Het n bitter lekker bosveld jag agter die blad. Ons het ongelukkig nie die kwota vol gemaak nie, En die groot Tanne man het my ontwyk, Maar sal more weer terug gaan soontoe
Kon darem n paar varke platmaak sowel as twee "walk en stalk" Jakkies....
Hier is so paar fotos jammer vir die kwaliteit is met die selfoon geneem.

416 werk vir alles

350 gr barnes werk mooi!

My groot maat Mauritz het ook sy eerste vark platgetrek hy is die man in die rigby video met net een been

Het die 350gr barnes herwin uit varkie wat ek so bietjie verder as die aanbeveelde afstand geklop het.....

My groot vriend doep ook heelwat mooi varke geklop, ek weet nie wat maak ons ander pel daar in die agter grond nie.....

Plaas is regtig mooi, hoofsaaklik beesplaas maar die kamp en geriewe is eerste klas!



Groete H.
PS as iemand die kiekies kan regmaak sal ek dit baie waardeer, ek sny maar gras vir n lewe....



