More mede lede,
Na n lang gewag kon ek uiteindelik die afgelope naweek n draai in die jagveld maak. Ek en twee vriende het Vrydag oggend dou voor dag Beaufort Wes toe vertrek. Ons het so net na 9 uur op die plaas gearriveer. Die wind was rof. Ons het gehoop dat hy na Saterdag se kant toe sal rustiger raak maar te vergeefs. Hy het beide vrydag en saterdag gewaai so ek het geweet n moeilike naweek wag op ons.
Op die spyskaart was Kudu en Springbok, maar die eienaar se toe dat ons nie by die Kudu's sal kom nie so toe raak dit uitsluitlik springbok. Ons het eers bietjie rondgery en is later die middag afgelaai vir voorsit. My .375 was opsoek na sy eerste bloed. Ek kry toe n kans op so 220 meter en die 375 doen sy werk op n mooi swart springbok ooi, maar in die proses sluit ek ook by die halfmaan klub aan. My vriende het darem ook kans gehad op bokke maar kon nie n doodskoot inkry nie.
Moeg is ons die aand redelik stert tussen die bene huistoe nadat die kondisies ons uitoorle het.
Saterdag oggend so teen 9 uur is ons terug in die veld. Daar is meer jagters en ons besluit op voorsit. Een vir een word die manne afgelaai. Aangesien ek reeds iets geskiet het gee ek die ander manne voorkeur en my dag ontaard toe weer in n bakkie jag. Die kamp is 9000 ha groot so ons moes weer hard werk om die bokke te kry. Ek le aan om n pragtige swartspringbok ram maar net toe die skoot klap stap daar n klein gewone ram voor die swarte in. Hy kry toe sy medisyne so my rekening vir die dag is oop.
Ons het verder gesoek en ek kry toe n kans op n gewone ram en op 180 meter sit ek hom neer met n mooi nekskoot. Met die terugklim slag is die eienaar meer opgewonde as ek en stel hy voor ons probeer om die mini grandslam te voltooi. Aangesien ek begroot het vir n kudu kon ek toe die slam in my begroting inpas. Ons kry n mooi wit ram maar die skelm sit ons vir n lang ruk ore aan.
Ek reel toe eers dat ons kyk of die ander manne al iets gekry het. Hulle voorsit het nie goed afgeloop nie met geen sukses. Ons is toe op die bakkies verder. So teen drie uur lui die foon. My vriend het sy eerste bok neergetrek. Ons het almal bymekaar gekom en die man is ingeseen en is tevrede huis toe.
So n rukkie later trek die ander vriend ook sy ram neer.
Ons het verder gesoek aangesien die ander manne nog vleis wou he. Tot my verbasing ry ons toe op die wit ram van die oggend af. Hy gaan staan mooi plank dwars en ek trek die sneller. Groot was my vreugde toe ek die kol tref en die Mini Grand Slam kon voltooi. n Mooi 14" wit springbok ram!
Ek wil vir Jas van Karoo Bush Hunt bedank vir n uiters lekker naweek. Hy en sy pa het ons op die hande gedra en ek sal hulle beslis aanbeveel vir die Kaapse manne.
Winderige maar suksesvolle naweek
- Hardyman
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am
Winderige maar suksesvolle naweek
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Baie mooi springbokke!!
Veels geluk
Veels geluk
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Baie mooi springbokke. Veels geluk.
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Baie Geluk met die mooi bokke.
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Die man op die eerste foto WEET hy het sy eerste bok geskiet!!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Ek dink mos toe ook so, daai man is gesalwe van bo tot onder hahaDeeg wrote:Die man op die eerste foto WEET hy het sy eerste bok geskiet!!
Mooi bokke, geluk !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Hardyman
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Ja nee die manne het hom omtrent ingelyf. Hy moes lewer en klippers verorber.
-
Plant
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm
Re: Winderige maar suksesvolle naweek
Mooi gedoen partyman!!!
PS. Onthou om in die huweliks kontrak 'n jag klosule in te sit sodat jy ten minste 4 keer 'n jaar kan gaan jag.
PS. Onthou om in die huweliks kontrak 'n jag klosule in te sit sodat jy ten minste 4 keer 'n jaar kan gaan jag.