Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hallo Almal
Ek kom uit die karoo en ken net koedoes en springbokke. Dit was vir my 'n belewenis en ervaring om hierdie mooi bok te skiet. Ons het hom gejag deur te walk and stalk. Ek het 'n 270 met 150gr Sierra gebruik en die bok op 165m geskiet.
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Dis by 'n vriend van my wat daar in die duine boer in die Riversdal/Stilbaai distrik. Dis regtig 'n bosbok paradys! Daar was die vorige week in een middag 17 ramme getel, waarvan slegs 2 geskiet geword het. Die Oom is baie heilig op sy bokke! Haha! Ek is net bly ek het sy rug afgeskiet, want julle sal kan sien hoe hoog die skoot op sy knoppe sit. Ek het gehoor hy is 'n knorrige kerel as hy gekwes is.
Oom Johan, ek moes teen my wil, my vriend se 270 vat, want die staat vat 'n ewigheid met my lisensie!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ponkie
Ek ry ook more Riverdal se kant toe my skoonmense bly daar,ek gaan juis om springbokke te skiet,ek weet ook daar loop n paar mooi bosbokke rond maar soos jy se dis mos heilige goed daardie dalk mag ek een piets sal foto opsit
groete
Ons het nog nie gemeet nie, maar die bok het baie reguit horings, daar is nie 'n vreeslike diep draai in nie,so ek mik meer vir 12 na 13 duim. Die boer van die plaas se hulle het nog nie baie geskiet van 15 en meer nie. Daardie lengte kom blykbaar meer in die Oos-Kaap voor.
Groete
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield