Elandjag te Clerkstroom
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Elandjag te Clerkstroom
Hierdie was 'n vinnig gereelde jagtrippie, om op te maak vir die onsuksesvolle ene by 'n vorige geleentheid, waar die elande ons heeltyd ontwyk het. Dit was 'n suksesvolle spanpoging tussen Jakkalsgat, en Stanman wat die trippie moontlik gemaak het, ene wat ek nog lank sal onthou.
Ek vertrek toe Vrydagmiddag net na kwart oor drie uit Jhb oppad Sasolburg toe om my jagmaat daar te gaan oppik. Ons arriveer op die plaas net na 8uur die aand, en toe word daar oor en weer gegroet asof ons reeds ou vrinne is. Dis ook reg so, want hier op die forum raak ons mos vrinne.
'n Vleisie en braaibroodjie word gou deur die keel geruk na ons afgepak het, en toe is ons veld toe vir ystervarke en jakkies en ander pesdiere. Sommer binne die eerste 10 minute, laat waai Nico met die .22 op 'n ystervark, en toe die skoot na die derde "klik" uiteindelik loop, le die vark. Die pakkie .22 patrone was useless, en net daar word belsuit dat die groter roere maar aangewend sal moet word. Die uiteinde van die jag was 6 ystervarke, en 2 jakkalse, en 4 moeg manne wat so 3uur se kant bed toe gestaan het. Kyk, koue het hier nuwe definisie gekry, maar dit was een van die lekkerste jagervarings wat ek in 'n lang tyd gehad het.
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/078_zpsb0010c7c.jpg
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/079_zps80d1770b.jpg
Saterdagoggend, na so 3uur se slaap, is ons weer aan die gang, en na 'n lekker koppie koffie en beskuit, gaan soek ons vlakkies. Nico het nog nooit een gejag nie, en dit sal sy naweek maak as hy een kan kry. Die lank en die kort daarvan was dat hulle ons heeltyd ontwyk het. So teen half tien se kant besluit ons dis nou tyd vir die elande. Na 'n nie te lang gesoek, kry ons hulle in die hoek van die plaas, waar hulle redelik rustig rondstaan. Dis my beurt. Ek en Frans begin hulle te bekruip, maar hulle gewaar ons, en raak senuagtig, en een jong koei wil wil wegbreek, met die trop wat agter haar aanbeweeg. Ons hou laag, en gelukkig raak hulle toe weer rustiger. Ons bekruip weer na so 'n lagerige bos, en Frans wys die bul waarop en moet skiet uit - die derde ene van voor af, dis 'n mooie, 'n baie mooie. Ek trek versigtig die tweepoot van my geweer tot op sy langste uit, sit plat op my alie, bekyk die bok deur die scope, plaas die kruishaar net-net agter die oor, en laat loop die skoot. Die bul sak net daar inmekaar, en die res van die trop hol verskrik weg, breek amperkies deur die drade. In my binneste jubel ek, skud Frans se blad, en stap oor na die bok. Daar aangekom, staar ek opgewonde na die bok. Frans, plaas asb die fotos.
Vandaar is ons na die ander plaas om vir Nico 'n eland daar te gaan soek. Daar besoek ons gou die leeukamp, en sien ek weer hoe mooi die roofdiere eintlik is. Frans, sit fotos hier asb. (Ek is maar traag met fotos). Ons kry toe nie hier 'n eland nie, en skuif weer terug Clerkstroom toe. Ons spoor die trop sommer gou op, maar hulle is heelwat wakkerder as vroeer, en kies koers. Ons agtervolg hulle seker vir 2 uur, toe Nico uiteindelik sy skoot inkry. Ook 'n pragtige bul. Frans, Fotos asb mater.
Toe is dit afslag en laai in die trailer, want ons kon nie nog 'n aand oorbly nie. Nico het Sondag moes werk, en so teen 8uur die aand is ons oppad terug.
Frans, Ben, baie dankie dat julle ons op kort kennisgewing kon akommodeer. Jaco, dankie ook vir jou inset met die reelings. Julle sal my beslis weer sien volgende jaar. Julle het hierdie jag 'n buitengewone ene gemaak wat ek baie lank sal onthou.
Groete en seen vir julle. Julle is bakgat!!!

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Baie nice geskryf, dankie kan nie wag vir die Fotos
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Elandjag te Clerkstroom
Dankie vir die storie, dit klink sommer baie lekker.
Dis min wat man iemand kry om jou op kort kennis te help, so welgedaan aan die manne vir hulle gewilligheid om te help.
Eks baie nuuskierig om daai elande te sien..
Groete
KK

