens aanvang. soos ek maar....
jammer ons het jou post gehijack! en ek is nie 'n oom nie!ek is 32!
HOU HOM DAAI DIKTE
Zack Benade

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Zack Benade »

Jy is net 'n jong oom ++>: ++>:

Gelukkig se niemand vir my oom nie ++>:
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by JACQUES BOTHA »

wenplan ------ na nog n tydmors en papier mors en geldmors---
my mening--
As die geregistreerde man nou al sy pampierwerk het en hy gaan jag op boer x se plaas is hy mos goedgekeur deur natuurbewaring of nie?
Wie staan dan pa aas hy kikaanjaag? natuurbewaring want deur hulle vereistes is die man nou bekwaan gaan hulle evrantwoordelik aanvaar vir die maN WAT die boer kwaad maak en geen sukses kry nie?
Gaan hulle die boer vergoed vir sy verliese sou hy by hu;le aanklop en se stuur nou vir my n jagter wat aan julle vereistes voldoen?
Ai manne die ding is al deurtrap en deuworstel daar is te veel aspekte en dinge wat niksseggend is en van geen waarde is nie, die boer aleen het die reg wie by hom jag punt punt punt
As jy jou jaglisensie uitneem moet jy nou ees kursus doen om gemsbok bv te jag?
Ek hoop daar word iets uitgedink wat iets beteken -- maar tans---woefiepoefie....
sorry dalk mis ek die punt weer
Jacques
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

JB,

Glad nie. Dink dis 'n wolwe een die!

Oom Cassie se jy! Hehe is seker net oom Eugene (Geno) wat ons voor kan Oom se.

Maak Mooi!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Christo »

Met al die nuwe wette moet die wyse woorde geld..............makliker gese^ (opgestel en geskryf) as gedaan (die toepassing daarvan)

Hoor vandag op Capetalk van die span voelkykers wat oppad is Suid Amerika toe vir deelname aan internationale kompetisie. Hulle getalle "sightings" is op hulle woord en hulle glo almal is eerlik. Ek haal my hoed af vir hulle, doen die regte dinge en het nie polisiering daarvoor nodig nie. Waar het ons die pad byster geraak dat al die wette moet geld en niemand om dit toe te pas.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Christo »

Reels en wette geld in elk geval net vir die reeds wetgehoorsame burgers van 'n land.

Lees in jagtydskrif dat die beste PH kursus al R100k kos en jy steeds nie noodwendig alles gaan weet nie. Selfs die R10k kursus gee jou 'n lisensie. Maar dit maak jou nie 'n gewaarborgde pro nie.

Wat gaan die jaklisensie waarborg.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Hoor nou by ander man van Prieska jakkals jagters het permit van natuurbewaring nodig. Jyt glo net 'n sertifikaat nodig om te bewys jy was op 'n kursus om dit te kan kry.

Weet iemand in die Noordkaap of dit waarheid is?

Mooi loop,
Hein
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Armand9 »

Hier al enige vorderinge rakende die registrasie? Ek jag tans net op ons eie grond en enkele buurmanne waar ek weet die jakkalse vandaan kom. Tot op hede 'n permit uitgeneem vir ons plaas. Maar wil tog die ding op die regte manier doen. Wat van die buurman se grond? Wil nie met my broek op my kniege betrap word as die ligte van bo af afsak nie. Hoe maak die jakkals jagters wat as n groep n area vee?
Is hierdie wetgewing weer net een wat wil geld maak? Kan ons nog nie deur die jagters vereniging as probleemdier jagters registreer nie? Wag vir jul insette.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by KSV »

Armand,

Dis nog 'n duistere besigheid. Pel van my roei hulle ma kom ook nie tot 'n punt om te se hoe moet die goete werk nie.

Sal hom vandag iewers 'n lui gee en hoor wat hy uitgevind het. Net gou DFO toe. moet die TC se aansoek vir 'n slag gaan inhandig.

Mooi loop
Last edited by KSV on Wed Jul 30, 2014 9:11 am, edited 1 time in total.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Probleem dier Jagter regestrasie Noord Kaap

Post by Armand9 »

Doodreg Dankie vir die moeites
Post Reply