lekker Namibia jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

lekker Namibia jag

Post by Robert »

Ek het die voorreg gehad om die afgelope week in die noorde te jag naby Otjiwarongo.

Die gemsbok en kudu geskiet met die 375H&H . lekker gekuier en die plaas eienaar en sy gesin gasvry soos min.

Image

Image

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lekker Namibia jag

Post by Jagtersdok »

lekker man Robert

S? my bietjie net, hoe het daai Gemsbok gestaan?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: lekker Namibia jag

Post by Monrique (SJ) »

Mooi gegooi Robert. Vertel bietjie meer, punte gebruik, gewig uitgeslag,ens. Geniet die steaks en biltong. Groetnis SJ
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: lekker Namibia jag

Post by Robert »

j\dok
Gemsbokkie het so 220m gestaan by die rand van die swarthaak bos en so kwart-aan gestaan. ek het haar hoog reg agter die blad gevat.

Jy sal sien die punt is bietjie ver agter uit, Sy het so 100m gehol voor die petrol opgeraak het. Die lewer geraak en die nier en dikaar in die binnekant gesny. Die nier was gepulp. :-\

SJ
Ek het 250gr Spartan punt gebruik met 71,2gr S355 op sy gat @2700vt\sek.
Bietjie teleur gestel in die punts se werk vermoe. As jy nie groot bene slaan nie klink die punt nie om nie en loop die punt los deur die bok. dit maak net klein gaatjie in en uit. Maak min bloed en spoor is moeilik om spoor te volg.  ???

Die Kudu het ek teen skemer reg agter die oor geskiet op 135m . Die kdu het soos verwag net daar neer geval, geen vleis skade.

Die Gemsbok en Kudu het tafel vleis geraak en maar 'n bietjie biltong gemaak.

Ek het 'n vlakvark vir die werker op die plaas geskiet. Ek het haar op die blad geskiet op 'n afstand van so 110m Die blaaie is verwoes met 'n groot gat (soos 'n vuis) op die uitgang kant. Die ot het net daar neergeslaan. Vleis skade nogal erg.

Die Gemsbok het 78kg uit geslag en die Kudu 125kg.

Die steaks gaan voorentoe smaak. :D ;D 8)

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: lekker Namibia jag

Post by Jagtersdok »

Robert
Dankie vir die terugvoer. Ja nee, ek het gedink daai gemsie moes bietjie awquard gestaan het. Die feit van die saak ou maat is dat jy die bok huis toe gebring het en dit is al wat tel
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Post Reply