stan man
Re: Elandjag te Clerkstroom
en ek vergeet wragtig my kamera by die huis en jean spring my voor met die storie. maar hier gaan hy. toe ons die elande die eerste keer gewaar ,is die twee manne so opgewonde soos 2 standerd ses laaities op hulle eerste date.
die natuur het ons gelukkig die geleentheid gegee om te kon buk en bekruip en die manne alles gedoen soos wat ek dit graag sou wou he. as ek stop dan stop hulle ,as ek kniel dan kniel hulle,ens. maar ek en jean is met die eerste eland van die bakkie af en ons is agter die trop aan. die soetdorings in daardie omgewing het vir ons mooi skuiling gebied tot ons so 350m van die bokke af was. ons is toe maar redelik laag verder en kon die bokke bekruip tot op so 160m. hulle het egter krapperig begin raak toe die zebras agter ons begin draai en blaas. van waar ons gesit het,hardloop hulle toe na ons regterkant toe en ons is terug om die katbos waaragter ons gesit het en jeanhet plat gaan sit agter sy .308 norma magnum. ek het vir die bokke gefluit enhulle het gaan staan op so 180m. ek het die bok uit gewys en die skoot het lekker vinnig geloop. reg agter die kop en die bok het soos n plank geval. ons het n minuut of wat kans gegee ,en toe ons seker was die bok bly le het ons nader beweeg.dit was voorwaar n mooi oomblik. kyk net die man se gesig op die foto.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1644_zpsb20fc634.jpg
soos jean gese het ons is toe na die ander plaas toe en kon nie n geskikte slagoffer sien nie. ons het toe maar tyd gespandeer by die katte.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1654_zps99c71e1e.jpg
0ns is toe terug clerckstroom toe en ons het redelik gou die elande op gespoor maar nou was hulle in 2de rat en ons moes n bietjie harder werk. na n redelike gesonde buk en bekruip ,het ons die bokke gekry waar hulle wegkruip tussen n klomp katbosse. ons moes noodgedwonge weg beweeg om hoogte te kry. skuins na regs was daar so n opgeskote koppie en ons is die koppie uit. die bokke was nou verder ,maar die geluk was aan ons kant,die elande het die bos ook gebruik om weg te kom,maar ongelukkig vir hulle in die verkeerde rigting.
die bulletjie was op so194m en nico het plat gesit agter n groot rots en die skoot was aan. nekskoot nr 2 vir die dag en die eland was om. die man het n bitter groot glimlag gepak en ons is toe nader en het ons gou n ou prentjie of 2 gemaak.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1657_zps01a8adb8.jpg
ons is toe slagkamer toe en ek en ben het gou die nodige slagwerk gedoen en die bokke is in die koel wa gelaai.
dit was n kort jag ,maar die manne het darem elkeen n bok gekry . dan was daar ook nog die ystervarke en 2 jakkies.
dankie manne dit was n voorreg om julle in die veld te kon he.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Lekker storie man, jy het nou veroorsaak dat ek die naweek maar weer plaas toe...hel ek het sommer my eie arm gedraai! Dankie vir die deel en pragtige fotos. 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
stan man
Re: Elandjag te Clerkstroom
ek het gelukkig my arm nou al so dat hy permanent gedraai bly. die naweek wou hy self reg draai toe sny ek my self maar so n 3steek sny oor die wys vinger en my arm draai toe weer terug in die jag posisie . nou gaan ek maar die naweek koedoe skiet in parys.
as iemand oorreding soek om te jag kom kuier maar gerus. as ek jou nie in n jag inpraat nie,gaan ek jou in hom in sny !!
as iemand oorreding soek om te jag kom kuier maar gerus. as ek jou nie in n jag inpraat nie,gaan ek jou in hom in sny !!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
stan man wrote:ek het gelukkig my arm nou al so dat hy permanent gedraai bly. die naweek wou hy self reg draai toe sny ek my self maar so n 3steek sny oor die wys vinger en my arm draai toe weer terug in die jag posisie . nou gaan ek maar die naweek koedoe skiet in parys.
as iemand oorreding soek om te jag kom kuier maar gerus. as ek jou nie in n jag inpraat nie,gaan ek jou in hom in sny !!
Stan man jy praat nou my taal hoor - elke volbloed jagter het (meer) pelle soos jy nodig
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Geluk Jean dis mooi geskiet. Terloops ook bitter mooi geweer.
Frans jy het sommer nou my arm ook weer trg gedraai. Die 2 dae in die middestad het my gatvolgeit vir 4 mure mooi aangehelp. Die naweek gaan lekker wees

Last edited by Carl on Tue Aug 06, 2013 12:45 pm, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Hey Frans my ou maat, dankie vir jou deel van die storie. Jy't hom so lekker vertel, ek leef weer die hele jag van voor af deur. Volgende keer gaan ons beslis 'n langer kuier deurbewe, dit belowe ek.
Groete
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
stan man
Re: Elandjag te Clerkstroom
more carl. waar gaan jy die naweek jag? en wat gaan jy spesifiek teiken?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Frans, gaan maar plaas toe - skoonpa s'n. Hy het jagters waarvan ek iemand sal uitvat. En my seun wil ook skiet met die 243, die Hunt Buddie is op.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Elandjag te Clerkstroom
Baie mooi Eland.. Baie geluk.
Baie mooi skoot ook.
Baie mooi skoot ook.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Dankie almal. Dit was voorwaar 'n besondere jag gewees. Ek sal vir Frans enige tyd aanbeveel. Hy weet wat hy doen, en is 'n raakvat man in alle opsigte.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Elandjag te Clerkstroom
Regtig 'n mooi jag!