Namibie jag 2013
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Namibie jag 2013
Ek wik en weeg nou al n geruime tyd of ek ook een van my jagte met al die gesoute jagters en goeie vriende wat ek al laaste jaar op die forum gemaak het moet deel, elkgeval vanaand die moed by mekaar geskraap .
So 2 maande trug bel een van my ou skool vriende my en vra hoe lyk my vleis vooraad daar by die huis. Ek antwoord hom laag soos enige jagter maar so aan die begin van die jag seisoen. So paar stories oor wynmaak gepraat aangesien ons altwee in die selfde bedryf is en nie lank nie vra die ou of ek nie saam hom wil Namibie toe ry nie om by sy skoon mense so paar skote te gaan skiet. Dit was seker 20min en alles was gereel en so 2 weke later is ons oppad.
Bakkie gelaai met n hele kelder se wyn vir die skoonmense en seker n ton lemoene, vleispermitte net net betyds, 100 patrone per kaliber,11 uur die vrydagaand is ons 3 man oppad na die goeie ou Suid-wes Afrika. Ons die oggend so 6uur by vioolsdrif deur die grens sonder probleme. In Keetmans draai ons regs oppad Koës toe. By Koës gekom was dit nog so 140km seker een van die mooiste duine paaie wat ek nog ooit gery het. Ons het die saterdag middag so 7uur op die plaas aangekom na ons almal al goed deur gesit is.http://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00046_zps8792004c.jpg Daar gekom afgepak al die mense gegroet die hele wyn oes en citrus oes van weskaap afgelaai en gou net gekyk of die gewere nog skiet waar hul moet.
Maandag oggend was die eerste dag in die veld. Kyk manne ek het groot geword daar in die Koue-Bokkeveld en ek het gedink ek ken koue maar daai koue is anders, ek het later nie meer geweet hoe om te staan nie. Ons was net so oor die 3de duin van die huis af en die Cruiser se neus steek vas. Hennie die oom se seun se vir my ek moet skiet. So 230m voor ons in die straat staan toe die eerste springbok. Daar word gou vinnig gerange stel die scope op 230m skoot loop mooi, eerste springbok van die trip is op die cruiserhttp://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00008_zps7d50bda4.jpg
Nie lank daarna nie as ek reg onthou seker net 2 strate verder was dit n mooi ooitjie se beurt op saam ons agter op die cruiser koud te kryhttp://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00007_zpsdd314a3d.jpg.
So tussen ons het ons die dag 19 mooi springbokke geskiet waarvan die swaarste ram 29kg aan die hak was wat n bitter mooi dier was.
Die dinsdag oggend was dit eers klaar gespeel met die klein wild en ons besluit maar vandag gaan ons gemsbok jag. Die Kamp waarin ons skiet is so 11000ha groot en ek weet dit klink groot en dit is seker groot maar ek het in my lewe nog nooit so baie gemsbokke gesien nie. Ons het die eerste dag 5 troppe gekry wat Hennie geskat het van 130+. So dit was ook nie lank nie en ons kry die eerste trop. Hulle was eers so bietjie rondtrapperig aangesien ons nie die wind in ons guns gehad het nie. Ons het so tydtjie gestaan. Hulle het begin rustiger raak en heel regs se Hennie vir my staan n mooi koei. Range sy staan 247m plankdwars. Ek vra vir Hennie kan ek maar skiet. Die ja woord gekom en daar is die groot oomlik. Die wyntjie het so effens van regs gewaai. Ek stel gou die teleskoop op die regte afstand trek die geweer teen my skouer vas kry asemhaling onder beheer, druk die sneller saggies en daar loop die skoot. Ek sien in die teleskoop hoe die pragtige dier sy kop laat sak en sy agterbene oprik en daar le sy.http://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00019_zpsa12a0629.jpg Watter prag dier. Dit was seker van die vetste gemsbokke wat ek al gesien het. 134kg aan die hakhttp://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00032_zps3fc52601.jpg.
http://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00022_zpsc00cb136.jpg
Ons het die dag 3 geskiet so dws binne die volgende 2 dae moet ons 3 gemsbokke werk 19 springbokke,8 skape en 2 volstruise. Ek moet se na 2 dae se vleis werk en omtrent 200kg se wors se stop was dit seker een van die grootse voorregte wat n mens voor kan vra.
Hierdie bordtjie het daar voor die jag huis gehang
http://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/DSC00093_zps79f733e1.jpg
Die vrydag oggend is ons met swaar hart maar weer oppad SA toe met genoeg vleis vir n jaar. Ons was skaars deur die grens toe bel my vrou en wil sommer net hoor of sy by voorbaat solank nog n vrieskas moet koop en dit was ook so. Wat n voorreg is dit nie om so in die natuur te kan lewe niehttp://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/IMG_2735_zps3f63e3fe.jpg

-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Namibie jag 2013
Lekker storie Kallie.
Mooi geskiet!!
Daai laaste bordjie maak dat n man sommer in die pad wil val en ry!!!!!!!!!!!!

