Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Ek het n tydjie gelede begin soek na n Bontebok, vir my trofee kamer, en toe heel toevalig van n plekkie gehoor, hier in die skone Kaap.
Baie van julle weet seker al, dat ek een van daai "snobs met die boastfull smiles" is waarna Piet Skiet verwys het, toe daar oor Sako's vrae gevra is, so ek was taamlik huiwerig om ja te sê, toe die boer vir my sy Musgrave 308, met 'n Lynx teleskoop( sonder die magic kruishaar) aanbied om my Bontebok mee te skiet, instede van al die "schlep" om my geweer saam te karwei en vir n week lank op te pas, terwyl ek eintlik saam die familie op so bietjie van n wegbreek is.
So, effe teen my sin, stem ek toe in, en daar aangekom, sak my moed verder in my skoene. Die musgrave is n regte werks geweer en dit lyk of hy presies dit gedoen het vir die laaste drie eeue! Kolf is al op twee plekke gebreek en weer gelas, skroewe ingedraai en nog nooit olie gesien nie . Hier en daar is daar darem tekens van blou op die loop en die teleskoop is so vol grond, hy verstel nie meer terug van nege af nie.
Groot was my verbasing egter, toe ek op die toetsbaan drie skote deur dieself gat kon jaag, en yoe voel ek weer effens rustiger.
Die plaas behoort aan Rheinmetal, die manne wat ons wispultierige kruit maak, en die ondernemer saam wie ek gaan jag het, besit die wild op die' 2000ha plasie in die berge, net buite Wellington. Wild in groot getalle is heeltyd sigbaar en die natuurskoon, met enorme watervalle uit die majestieuse sneeubedekte berge is nodeloos om te sê, vir n Gautenger, soos die paradys.
Na n halwe dag se soek en deur kyk, het ek my ram gekies en na so halfuur se stok en nader kruip, kon ek die ram plat kry.
15 1/4 duim en sommer baie spoggerighttp://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zpsaa2b33e2.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps6a19c5a2.jpg
Na die fotos geneem en die ram opgelaai is, het ek en die boer ernstig begin gesels oor, n paar reuse elande wat ek vroeer gesien het, en hy was toe heel ingenome, om my een te laat skiet.
Ons het hulle weer opgespoor, deur gekyk, twee maal nader probeer kom, en met die derde probeer slag, danksy n klein stroompie en biesies tussen ons,kon ek darem n skoot inkry. Ek het die 150 gr Gameking, versigtig agter die bok se blad in gedruk, en toe hy omvlieg, hom sommer nogeen op die selfde plek, aan die anderkant, so in die hardloop, ook gegee. Die bul het so 20 tree gevorder en toe gestruikel!
Ek was oorweldig, deur die reus se grootte, en natuurlik baie in my skik.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zpsa1ee5273.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zpseb226fad.jpg
Die hart, met die duidelikke twee skootjies deur en my no 11 skoen vir perspektief
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps5c0a55ba.jpg
Groete

Last edited by kopskoot on Thu Jun 06, 2013 8:29 am, edited 1 time in total.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Baie geluk Ronald, jy tik hulle nou lekker vinnig af sien ek 
Daai Eland het darem 'n lekker bos hare aan hom !

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Ronald,
Mooi gegooi maat!
As jy nie genoem het dat jy met 'n Musgrave geskiet het nie, sou ek gedink het daai lelike geweer is een van jou Sako's!

Goed, beter, 6millimeter!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
kopskoot wrote: Groot was my verbasing egter, toe ek op die toetsbaan drie skote deur dieself gat kon jaag, en yoe voel ek weer effens rustiger.
Nou wat sê die heilige Sako man hiervan, gaan ons erken dat 'n Musgrave ook mooi kan maak of gaan ons dit alles dank aan die magtige .308
Last edited by Marc on Thu Jun 06, 2013 8:38 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Gerrie Smith
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Ek se mos die Kaap het alles! Het jy dalk 'n nr van die boer vir my? Ek wil ook bitter graag so mooi eland op my kerfstok sit.
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Pragtige Bokke. Baie geluk.
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Baie netjies Ronald, voorwaar 'n pragtige elandbul daai, gaan een mooi trofee maak. Bontebok net so mooi, daai streep op die voorkop raak amper vir blesbok.
Geluk.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Baie mooi gegooi. Vrek mooi skote op daai eland se hart! Baie geluk!
Veiligheid eerste manne!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Lekker man Ronald - baie geluk!
Lekker lees en great foties!
Lekker lees en great foties!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Triple2
- Sr. Member

