Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Dags? aan almal.
Dit is vir my baie hartseer om te hoor dat daar manne is wat aan die forum behoort en ons ander se name so deur die modder sleep en sommer sleg maak.
Ek het die naweek verneem van familie wat in die Douglus omgewing boer van 'n paar manne wat hulself uitgee vir goed opgeleide PROBLEEMDIER JAGTERS. Die boere in die omgewing is so afgesit deur die roep en skiet metode dat hulle maar nou mense met helikopters laat kom en dan R18000.00 betaal vir 7 ongediertes wat geskiet word. Hy s? dit is vir hom nie te veel om te betaal nie, want die geld wat hy verloor op skaap is mos baie meer.
Die manne wat daar gaan skiet het, kom op die plaas en vertel vir almal dat hulle so goed opgelei is en al die kursusse wat hulle bygewoon het asook al die duur toerusting wat hulle het. Nou dit is so, hulle het al die goed, maar nou wonder ek net of daar op die kursus wat aangebied word ook vir die manne geleer word om te sit en drink (verversings) in die veld, en te gesels en raas dat jy byna op die buurplaas gehoor kan word.
Nou ja dit is mos nou 'n lekker kuier daar in die veld as jy weet die boer betaal mos 'n nagfooi. Dan die kersie op die koek is as die manne teen 10 uur terug kom en s? maar daar is nie jakkalse nie en hulle gaan nou maar ry, want dit is te koud om daar te sit. So nou weet ek van 'n boer en al sy buurmanne wat vas glo dat nag roep en skiet sommer n klomp twak is en dat dit nie werk nie, want net die volgende week is daar 'n klomp met die helikopter geskiet.
Die boere glo ook vas dat die manne wat die kursus aanbied self nie iets kan geskiet kry nie en nou bied hulle die kursus aan sodat hulle ook geld kan verdien. Wel al wat ek wil vra is dat die mense wat hulself wil uitgee vir jagters dit asb op die regte manier doen en nie ons ander se name deur die dinges hoef te sleep nie. Van ons manne doen dit vir 'n lewe en dit is al inkomste wat daar is en ek glo nie dat manne wat dit ernstig opneem, dit nodig het om so ingeloop te word nie, as dit dan 'n naweek ding is vir julle en julle wil dit doen, doen dit reg en dink aan die ander mede jagter.
Hoop julle verstaan
Nico

As long as there's lead in the air there are hope
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Nico
Ek self is nou nie afhanklik van jag nie. Ek skiet maar die gedroggies as ek hul raakloop op die plaas vir die boer as 'n guns, maar ek stem heelhartig met jou saam. Ek glo in elk geval nie dop en kruit loop saam in die veld nie.
Ek sekondeer jou petisie
Neels

