Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by tau »

So breek die Amok Bokke se jaarlikse Buk en bekruip jag aan. Ons jaarlikse afspraak by Bethaven African Safaris is ongelukkig verander nadat die plaas aan die staat verkoop is en die “new Management” nie meer jag toelaat nie. Dit was rerig ‘n pragtige plaas en die wild spesies ruim en die jag are aangenaam vir stap en jag.

Gelukkig hoor Kruger hier op die forum my nood kreute en hy help my met jagplek naby Jansenville op die plaas Koedoeskop. Hy fasiliteer ook sommer die jag en reel vir ons alles. Ons moet net ons klere en gewere bring die res sorg hy voor teen ‘n BAIE billike prys.

So raak die 7 man Amok Bok span later 3 manne soos die manne se vrouens swanger raak en werk hulle vas knyp. Ons vertrek Donderdag oggend 6 uur op die 750 km roete. Die pad is bekend en die landmerke en ook so elkejaar se stop plek en eet plek etc. Die manne wat nie kon saam gaan nie word gemis en ons is half te op tyd en TE netjies. Ons word ook nie soos ou gewoonte voor Aberdeen in ‘n spoedlokval gevang nie. Hier sou ons gewoonlik dan nalope hardloop op die radar gun van die bloubaaitjie wat albei jare die boete laat verdwyn nada tons die gereg oorrompel het met ons tentonsteling van spoed en uithouvermoe(100m is ver vir vet mense).

Ons daag dus 13:00 in Jansenville op en kry vir Kruger wat vir ons die pad wys na Koedoeskop. Opgedaag en ons skiet sommer vining op 100m na ‘n boks. Ek is heel verbaas toe hulle verwag ek moet die klein swart kolletjie op die boks raak skiet. Ek meen my nuwe .375 Ruger met 200gr GS customs moet darem seker net naby ‘n bok skiet dan val hy……. My twee jagmaats die Lourens broers skiet eerste, maar hulle het veels te veel geoefen en skiet in die middel van die kol op die boks met 2 skote elk. My beurt kom en ek skiet my eertse skoot net regs en stel links en die gattjie sit in die kol ek skiet toe sommer ‘n Barnes 270gr TSX en hy is op 100m so 1 ‘’ laer. Steeds goed genoeg vir jag. Ek is verbaas ek het die kol raak geskiet, maar wys dit nie.

Kruger vra toe teen 14:30 of ons nie sommer so draai wil stap en kyk vir daai laatmiddag kudu’s. Ons stem in en klim op 2 bakkies en word op verskillende hoek van die plaas afgelaai met ‘n radio en sou dan ons pad huistoe vat en as ons iets kry roep ons oor die radio.
Dus stap ek eweskielik ‘n dag te vroeg met my geweer in die veld op my eie, ek besef dit eers oor die eerste koppie. Ek het sopas die Lotto gewen. Hier het iemand genoeg vertroue in my en my integriteit om my op my eie te laat jag. Ek klim oor nog so hoogte en scan die vlaktes om my. Ek kan my oe nie glo nie onder my in die rivier staan ‘n Kudu met sy kop in ‘n bos en vreet. EK het nog nie eens 2km gestap nie. Ek kan nie sy kop sien nie, maar die skof wys my dit is ‘n bul. Ek wil graag 3 kudu’s skiet , maar dit moet vleis bulle teen R/kg wees of koeie die 45 Duim kerf vir Trofee bulle is nie in my budget nie, ek is ook nie iemand wat groot trofees soek nie, ek soek vleis. Ek begin die koppie af te sak teen die kranse. Plek plek moet ek soos ‘n bobbejaan klouter en dit sonder om ‘n geraas te maak. Die geluk is aan my kant en die Kudu verdwyn in die bos so ek kan relatief maklik die krans afklim sonder enige bosse wat my bedek.

Na so 30 min is ek onder die koppie teen die rivier, ongelukkig is daar so 5 meter drop tot op die rivierloop se vlak. Ek moet so 300m al teen die randtjie terug om te besef die randtjie hou nog lank aan. Ek maak seker my roer is veilig, maak die geweerbelt los aan die onderste quickclip en sak so die geweer teen die drop af en toe klouet ek af. Ek gaan sit teen die riete rustig om my asem terug te kry en maak seker die wind is agter my. Die kloof is relatief diep en die wind maal maar.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4295_zps0e24ec1f.jpg

