My vrou se eerste rooibok

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

My vrou se eerste rooibok

Post by Spanner »

Ek plaas die item in Ingels, aangesien ek dit reeds so getik het en ek maar 'n lui b?gger is en dit nie alles wil oortik nie - ek tik met net twee vingers en gaan laaaank besig wees. 

I came across this old photo from 2005 the other day. Its the first buck my wife shot. I regularly go hunting every year, and started to nag her to come with. She agreed to tag along as observer one year and enjoyed it tremendously. I started to mention the possibility of her taking part in a hunt herself the following year, and she accepted my offer readily. I made sure we put in a lot of range time beforehand and was amazed how easily she took to handling my Musgrave .30-06, and how quickly she became a proficient shot. After a few sessions she was nailing the life-size Impala targets spot on from every shooting position, right out to 100m.  Even off-hand at 70m was a breeze - I was impressed and judged her ready, so a few weeks later in 2005 we found ourselves on a beautiful 500ha private game reserve, just outside Nylstroom. (I hate the term "game farm" - private game reserve is so much more appropriate)

The amenities were very minimal, but tastfully set out with solar battery power and a donkey for the hot shower. I didn't want to go too rough or too luxurious for her first outing, lest I spoil the experience for her. We were set, and off to the range we went to confirm the gun's zero and to proof to the owner that she could hold her own..... and there she could'nt hit the big Impala target from 60m out, and that, over a dead rest of sand bags !
After the fourth shot, without even scoring a hit on the big paper she was so nervous and had no confidence left, so I decided to have a go.... with the same result !
On inspection we found that the old and cheap aluminium rear scope mount had craked and broken through. The scope must have suffered a serious bump in transit and was not serviceable anymore. The reserve owner kindly offered the use of his .308 and we reluctantly, but gladly accepted. My wife again took a seat at the bench and three shots later a neat gouping was evedent just behind the Impala's front leg - we were back in business ! Much later that day we eventually made a succesfull stalk and she took the shot at 65 paces over the shooting sticks - her preferred shooting position. Man I was relieved and so proud when the ram went straight down - perfect heart shot. I couldn't be happier. The beautiful ram was in prime condition and made the most excellent biltong.  I eventually shot a young knypkop on the last afternoon and am still being reminded of the fact that her very first buck was almost twice the size of mine ....
Since that episode, we go hunting together every year, and I bought myself a second hand Sauer 90 .30-06 and gave the Musgrave to her. She already started nagging me to allow her to go for a kudu this coming season. But we will see .... maybe.
Image

Image
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by theedge »

Netjies Mooi skkot
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Gerhard »

Congrats...

Great skoot  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by MEERKAT »

Spanner

Met so skut in die huis slaap jy seker oop oe as jy klein sondetjie gepleeg het.

Jy het seker 'n persoonlike kluisie vir die slotte
Mooi skoot hulle soort is maar yl gesaai.

Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Spanner »

Dankie k?rels.    Ek moet erken, die feit dat my vrou 'n natuurlike aanvoeling en talent het om goeie skut te wees dryf my om baie meer op my skietvernuf te konsentreer - en dis ook 'n goeie ding.  Nou oefen ek meer en skiet ek ook sommer beter. 
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Robert »

Spanner

Jy het meer moed as ek.

Ek is nou nog in die "dog box" by my vrou wat jag betef.

Ons was besig om springbokke te oes en die vrouens wou saam. na 'n logestieke nagmerrie het ons met 2 voertuie op geruk na die noorde en nou moes die kamp opgeslaan word volgens die vroue se wense en nie soos ons dit gewoontilk doen nie. (wat sal 'n man dan nou nie doen om die huisdiere tevrede te hou nie)

Volgende oggend vroeg gaan sit ons toe nou maar uit en nie bakkie oes nie. Vroulief wou ook nou 'n bokkie skiet en toe 'n mooi ram op so 100 meter loop plank dwars oop staan wys ek haar dat sy maar moet skiet.

Daar begin my probleme mos nou. Vrouief vat mos nou langer om aante le en als reg te skuif en reg te kry vir die groot skoot. Ek kyk maar so deur die scope om te sien waar die skoot tref maar daar gebeur niks.

" Skiet" fluister ek dringend want die bok se voete is mos nie vas gemaak nie en die ram raak moeg vir stilstaan.
"skiet" sis ek en daar gebeur niks. Die bok draai na regs en kyk reguit vir ons. Nou weet ek die bok gaan stert wys en dan gaan hy nie gou weer stil staan nie. Ek druk toe maar 'n skoot af en die ram slaan in die karoo stof neen.

Al wat ek se was "sorry bok". Tot vandag toe weet my ou vroutjie nie of ek sorry gese het vir die bok of vir haar omdat ek haar bok geskiet het nie.

Dit bly maar 'n teer sakie tussen ons en ek wil haar die jaar haar bokkie laat skiet sodat daar weer vreude in die huis kan kom.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Gerhard »

Robert wrote: Spanner

Jy het meer moed as ek.

Ek is nou nog in die "dog box" by my vrou wat jag betef.

Ons was besig om springbokke te oes en die vrouens wou saam. na 'n logestieke nagmerrie het ons met 2 voertuie op geruk na die noorde en nou moes die kamp opgeslaan word volgens die vroue se wense en nie soos ons dit gewoontilk doen nie. (wat sal 'n man dan nou nie doen om die huisdiere tevrede te hou nie)

Volgende oggend vroeg gaan sit ons toe nou maar uit en nie bakkie oes nie. Vroulief wou ook nou 'n bokkie skiet en toe 'n mooi ram op so 100 meter loop plank dwars oop staan wys ek haar dat sy maar moet skiet.