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
NicoNICO wrote: .... Dit is vir my baie hartseer om te hoor dat daar manne is wat aan die forum behoort en ons ander se name so deur die modder sleep en sommer sleg maak....
Nou maar laat ons hoor wie dit is wat hierdie forum se naam so deur die modder sleep! Hulle (die sondebokke) het darem seker tog 'n naam (name)?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Louis
Weet jy ek het nie die brief op gesit om mense te beswader nie maar net om mooi te vra dat dit nie weer so moet gebeur nie. Sou dit dan weer so gaan by n volgende plaas dan sal ek nie skroom om hulle name op te sit nie. Ek dink as hulle dit lees dan sal hulle sekerlik besef dat hulle met verkeerde gewoontes staan en dan nie weer proebeer nie. Maar kom ons kyk of hulle man genoeg is en self onverskooning vra vir hulle gedrag. Hulle sal weet wie hulle is.
Nico
Weet jy ek het nie die brief op gesit om mense te beswader nie maar net om mooi te vra dat dit nie weer so moet gebeur nie. Sou dit dan weer so gaan by n volgende plaas dan sal ek nie skroom om hulle name op te sit nie. Ek dink as hulle dit lees dan sal hulle sekerlik besef dat hulle met verkeerde gewoontes staan en dan nie weer proebeer nie. Maar kom ons kyk of hulle man genoeg is en self onverskooning vra vir hulle gedrag. Hulle sal weet wie hulle is.
Nico
As long as there's lead in the air there are hope
-
Ambessa
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Hallo Louis102 / Nico / en almal
Ambessa
Ai tog. Ons is in 'n baie sensitiewe stadium met die ontwikkeling van geordende predasiebestuur in Suid-Afrika. Ons kan nie bekostig dat sulke ondeurdagte karpatse die goeie gesindhede skade doen nie.Louis102 wrote:...dit is wat hierdie forum se naam so deur die modder sleep!
Ambessa
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
NicoNICO wrote: .... om mense te beswader nie.....
Dis jou besluit, maar oorweeg die volgende: Daar is tans in die omgewing van 658 lede op hierdie forum, waarvan 'n groot hoeveelheid jagters van probleem roofdiere is. Baie tyd en moeite is reeds op hierdie forum spandeer om riglyne vir aanvaarbare metodes en gedrag vir jagters daar te stel en aan te moedig. Is dit regverdig om een of twee lede te "beskerm" ten koste van die res van die jagters wat hulle neerl? by die "Etiese Gedragskode" - Sien dit hier: http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=7
Hoekom haal jy dit hier op as jy van voorneme is om die helfte van die storie toe te smeer of doekies om te draai? Ek verkies om eerder reguit en oop oor hierdie klas van ding te gesels, want in my opinie is daar 'n baie beter toekoms daarin. Meermale het 'n saak meer as een kant. Laat ons beide kante van die storie hoor dat elkeen self kan besluit wat die waarheid is. Ek kan moeilik glo dat jagters op hierdie forum (ek het geen idee na wie jy verwys nie) hulle aan hierdie soort van gedrag waarna jy verwys, sal skuldig maak. Ek sal nie gif daarop drink nie, maar dit sal my diep teleur stel.
Soos ek s?, besluit maar self wat jy gaan maak.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Nico
Ek woon op Douglas en sulke stories gee die van ons wat regtig moeite doen en tyd en geld spandeer nie net n slegte naam soos jy s? nie maar maak ook deure toe in jou gesig. Ek doen dit deeltyds saam met n maat van my en ons jag n hele paar plase hier om ons en die storie maak my "de meor" in. Ons is 4 ouens hier wat jakkies jag, sonder die paar boere wat ook op die kursus was, so ek word nou ook onder daai kam geskeer en is nie bereid om n ander man se pak te vat wat dit vir die sports met die koelerboks doen nie.
Ek stem saam met Louis, laat ons hoor wat hulle te s? het of noem hulle name want ek sien my self nie as n PRO nie maar doen dit waarvoor ek n passie het met volle oorgawe en in die belang van die saak.
Ek is trorts daarop om met JARACAL geasosieer te word!!
rooies

243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."

tafjak
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Nico
Laat weet wie dit is en dan kan die jagter/s hulself verdedig as daar enige iets te verdedig is. Geen probleem as jy nie wil en sou nie, maar reken ook dat die ongelukkige petalje uit die weg ruim en toekomstige ongelukkighede sal op hierdie manier voorkom sal word.
Proffesionele Probleemdierjagtedrs is nie 'n "hierjy" nie!
Mooiloop
Taffie
Ps. Kuier nog lekker in Namibi
Laat weet wie dit is en dan kan die jagter/s hulself verdedig as daar enige iets te verdedig is. Geen probleem as jy nie wil en sou nie, maar reken ook dat die ongelukkige petalje uit die weg ruim en toekomstige ongelukkighede sal op hierdie manier voorkom sal word.
Proffesionele Probleemdierjagtedrs is nie 'n "hierjy" nie!
Mooiloop
Taffie
Ps. Kuier nog lekker in Namibi
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Ok
Ek het met die boer gesels en hy het vir my gese dat hy nie graag in n persoonlike geveg wil betrokke raak met enige persoon nie. Maar wat hy wel sal doen is om sommer direk met een van die Moderators in verbinding te tree en dan soo ook die storie uit te sorteer en dat enige een dan welkom is om vir hom te kom wys hoe dit dan gedoen moet word.
So as een van julle manne bereid is om met hom te gesels dan kan julle net vir my n PM stuur dan sal ek julle in kontak met hom sit.

Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Aaai tog, Nico dit is nie lekker nuus nie. Maar ek stem saam met die res wat hier komentaar gelwer het. As die skuldiges nie self hul droogmaak skoonmaak nie dan moet ons maar inklim en die nodige skade beheer doen - die skuldiges kan later die "MUSIC FACE". Ek hoop iemand het al gevolenteer, hopelik Taffie of sir Jaracal, om daai boer te her oortuig.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Is dit nie moontlik vir die ou hande om vir ons 'n basiese handleiding te skryf, hoe om te begin nie? Ek sal graag hierdie vir 'n stokperdjie/deeltyds wil doen, maar ek wil niemand kwaad maak nie. Ek dink dit sal gaaf wees as die ou hande die nuwes 'n bietjie kan touwys maak.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
More Lovehenties, my beskeie opinie is om so gou moontlik 'n kursus by te woon wat deur een van die professionele jagters aangebied word. Daarna het jy die kans(voorreg) om op jy eie tyd op plekke van jou eie keuse die teorie en praktyk bymekaar uit te bring. Ongedierte beheer, watter metode ook al, is ongelukkig nie 'n eksakte wetenskap nie, die mees suksesvolle jagters het hul kennis uit ondervinding opgedoen nadat hul ook maar eers 'n kursus of wat bygewoon het. So mater, daar is ongelukkig geen "kortpad" nie, "suffer" en ure insit is maar die beste leermeester, my 2c. Voorspoed, Duitsewes groete- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Frinham,

Mac
Jy't vergeet om te vertel v/d koud kry."suffer" en ure insit is maar die beste leermeester,
Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
ALMAL
Ek stem saam. As daar drank by betrokke is en daai manne is betaal-geen genade skors hulle van die forum . Daar is genoeg manne wat die ding reg wildoen. Die feit dat daai boere so groot bedrag aan n tjopper spandeer het lig hul probleem uit.Sien die as n geleentheid vir [glow=red,2,300]JARACAL[/glow] OM DIT PROFFESIONEEL TE HANTEER.
BIKER
Ek stem saam. As daar drank by betrokke is en daai manne is betaal-geen genade skors hulle van die forum . Daar is genoeg manne wat die ding reg wildoen. Die feit dat daai boere so groot bedrag aan n tjopper spandeer het lig hul probleem uit.Sien die as n geleentheid vir [glow=red,2,300]JARACAL[/glow] OM DIT PROFFESIONEEL TE HANTEER.
BIKER
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Naand Mac, dankie mater, die koudkry is die ergste, jammer het heeltemal vergeet daarvan. Hoop nie dit skrik die "blougatte" af nie
. Groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Ek sien hier twee kante. Eerstens skeer die boer/boere almal oor dieselfde kam wat nie gedoen kan word nie. Die boer/boere moet die name bekend maak aan almal wat hy/hulle die storie aan vertel en nie net se^ jakkals jagters nie. Ten tweede kom 'n klient (boere) vir 'n jagter ook op. Daar is maar altyd iemand wat iewers iets verkeerd sal doen. Ek sal net graag die name wil kry dat ons hulle kan swartlys. Ons het 'n gedragskode en die wat nie daarby hou nie - moet uit!!!
Hulle is ook altyd in die mindere, so hoe gouer hoe beter.
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Heinrich
Ek het jou nommer vir die man gegee en ek glo hy sal jou kontak.
Nico
Ek het jou nommer vir die man gegee en ek glo hy sal jou kontak.
Nico
As long as there's lead in the air there are hope
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Nico
Die plaas eienaar het my gebel en gese^ die manne wat droog gemaak het het hom gebel en onverskoning gevra. Ek het hom meegedeel dat indien hy "happy" is, dit goed is. Ek het ook aanbeveel dat hy hulle nie weer op sy plaas toelaat nie. Sulke ouens gaan hulle self uit werk uit sit en ek het hom gevra om Rooies te kontak. Indien ons weer sulke gevalle kry moet ons die ouens maar kortvat indien die name bekend is of gemaak word. Indien die manne hier lees hoop ek hulle sien in watter ernstige lig ons die soort van gedrag sien. Ons kan hulle nie keer nie maar ons kan die woord uitsit en hulle sal minder skietplek he^.
Hoop die saak is nou vir eers bevredigend afgehandel.

Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Netjies afgehandel vir die manne wat betrokke was.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Dis net jammer die manne het dit van die begin af gedoen en nie gegaan om die man wat n verlies ly gehelp nie. Dis so goed soos jy vat jou kar vir n was betaal vooraf R60 maar 2ure later vertel die mense jou hulle het nie water nie.
Groetnis
SJ
Groetnis
SJ
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Manne
Hier is 'n paar goete wat my erg omkrap. Gister vertel Boere in die Aberdeen-omgewing van koedoes wat in die nag in oopveld ge-oes is en dat meer springbokke as wat die permit voorsiening maak, geskiet is. Daar is glo klagte gedien teen die jagters en weet egter nie of die Ondersoek beampte se inligting korrek is nie, maar as dit is gaan daar erg verduidelik moet word.
Wat die grootste doodsteek vir my is, is dat 2 van die jagters vooraanstaande Probleemdierbeheer jagters is. Dit hoort nie in my beroep nie en sal nie skroom om die waarheid te ontbloot nie. Ek sien al2 is hier geregistreer en hoop hulle sal die sakie vir my kan oplos.
'n Ander geval is weer dat 'n Jakkalsjagter glo(ek is besig met die ondersoek) koedoes saam met die kli?nt in die Graaff-Reinet area in die nag gejag het. Name is nie genoem nie, maar sal spoedig die name h?.
Die Bokoesters kan maar nou kwaad word, maar sulke gedrag verwag ek van Poachers en ongelukkig is daar Poachers in die Bokoes- en ook in die Jakkalsjaggeledere. Kom ons almal staan saam om hierdie euwel uit te roei.
MOENIE WILD SKIET OP ANDER GROND AS DIE EIENAAR NIE TEENWOORDIG IS NIE!
Daar word baklei teen die CN-Wette en sulke goeters gebeur onder ons neuse deur mede-jagters en so word stokke in alle speke gesteek. Nee wat, as sulke dinge aanhou gebeur is my dae hier verby en vat maar weer die "Lone Ranger" paadjie!
Help asb!

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Taffie
Dink jy nie sulke jagters se name moet bekenk gemaak word nie?Hulle gee mos alle jakalsjagters n slegte naam.
Ek sien dit het ook nie ver van my af gebeur nie.
Boertjie

Hallo Frinam
Ambessa
...hoekom word die basiese beginsel nie deeglik besef en waardeer nie...frinam wrote:...Ongedierte beheer, watter metode ook al, is ongelukkig nie 'n eksakte wetenskap nie, die mees suksesvolle jagters het hul kennis uit ondervinding opgedoen nadat hul ook maar eers 'n kursus of wat bygewoon het. So mater, daar is ongelukkig geen "kortpad" nie, "suffer" en ure insit is maar die beste leermeester
Ambessa
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Taffie en ander Manne
Party (mense?) se koppe haak nie net eenvoudig uit nie maar is sommer, lyk my, van meet af aan verkeerd "gewire". Ek noem hulle mense, maar as hul gedrag bestudeer word, gedra hulle hulleself meer soos sekere andere primate.
Diesulkes maak dit vir almal onsmaaklik en hulle gedrag, na my mening, maak hulle niks beter as die persoon wat by ander se huise inbreek, ander se besittings steel, hulle vrouens verkrag en hulle kinders vermoor nie. MAW HULLE MAAK NET SKADE!!!
Diere maak so- dis net 'n bobbejaan wat nie vir jou vra om jou vrugte uit die boom te vat nie en dan nog die skille ook net neergooi nadat hy ge-eet het. Opgevoede mense vra of hulle kan kry en gooi nie die skille op die grond nie. Dis nie krimineel nie eerder dieragtig.
Ek ondersteun vir taffie
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos
Jassie
Ek stem!!
Taffie
Kom ons hoop net die
doen hulle werk ordentlik en dat die skuldiges vasgevat word en daarvooe sal boet!!
Groetnis
Ek stem!!
Taffie
Kom ons hoop net die
Groetnis