So Vrydag oggend om 6:30 het Hugo (Hugov) en Jaco by ons plaas aangekom reg om te jag. Dit was nogal koud en die kar het -7 grade gewys. Ons het die waentjie af gehaak en so is ons na die jagters huisie toe. Toe ons daar aankom sien ons paar eland koeie naby die huisie en die opwinding het hoog geloop. Ek het gou vir ons ‘n koffietjie gemaak net om bietjie op te warm en alles ge-check toe is ons veld toe.
Daar is ‘n lekker koppie op die plaas so die plan van aksie was om op die koppie te gaan staan en kyk waar die elande loop. Hugo het gekom vir ‘n ou bul en Jaco wou ‘n jong bul skiet. Dadelik sien ons toe ‘n trop elande met die verkykers en besluit om vir hulle te gaan want daar is paar mooi jong bulle in. Ons het ook ‘n ander trop gesien wat een van die groot ou bulle ingehad het. Daar is besluit om eers vir die jong bulle te gaan.
So is ons af met die koppie en agter die trop aan. Nou ja laat ek julle vertel as iemand sê eland jag is maklik dan weet ek nie so mooi nie veral as mens net spesifieke bokke wil uit soek. Ons het lekker bekruip en hulle was naby maar die jong bulle het net nie reg gestaan vir ‘n skoot nie, kompleet of hulle geweet het hulle moet heeltyd tussen die koeie bly.
Dit het so aangegaan vir die hele dag met so kat en muis speletjie en die jong bulle het net heeltyd tussen die koeie gebly.
Dit het toe laat geraak en ons is terug huisie toe. Vol moed dat die volgende dag beter resultate sou op lewer. Lekker gebraai en dood seker gemaak ons neem genoeg vloeistof in sodat ons nie sal ontwater die volgende dag nie. LOL.
Vroeg Saterdag oggend het ons opgestaan en ‘n lekker koffie genuttig. So is ons weer agter die elande aan. Kat en muis speletjie duur toe voort. Ek laai vir Jaco by ‘n grond dam af wat droog is soda thy by die walk an weg kruip. Ons is met die bakkie om en die elande gaan staan nie ver van hom af nie. Weereens bly die bulle tussen die koeie en maak dit nie moontlik vir ‘n skoot nie. Hulle hardloop toe weer terug koppie se kant toe. Hier besluit ons maar om weer op die koppie te gaan staan en kyk waar hulle is. Terwyl ons op die koppie staan sien ons hulle is net so ent ondertoe en staan in die koelte.
Die een mooi jong bul staan mooi oop en plank dwars en ons bekruip saggies na a bos toe wat op die punt van die koppie staan. Jaco maak reg en ons “range” die bul op 206m. Die 375 met GS Customs blaf en ons kon nie dadelik sien of dit raak was nie. Toe die bul draai sien ons toe duidelik met die verkykers die anderkantste blad is nat van die bloed waar die projektiel uit is. Ons gee hom so rukkie en Hugo vat toe die bakkie om. Ek en Jaco is soos dassies daar by die rotse af en kry toe duidelike bloed. Die bul gooi bloed sover as hy hardloop. Ons het hom redelik ver gevolg maar gelukkig het hy vir ons ‘n duidelike spoor gelos. Loop nog so om ‘n bos en daar lê hy. Pragtige jong bul.
Ons het foto’s geneem en die trekker laat kom om hom te laai.
Hugo het besluit hy sal eerder maar weer terug kom vir daai groot ou bul. Daai ou bul het nie verniet so groot geword nie. Lekker skelm.
Ek vra toe of hy nie dalk ‘n kudu koei wil skiet nie en hy stem in. So is ons na waar die kudu’s loop. Skaars daar aangekom en ons sien hulle. Hugo lê toe aan met die 416 en vat sy skoot. Mooi skoot en sy lê. Ons laai haar toe sommer op die bakkie en gaan laai haar by die slag plek af.
Daarna is ons terug huisie toe om te gaan ontspan. My neefs, skoonpa en James (James Wright op die forum) het ook ‘n draai kom maak daar en ons het toe bitter lekker gekuier en gebraai.
Baie lekker jag gewees en ek glo dit manne het dit baie geniet!
Hier is paar foto’s ook…
Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Hier is nog so paar foto's..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Mooi gedoen julle!
Marno die huis het mooi uitgekom!
Marno die huis het mooi uitgekom!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Baie netjies julle!
Geniet daai billies!
Geniet daai billies!
ek soek nog wapens...
- James Wright
- Sr. Member

- Posts: 319
- Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Marno,
netjiese storie.laat my nou sommer erg jeuk om in die vrystaat te kom.
netjiese storie.laat my nou sommer erg jeuk om in die vrystaat te kom.
-
stan man
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
mooi storie en n mooi jag. dankie vir die deel.
-
Jacod
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Wed Jul 10, 2013 8:09 am
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Dankie Marno, dit was 'n great naweek gewees en ek is baie trots op my vleis bulletjie !
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Doep don't be that guy.....
Vertel die manne bietjie van jouself.
Cheers H
Vertel die manne bietjie van jouself.
Cheers H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Eland jag 28 Junie 2013 tot 30 Junie 2013
Mooi gedoen en sommer lekker vertel.