- Posts: 352
- Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
So lyk my "Kopskoot" is 1 van daai omgekeerde byname. Soos 180 kg ou wat jy Tiny noem!kopskoot wrote: Ek het die 150 gr Gameking, versigtig agter die bok se blad in gedruk, en toe hy omvlieg, hom sommer nogeen op die selfde plek, aan die anderkant, so in die hardloop, ook gegee. Die bul het so 20 tree gevorder en toe gestruikel!
Die hart, met die duidelikke twee skootjies deur en my no 11 skoen vir perspektief
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps5c0a55ba.jpg
Groete
As my ligboy so eland raaklig in die aand, jaag ek hom van my bakkie af
Groete
Devan
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Mooi gemaak ou maat!! Dis n bitterlike mooi Eland bul daai, meeste ouens skiet in n leeftyd nie 'n bul met so moerse kuif nie! Die bontebok is ook glad nie te versmaai nie! Mooi bokke en mooi fotos... Lekker as n man sommer so op die familie wegbreek gou n trofee of 2 kan bymekaarmaak...
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Baie geluk Ronald.
Mooi geskiet
Mooi geskiet
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
He he he, ek het nog nooit n lelike Sako gesien nie!Geno wrote:Ronald,
Mooi gegooi maat!
As jy nie genoem het dat jy met 'n Musgrave geskiet het nie, sou ek gedink het daai lelike geweer is een van jou Sako's!
Ps. My skoonpa sê, van hy het laas n lelike vrou gesien, toe hy 50 was!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Kopskoot
Baie geluk, 2 pragdiere, vertel net vir my 2 goed, 3 Bladskote? en afstande?
Groete
Jaco

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Baie mooi gedeon jy kan sommer sien daardie bontebok is 100% bontie met die mooi kleur wat uitstaan.
En die horing lengte is ook nie te versmaai nie hy kom ook seker maklik in die boek.
Ek sien die eland het jou ore aangesit met sy kuif
Deesdae kan ek enige bul skiet met enige kuif en hy sal my ore aansit.

- evdberg
- Sr. Member

- Posts: 285
- Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Wel Gedaan !
kyk net daai Kuifkop ! Mooi Eland hoor.
kyk net daai Kuifkop ! Mooi Eland hoor.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
.308 HOWA
9mm Glock 19
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Pragtige trofee! Die Bontebok is beslis mooier as die Blesbok, amper soos die Stellenbosch meisies mooier is.
Ronald as jy nie daai eland shoulder mount nie kan jy 'n nice tope maak met daai kuif van hom. As jy dit uitwas en netjies kam sal dit soos Riaan Cruywagen se kuif lyk.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Pragtig man! Nou kan ek met gerustheid ook die 150gr in my 308 aanwend!
Aim small, miss small
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Ek kon toe vandag weer n draai daar maak, en daai kuifkop se ouer broer plattrek
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps219bc7e5.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zpsff33c9a3.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps5362ce2f.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps764bf64e.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zpsabf24b64.jpg

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Hel Ronald,
Daai isn enige mens se droom Elande en jy skiet sommer 2
Wel gedaan, musgrave en al.
Mooloop
JP

KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Baie mooi trofee. Ek droom van so een. Baie geluk.
Het jy hom gecape?
Groete
KK
Het jy hom gecape?
Groete
KK
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Magtag maar jy laat staan ook niks, baie geluk maat, die man het mooi karakter. Hoop ek mag ook eendag so kalant raakloop 
Het jy toe 'n Sako saamgevat, of het ou betroubeer weer diens gedoen
Het jy toe 'n Sako saamgevat, of het ou betroubeer weer diens gedoen
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
3 Pragtige diere. Baie geluk.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Kaapse Eland.... In die Kaap, en o-ja n Bontebok ook
Well done Ronald!! Well done