Maks "bullet jump"

Post Reply
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Maks "bullet jump"

Post by Wismit »

Ek herlaai self al so jaar `n jaar of twee, maar net vir die jag veld. Nou wil ek ook vir die skietbaan begin laai.

Soos elke skut, wil ek ook graag klein groepe skiet.

Ek laai op die stadiuum vir my 30-06 MUSGRAVE asook my 308 HOWA. Ek kry op die stadium groepe van so tussen 15-20mm op 100m met beide gewere.

Ek het gelees dat hoe nader jou koelpunt aan jou groewe (maw kleiner "bullet jump") is hoe kleiner sal jou groepe wees.

My "bullet jump" op die stadium is so 0.5mm. Maar `n vriend van my s? sy "bullet jump" is so 5.0mm en ek het al gehoor van "bullet jumps" van tot 14mm.

My vraag is nou:
Wat sal julle aanbeveel, Wat is die maksimum "bullet jump" vir my twee gewere? of kan ek die punt omtrent heeltemal in die dop indruk. (sal nie regtig nie)

Ek wil die lading hou waar hy is en dan elke keer die koel punt so 0.5 - 1.0mm dieper in die dop indruk tot ek tevrede is met my groepe.

Maar ek wil darem weet waar moet ek die lyn trek.

Almal praat altyd van die maksimum lengte van hul patrone, ek wil weet van minimum lengte asb.

Help asb !!!

Of enige ander voorstelle sal waardeer word.

W.S
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Maks "bullet jump"

Post by Jagtersdok »

Wilhelm

Dit is 'n halwe waarheid dat hoe nader jou jump hoe kleiner jou groepe. Met kompetisie kamers is dit in jou gemiddelde kalibers 70% van die kere so.

Maar wat waar die volle waarheid is is dat elke geweer maar sy eie "smaak" het en die beste is om maar te speel met die seating depth te speel. Ek weet sommige manne begin .3mm in die lands en begin dan terug seat, vir my is dit bietjie "dangerous" so ek begin gewoonlik 0.3mm van die lands af weg en seat dan 0.2mm dieper met elke groep.

Ek het nog nooit gekry dat 2 verskillende wapens na mekaar van presies dieselfde jump hou nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Maks "bullet jump"

Post by Beyers »

Aanhaling uit LRH
Since this ammo will likely be used in a repeater, the magazine will determine the OAL of the cartridge. I set the seating depth for reliable feeding. I also do my load testing by cycling every round through the magazine. Cause you just never know. If you are single feeding only, try to get the bullet as close to the lands as possible. However, I don't want the bullet to fully engrave. If the bullet is loaded with little to no runout, having it on the lands is not necessary for bug-hole accuracy. The key is ensuring that the bullet will fully engrave in the lands WELL BEFORE the bullet leaves the neck. If the bullet has to make an unsupported jump, no matter how small, sub MOA accuracy will be very tough to achieve. Only solution is a new barrel or setting back the chamber. I rarely ever tune a load by adjusting the seating depth (remember that magazine?). I do all my load tuning using small changes in powder which does the same thing.
http://www.longrangehunting.com/articles/precision-reloading.php
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Maks "bullet jump"

Post by Izak H »

Dag s? manne,

Ek het so 3 weke terug begin ladings toets vir my 22-250 en was maar skepties oor baie mense s? dis `n moeilike ou om reg te kry. Veral oor COL, met my werk is my tyd vir groepe skiet beperk, ek hou daarvan om vroeg oggend te skiet voor daar 'mirage' is.
Dirk vd Heever op Hanover het my `n lading gegee, wat volgens hom in die meeste 22-250`s sal werk maar nie noodwendig perfek sal skiet nie. Ek het gelaai en toe ek COL begin meet was ek met die punt teen die groewe op 62,5mm en al die boeke praat van 60mm. Ek het die punt in gestel op 61,5mm en dit werk soos `n droom.

Image

S 335 = 34.5gr , 55gr V-Max , COL = 61,5mm , 6.8mm op 100m uit skiet stoel agter op bakkie die aand voor ek begin roep het.
Post Reply