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Namibie jag 2013
Kallie, jy laat my jou verlang na plekke waar ek nog nie was nie.
Jy vertel soos julle wyn maak: Lekkerrrrrr!
Jy en daai Howa is 'n dodelike kombinasie. Mooi "helmet-houe".
Ek sit volgende jaar links agter.
Groetnis

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Namibie jag 2013
Ek kan nie verstaan hoekom het jy so lank gevat om die storie met ons te deel nie. Dit is darrem n goeie lekker ou jagstorie. Dankie! Julle manne het darrem daai helmet houe mooi uitgedeel. Met watse kaliber is daar geskiet?
Veiligheid eerste manne!
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Namibie jag 2013
Dankie Kallie.
Dit was nou lekker jag storie
Dit was nou lekker jag storie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Namibie jag 2013
Demmit Kallie, hier mors jy alweer my hele dag op! Mooi storie, en mooi wild! Daai gemsbok is regtig moddervet en die springbok wat agter hang ook.
As daardie mense laat jag (jagtershuis), laat kry my asb. die besonderhede?
Dankie.

- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Namibie jag 2013
Skote Petoors!
Mooi storie,kan sien daai Nightforce maak 'n groot verskil,weet nie so mooi van die howa nie!Ek spot wil net ou Gawie se bloed bietjie laat kook!
Mooi dag boeta!
Groete,
Corné

- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Namibie jag 2013
Mooi storie en sommer lekker gejag, geluk. Mintag, maar daai is mooi swaar diere.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Namibie jag 2013
Baie mooi geskiet Kallie.
Dis uitsonderlike diere wat julle gejag het- daai cholestrolbom met die gemsbok binne-in is ongelooflik!
Duinejag het maar net 'n bekoring van sy eie!
Hoe het die veld gelyk daar teen die kalahari grens? Lyk of daar nog redelik gras is en die duine nognie te kaal is nie?

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- JuanVE
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Re: Namibie jag 2013
Kallie, jy laat 'n man se hart met 'n punt trek.
Ek was self bevoorreg om die afgelope Julie vakansie by die skoonfamilie in Omaruru distrik in die noorde van Suid-Wes te gaan kuier en jag. Dis mos mens mense daardie en die kuiers om die vuur is anders as hier by ons. Die vakansie is soos altyd hopeloos te kort en is 'n ou mos nie lus vir die terugtog nie. Ek kon darem 'n gemsbok, blouwildebees en 'n eland jag en die 2 seuns elkeen 'n gemsbok. Een van die mooiste bokke vir my persoonlik.

- Superdup
- Full Member

- Posts: 130
- Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am
Re: Namibie jag 2013
Kallie
Daai spesifieke plaas is die een waar ons ook elke jaar heen gaan, oom Hennie hulle maak dit altyd lekker vir mens. My ouers en nog familie is hoeka die naweek weg daarheen, wens maar net ek kon gaan draai het daar hierdie jaar.
Groete
Duppie

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibie jag 2013
Superdup wrote:Daai spesifieke plaas is die een waar ons ook elke jaar heen gaan,
Chevvy SS wrote:As daardie mense laat jag (jagtershuis), laat kry my asb. die besonderhede?
Nou kyk, laat een van julle helsems nou volgende jaar of watter jaar ookal op daardie plaas gaan skiet en nie by my kom draai nie, dan is die duiwel en sy trawante op julle, want julle is 20km van my huis en jag op die buurplaas aan my westekant!7mm wrote:Ek sit volgende jaar links agter.
Kallie, baie mooi storie, en dankie vir die deel, mens raak so maklik in jou eie wêreld afgestomp en sien nie die mooi elke dag raak nie. Julle het sommer mooi skote geskiet.
Beste
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Namibie jag 2013
Dankie vir die uitnodigingKalahari wrote:Superdup wrote:Daai spesifieke plaas is die een waar ons ook elke jaar heen gaan,Chevvy SS wrote:As daardie mense laat jag (jagtershuis), laat kry my asb. die besonderhede?Nou kyk, laat een van julle helsems nou volgende jaar of watter jaar ookal op daardie plaas gaan skiet en nie by my kom draai nie, dan is die duiwel en sy trawante op julle, want julle is 20km van my huis en jag op die buurplaas aan my westekant!7mm wrote:Ek sit volgende jaar links agter.A nee a, hoe is julle harte dan, julle moet sê waar julle rondloop.
![]()
Kallie, baie mooi storie, en dankie vir die deel, mens raak so maklik in jou eie wêreld afgestomp en sien nie die mooi elke dag raak nie. Julle het sommer mooi skote geskiet.
Beste
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibie jag 2013
Gawerjan, mamoewiese plesier, ek skuld jou mos ook seker nog
Praat net laaaank voor die tyd 
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Namibie jag 2013
Nou nie so dat jy dit sal agter kom nie.Kalahari wrote:Gawerjan, mamoewiese plesier, ek skuld jou mos ook seker nogPraat net laaaank voor die tyd
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibie jag 2013
Nee wat , oorgenoeg tyd.
Skuus Kallie, ek neuk nou jou draad op. Maar julle is regtig welkom om 'n draai te kom maak, dit is baie naby.
Skuus Kallie, ek neuk nou jou draad op. Maar julle is regtig welkom om 'n draai te kom maak, dit is baie naby.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Namibie jag 2013
Kalahari daars glad nie fout nie dankie vir al die komments manne dus darm net altyd lekker om te weet daar is so baie mense wat die selfde passie vir die natuur en ons sport het
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Namibie jag 2013
Lekker gejag julle! Mooi bokke en mooi skote!
- BLOUVALKIE
- Sr. Member

- Posts: 267
- Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm
Re: Namibie jag 2013
mooi bokke oom Kallie!!
baie mooi
lekker vet bok daai
VALKIE
baie mooi
lekker vet bok daai
VALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270