Ek het heeltyd in ‘n Oostelike rigting die bok benader met die son agter my so nou gaan ek so 200m regs om die bok in ‘n Noordelike rigting te benader met die wind lekker sterk in my gesig. Ek bekruip so sag moontlik. Stop elke paar meter en luister en kyk die wind. Ek het nou die kudu seker 45min laas gesien. Miskien is hy nie eens meer in die bos nie. Ek besluit om bitter sag aan te gaan. Ek besef met ‘n skok tussen my en die bos waar die kudu laas was is so 40m wye stuk rivier loop met groot wit klippe en geen beskutting nie. Wat maak ek nou wag ek vir die kudu wat dalk nie meer daar is nie of gaan ek vining as moontlik oor die verspering???
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4274_zpsd0f4e4cf.jpg

Ek besluit om ‘n roete te beplan en dan so vining moontlik die rivier oor te steek. Ek maak so en aan die anderkant voel dit of ek spas 100m naloop gehol het. Ek gaan sit en kry my asem terug. Druk ‘n patroon in die kamer en sit die Ruger se 3 fase veiligheids knip helemal aan. Die kudu was laas so 40m vanaf my heidige posisie. Ek bekruip bitter stadig nader. Kan die bok dan steeds op die plek wees???
Ek kom tot agter ‘n Num-Num bos en luister mooi kyk die wind alles lyk reg. Ek staan so bietjie uit my gebukkende posisie op en 12m voor my staan die bul! Ek vries en na so 2 sekondes sake k stadig af. Ek haal die veiligheids knip af haal diep asem en besf met eens…..ek het nog steeds nie die bok se horings gesien nie, wat as dit trofee bul is en nie vleis bul nie? Ek besluit dadelik in my lewe sale k nooit weer so naby ‘n Kudu so naby skiet nie. Toe ek opkyk agter die bossie uit is die Bul weg. My hart sak weg ek het te lank gevat. Ek sak weer agter my bos en luister mooi. Ek hoor die bok stap. Ek luister mooi en dit klink of hy nader kom. Ek Loer weer en reg voor my staan die bul 7m van my af(Kruger was by na die tyd om te meet) ek het nog steeds nie die bok se horings in sig nie net sy lyf die bosse bedek hom. Ek tel die geweer op hy gaan my nou ryk dus net te naby en merk ‘n mik tussen die bosse wat my kans gaan gee en staan op my hurke(bly is ek nou vir al daai skiet opleiding met ‘n R! op die knulende posisie) die bok stap stadig na my regterkant hy vermoed iets is naby hom sy kom breek in die opening in, die horings is te groot die skoot loop. Die bos breek en die bok hal weg. Ek kan nie glo die .375 Ruger se slaankrag het hom nie plat nie. Het ek dalk sy kakebeen af geskiet. My adrenalien tree in ek herlaai. Presies waar ek die rivier oorkruis het met die groot klippe sien ek hom weer hy lyk of hy te veel spoed het en ek skiet voor ek dink. Die skoot vang hom van agter in die nek en hy val hard neer. Ek kom by die bok en hy is reeds dood. My hoek na die bok en die afstand het my geflous die skoot was bietjie lag, en ek het die slagaar en die lugpyp afgeskiet. Mens oefen nie juis op 7m nie. Die bok is groot en mooi. My adrenalien pomp nog. Ek kan dit eintlik nie glo nie. Ek besf hoe gelukkig ek was met die wind, bosse en area wat ek gehad het om deur te bekruip.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4245_zps244da8f5.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4251_zps5922d37d.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4260_zpsd02f7f49.jpg

Die bok is dood en eweskielik loop die trane uit sy oog. EK bedank die bok en die Here vir die geleentheid engee die bok sy laaste maal soos die duitsers my geleer het.
Ek roep vir Kruger oor die radio en hy kom haal my en die bok. Oja die bok meet 47” dus oor die 45” regulasie en die prys is bietjie meer as my budget, maar dus OK ek het sopas die kans gekry om ‘n GrysGees te jag. Ek sal nie die word uitoorle gebruik nie, maar voorbereid.
Last edited by tau on Tue Jul 23, 2013 12:00 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by tau »

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4271_zps5fd27dd5.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4273_zpsb25a500d.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4296_zps5309311e.jpg

So paar kiekies van die plaas
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Hugov »

Baie geluk en goed gedoen!!!

Groete H
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by FCLoretz »

Baie mooi storie dankie vir die deel Tau
tau wrote: en gee die bok sy laaste maal soos die duitsers my geleer het.
Vertel bietjie meer van die storie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by tau »

FCLoretz wrote:Baie mooi storie dankie vir die deel Tau
tau wrote: en gee die bok sy laaste maal soos die duitsers my geleer het.
Vertel bietjie meer van die storie
Die Duitse jagter druk altyd 'n takkie in die bok se bek na 'n jag as teken van respek vir die bok en noem dit sy laaste maal. Ek het as kind dit altyd baie geniet as hulle dit doen. Ek voel altyd na so stapjag dat ek die dier waardig moet hanteer.

Ek tik vanaand nog dag twee en drie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by FCLoretz »

Dankie Tau.

Eerste keer wat ek dit hoor
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
stan man

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by stan man »

mooi jag storie .baie geluk dit was n mooi bok.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by henried »

Besonders!
Ek vang my elke keer, as ek so 'n jag storie lees, dat my hard vinnig begin klop. Mooi geskryf.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Eugene »

Baie geluk man en baie goed geskryf, voel of ek daar was!
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by FHM »

Jislaaik Tau dis n pragtige bul daai !!! ;)
Baie geluk ou maat, en dankie vir die lekker jagstorie en foties by.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Kallie Fernhout »

Mooi storie webb
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by tau »

Dankie manne. Ek was baie gelukkig. Iets wat meeste kudujagte kort kom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by FHM »

tau wrote:Dankie manne. Ek was baie gelukkig. Iets wat meeste kudujagte kort kom.

Jy ken mos die gesegde...."Hoe meer jy offen hoe gelukkiger raak jy"...ex Gary Player ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Chevvy SS »

Netjies Tau!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Gawie(13mm) »

Bitter mooi gemaak.
Ek het nou lekker saam gejag.
Kan nie wag vir dag twee en drie.

Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Marc »

Dankie vir die deel Tau, ek het lekker saam gejag.

Geluk :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Geno »

tau wrote: en gee die bok sy laaste maal soos die duitsers my geleer het.
Dankie Tau. Mooi storie!

Waidmanns Heil!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by GreyGhostGear »

Lekker John! Geluk met jou mooi bul.
Cheers
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by BRNO (Pierre) »

tau wrote:Dankie manne. Ek was baie gelukkig. Iets wat meeste kudujagte kort kom.
n Vriend van my se altyd:" n mooi koedoe bule gebeur net op n dag met jou". Ek reken hierdie is so waar aan sy gesegde as wat kan wees. Daar het op jou dag een, n mooi koedoe bule met jou gebeur. Baie geluk, en dankie vir die mooi deel van die storie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by FHM »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
tau wrote:Dankie manne. Ek was baie gelukkig. Iets wat meeste kudujagte kort kom.
n Vriend van my se altyd:" n mooi koedoe bule gebeur net op n dag met jou". Ek reken hierdie is so waar aan sy gesegde as wat kan wees. Daar het op jou dag een, n mooi koedoe bule met jou gebeur. Baie geluk, en dankie vir die mooi deel van die storie.
Feite...soek die hele seisoen daai mooi bul - kry hom nie. Gaan jag Eland op dieselfde plaas daarna, kudu bulle kom 3-4 in op n slag...en ek MOES sit en wag vir die elande...my hart was in Std 9 laas so verdeel...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by DawieKotze »

Baie lekker storie en mooi bul!!

Dankie vir die deel. Die bokkoors sou my heeltemal gegooi het as ek so naby gekruip het. Ek glo nie daar is een jagter wie se hart nie teen 180 slae sou klop nie!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Wismit »

Baie mooi bok en baie gelluk.

Daai traan het my meisie kind ook sommer 'n traan laat strort.

W.S
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by grumpy »

Mooi Tau en geluk. Baie mooi bok en horings.

Laat hy droog word voor jy betaal dan het die horings gekrimp. Die ou verneuk jou nou met 1"! Hy krimp maar jy betaal vir dit! ;D
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by Kruger »

grumpy wrote:Mooi Tau en geluk. Baie mooi bok en horings.

Laat hy droog word voor jy betaal dan het die horings gekrimp. Die ou verneuk jou nou met 1"! Hy krimp maar jy betaal vir dit! ;D

"Die ou" lees wat jy skryf.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-

Post by tau »

Kruger wrote:
grumpy wrote:Mooi Tau en geluk. Baie mooi bok en horings.

Laat hy droog word voor jy betaal dan het die horings gekrimp. Die ou verneuk jou nou met 1"! Hy krimp maar jy betaal vir dit! ;D

"Die ou" lees wat jy skryf.
Dus my plan Grumpy hy het my hoekal vertel hoe hy met 'n motorhandelaar verskilletjie uitgesort het by CPA......... :laugh:

Nee wat my besluit was die regte een die oomblik is min teen die herinneringe.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply