Meat Safety Act

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Meat Safety Act

Post by Chris Swart »

Wat sê die wet oor die vervoer van bewerkte vleis?

Het mens nog "jagpermitte" nodig om dit te vervoer?

Of het mens permitte nodig vir die vervoer van ALLE vleis.


Die vraag klink dalk dom, maar my redenasie is as volg.

Ek kan wettiglik enige hoeveelheid verwerkte beesvleis koop, en agter in my bakkie vervoer. (as ek verkeerd is, sê my asseblief)

Hoekom sal daar dan beperking wees op die hoeveelheid VERWERKTE wildsvleis ek mag koop en vervoer van die produsent na my huis? (Jag is immers 'n wettige transaksie waar wild van 'n boer gekoop word)

Hoe en waar ek enigiets ,wat ek wettig bekom het, gebruik kan nie beperk of voorgeskryf word nie, tensy dit onwettig is om wildsvleis te eet.
Die hoeveelheid vleis wat ek eet, kan nie ingekort word deur 'n wet nie.

Dit is volgens my 'n onredelike inperking van my reg om eerstens handel te dryf, en tweedens iets wat ek wettiglik gekoop het, te gebruik.

Ek sal graag hoor wat sê die regskenners hieroor.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Meat Safety Act

Post by Carl »

Manne,
Die vervoer is nie vir jan alleman nie- die wet en regulasies is gemik op die bedryf. Daar is slegs die deel van eie gebruik:
A person may not in a 14 day period for own consumption slaughter more than-
a)one cow, bull or ox;
b)one equine animal;
c)two pigs;
d)two calves;
e)four sheep/goats;
f)four category B game animals;
g)fifteen category C game animals;

h)twenty five rabbits;
i)twenty five head of poultry;
j)one ostrich; or
k)five crocodiles
Ek kry nie verwysing na die kategorie diere nie. Maar ek reken darem as dit so is, 4 elande en 15 springbokke, daar is min jagters wat dit skiet op een jag!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Meat Safety Act

Post by mariusr »

Een volstruis en vyf krokodille my he'll verstik ek nou aan my koffie!?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meat Safety Act

Post by Eugene »

ROBBIE1 wrote:Eugene dis alles regs tegniese goed daai, maar soos jy weet is die reg stelsel in ons land omgekeerd, in ander lande is die bewys las op die staat, by ons moet jy mos bewys jys onskuldig!! Die punt van die saak is dat die staat dit interpreter as 2 en 8 karkasse "per jagter". Die wet lees: "Private persons hunting game for own use...". Ek glo die aanklaer sal kan aanvoer dat die redelike man die wet so sou verstaan het!

Blouwildebees is maar van toepassing t.o.v. snotsiekte. Swartwildebees is nie onder daai maatreels nie, maar wel n Tops beskermde dier, en moet n Tops permit die vervoer en jag vergesel.

Kom ons sit net bietjie rustig en dink logies oor die hele ding. Alle vleise word onder gesondheids regulasies beheer, tot voordeel van die verbruiker. Wild was die enigste wat geen beheer op gehad het nie. Ja, daar het nog bitter min mense werklik siek geword van wild, maar die risiko is daar, en dit is die rede dat die staat nou hierdie beheer maatreels begin instel. Veral manne soos ek, wat die wildsvleis mark betree het en dit werlik begin bemark as n meer gesonde opsie as die nomale bees ens wat vol groei hormone ens gepomp word, moet die kwaliteit goed en reg wees. Vir die potjagter is sy eie en sy gesin se gesondheid tog ook belangrik!!
Robbie ek het geen probleem met sinvolle wetgewing, met die doel om verbruikers te beskerm nie. Maar om wetgewing sinvol op te stel, het jy insette van rolspelers in die bedryf nodig. Dit is nie hier gedoen nie. Ek is warm onder die kraag oor hierdie aangeleentheid, maar waarskynlik meer omdat die twee "inspekteurs" 'n regte Malema-houding gehad het en glad nie bereid was om die aangeleentheid te bespreek of eers vir my wou sê wat die oortreding was of in terme van watter wet hulle daar is nie! Ek moes "Mev Malema" se hoof bel om uit te vind waaroor dit gaan en wat die relevante wetgewing en artikel was. Hulle feite is in elk geval totaal en al verkeerd. Daar was 6 jagters, wat in totaal 16 SWB geskiet het en elkeen het dit vir sy eie gebruik geskiet. Die res van die bokke is nog springlewendig en word volgende week deur 'n maatskappy vir die uitvoermark geskiet, met 'n Veld Abbitoir en alles. Toe die twee rassiste egter gistermiddag uitasem daar aankom, was 4 van die jagters reeds weg en was daar nog net 6 karkaste oor. Dus 3 vir elke jagter wat nog oor was. Ongelukkig het sy klaarblyklik 'n F- vir somme gehad en kon ek haar nie oortuig dat sy verkeerd is in haar aanname nie en wou sy opsluit my klient arresteer, omdat hy die enigeste een was wat bloedbesmeer was (omdat hy tot laaste geslag het...)! Gelukkig was die SAPD lede wat ontbied is, meer oopkop en het geweier om my klient te arresteer, voordat 'n aanklaer nie eers na die "klagte" gekyk het nie...

Aanklaer het my vanoggend gebel en gesê hy het nog nooit so bol 11.1.11 in sy lewe gesien nie...

Wonder of "Mev Malema" weet wat kos die 6 SWB karkaste wat sy gister verbrand het en waarvoor sy nou gaan pa staan...
Aim small, miss small
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Meat Safety Act

Post by ROBBIE1 »

Manne raak kalm, ek het nou met Dries gesels, hys in die parlement en werk met die goed. Die nuwe wet is nog nie in werking nie.