Daar begin my probleme mos nou. Vrouief vat mos nou langer om aante le en als reg te skuif en reg te kry vir die groot skoot. Ek kyk maar so deur die scope om te sien waar die skoot tref maar daar gebeur niks.

" Skiet" fluister ek dringend want die bok se voete is mos nie vas gemaak nie en die ram raak moeg vir stilstaan.
"skiet" sis ek en daar gebeur niks. Die bok draai na regs en kyk reguit vir ons. Nou weet ek die bok gaan stert wys en dan gaan hy nie gou weer stil staan nie. Ek druk toe maar 'n skoot af en die ram slaan in die karoo stof neen.

Al wat ek se was "sorry bok". Tot vandag toe weet my ou vroutjie nie of ek sorry gese het vir die bok of vir haar omdat ek haar bok geskiet het nie.

Dit bly maar 'n teer sakie tussen ons en ek wil haar die jaar haar bokkie laat skiet sodat daar weer vreude in die huis kan kom.

Robert
Robert,

Hoop jy kan die winter uit die dog box kom...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Christo »

Knap skoot van vroulief, Spanner.

Met die nuwe wapenwet het Ma ook gewere ge-erf. Mooi P14. Ons moet haar nou net in die jagveld kry. Sy skiet ons reeds stil by die .22 klubskiete  :-[

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Spanner »

Robert wrote: Ons was besig om springbokke te oes en die vrouens wou saam. na 'n logestieke nagmerrie het ons met 2 voertuie op geruk na die noorde en nou moes die kamp opgeslaan word volgens die vroue se wense en nie soos ons dit gewoontilk doen nie. (wat sal 'n man dan nou nie doen om die huisdiere tevrede te hou nie)

Robert
Ja, hulle kan nogal voorskriftelik raak party keer ...  Laat my dink aan die keer toe my vrou nie wou luister na raad nie en haar eie kop gevolg het. 
Ons gaan jag op 'n maat se plaas naby Tom Burke, meer beesplaas want die plaas het maar gewone drade om en as jy gelukkig is kry jy dalk trek-bokke.  Op die kamp-site waar ons tente opslaan staan 'n ou plonsput.  Die ding is seker ouer as my pa, leun sommer ook so skeef asof hy ou rugby besering het.  Ek gaan ondersoek die aff?re en besluit, dit gaan nie deug nie.  Die hout sitplek is al opgevreet aan die onderkant deur termiete, hy het al ?n lekker hol klankie as jy aan hom tik.  Ons spannetjie het daar aangekom nadat daar reeds die hele vorige week mense daar was, so die put het reeds ?n ?klank? gehad van in die son staan en gis.  Vertel ek vir mamma-beer dat ek voorstel om eerder die graaf te vat en ?n gemaklike koelteboom te gaan soek as sy voel die natuur roep.  Maar nee, hardkoppig ! 
Sy maak ons amper ?n ton sand in die put afgooi om die reuk te begrawe, want sy hurk nie oor ?n oop gat nie.  Die volgende oggend nog voor ons op is, is mamma uit die tent met rol papier onder die arm, en daar trippel sy na die leunende knaphuis toe.  Ek loer so met die een oog uit die tent se b?k hoe maak sy die deur netjies agter haar toe, en het net die oog laat toe val ... toe alle hel losbreek ! 
Die gil wat uit daai huisie kom sny soos weerlig deur die lug.  Almal is dadelik wakker en verward.  Mans ruk tente oop, ander gryp na gewere en almal vloek en skree terug.  Ek strompel uit my tent uit na waar sy steeds onophoudelik skree, en ruk die hout deur oop.  En daar kyk ek in haar gillende kop wat bo op haar t?kkies rus vas wat onder haar sweetpakbroek uitloer, maar mammabeer se bolyf is weg. Die sitplek het sy laaste asem gegee net toe sy haar sit kry, en daar w?tter sy amper agteroor in die put in.  Sy kom net-net hou vas kry om haar val te keer, maar daar hang sy ongrasieus soos ?n vink aan ?n nes.  En steeds skreeu sy onophoudelik. 
Met die hulp van ?n maat het ons haar daar uit gelig en het sy begin bedaar.  Toe kom ek alles op deur te begin lag.... Ek kon myself nie help nie, ek het letterlik myself nat gemaak van die lag ? dis mos vroeg oggend en die blaas is propvol.  Mammabeer het dit nie so snaaks gevind nie, maar as sy na my raad geluister het  sou sy nog haar waardigheid gehad het.  Vroumense ! Maar nodeloos om te s?, sy het vinnig geleer dat die graaf nie net saamgaan om kole uit die vuur te skep as daar gebraai moet word nie .
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Jagtersdok »

Spanner
Dit was een van die beste jagstories wat ek in 'n lang tyd gehoor het, Soos jy dit beskryf sien ek die hele petalje voor my af speel. Ek moet s? ek het my self amper nou nat gemaak van die lag :)
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Christo »

Jagtersdok wrote: Spanner
Dit was een van die beste jagstories wat ek in 'n lang tyd gehoor het, Soos jy dit beskryf sien ek die hele petalje voor my af speel. Ek moet s? ek het my self amper nou nat gemaak van die lag :)
Stem saam
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
hagar

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by hagar »

Fotos of dit is net n storie!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My vrou se eerste rooibok

Post by Monrique (SJ) »

Spanner

Nou het ek darm gelag.
Die skoner geslag dink mos ons gebruik partykeer ons onderkant om mee te dink tot so iets mos gebeur.

Groetnis
SJ
Post Reply