Wat Dries ook genoem het, is dat die permitte deesdae n groot knelpunt is, en die jagters moet SEKER maak dat vervoer permitte reg is.

Eugene, die draft was oop vir bespreking en insette, dit het die 19 November 2012 gesluit. Ek het persoonlik self baie insette gemaak, maar het op my bedryf gefokus, nie werklik op die potjag deel nie, dit het ek ook na die tyd raakgelees.

Ek het die 22ste n afspraak met hom, dan gaan ons bietjie om die tafel sit en hy my al die goed mooi verduidelik, dan sal ek n post posit oor dit, of nog beter, ek sal hom prober oorreed om deel van die forum te word, dan kan ons 1ste hands inlig kry.

Ja die beperking op die karkasse is so, en word klaar toegepas, maar dit is lank reeds in wetgewing ingebring glo, ons manne het dit net nooit agter gekom nie, so daaraan kan niks gedoen word nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Meat Safety Act

Post by mariusr »

Eugene nou verstaan ek nie mooi het die mev "malema" die ou op die plaas gearrestreer of op die pad en waar verbrand sy toe die karkasse!??
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Meat Safety Act

Post by ROBBIE1 »

Carl, waar het jy die inligting van 4 kat B en 15 kat C gekry, die wetgewing wat ek het se net 2 kat B OF 8 kat C. Ek weet nie van n wysiging nie, dit is goed as hulle dit vermeerder het, tot elke jagter se voordeel dan!!

Maak net baie seker van die feit.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meat Safety Act

Post by Eugene »

ROBBIE1 wrote:Manne raak kalm, ek het nou met Dries gesels, hys in die parlement en werk met die goed. Die nuwe wet is nog nie in werking nie.

Wat Dries ook genoem het, is dat die permitte deesdae n groot knelpunt is, en die jagters moet SEKER maak dat vervoer permitte reg is.

Eugene, die draft was oop vir bespreking en insette, dit het die 19 November 2012 gesluit. Ek het persoonlik self baie insette gemaak, maar het op my bedryf gefokus, nie werklik op die potjag deel nie, dit het ek ook na die tyd raakgelees.

Ek het die 22ste n afspraak met hom, dan gaan ons bietjie om die tafel sit en hy my al die goed mooi verduidelik, dan sal ek n post posit oor dit, of nog beter, ek sal hom prober oorreed om deel van die forum te word, dan kan ons 1ste hands inlig kry.

Ja die beperking op die karkasse is so, en word klaar toegepas, maar dit is lank reeds in wetgewing ingebring glo, ons manne het dit net nooit agter gekom nie, so daaraan kan niks gedoen word nie.
Robbie, ek weet nie of ek en jy van dieselfde wet praat nie, die Meat Safety Act 40 van 2000 se regulasies is op 17 September 2004 geproklameer en het dienooreenkomstig in werking getree.

Robbie dat betalle van Carl is in die regulasies vervat.
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meat Safety Act

Post by Eugene »

mariusr wrote:Eugene nou verstaan ek nie mooi het die mev "malema" die ou op die plaas gearrestreer of op die pad en waar verbrand sy toe die karkasse!??
Sy het op die reservaat aangekom waar die oestery moet plaasvind en wou my klient by die slagplek arresteer. Die karkasse is "condem" en klaarblyklik in Potch verbrand.
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Meat Safety Act

Post by Carl »

Eugene, ek ruik 'n rot! hoe op dees aarde sou iemand hulle gatte gelig het om uit 'n kantoor te gaan!? Wonder of die SPCA nie die saak gemaak het nie, was die jag naby die pad of dorp? Is die Mev M van Natuurbewaring? Is dit verbrand? hmmm vinnig cheza nyama braai dink ekke.

Ek stem met Robbie, die Rooivleis regulasies is al oud maar die toepassing daarvan was slap. Kyk nou maar net na die donkie patty debakel. Soos ek dit verstaan is die meer gefokus op die bedryf en is daar net so terloops verwys na die individu bv. tradisionele slag, godsdiens slag en ons jagters/boere wat slag.

Marius solank jy net nie 26 hase in jou besit het nie! Ou maat want dan gaan die die konyn skeit spat >:)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Meat Safety Act

Post by Carl »

Robbie
Ek gebruik Acts Online. Hulle het al die wette en dis lekker jy kan bietjie search en sleutel woorde opsoek.
http://www.acts.co.za/meat-safety-act-2000/index.html
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Meat Safety Act

Post by ROBBIE1 »

Dit was aanvanklik net vir die uitvoermark ja. Die wet is in proses van wysiging om die binnelandse mark in te sluit, dis waarvan ek praat. Dit is van toepassing op die verkoop van vleis (soos ek by die slaghuis) en die potjagter ens.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Meat Safety Act

Post by mariusr »

Kan nie sien hoe mev M die reg het om die persoon te arresteer op reservaat nie sy het geen reg daar nie en watse bewyse is daar hy het die gejag hy het geslag niks ontwettig nie as alle permitte en vrystellings korrek is geen wet kan vir enige eienaar voorskryf hoeveel wild hy mag laat jag? Sy het oortree!!! Die karkasse was nie eers in vervoer staduim nie! Hulle het nie voet om op te staan dagvaar hulle!!!!Nog nooit van sukkel st#@nt gehoor nie!!!??
Last edited by mariusr on Thu Aug 08, 2013 12:49 pm, edited 3 times in total.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meat Safety Act

Post by Eugene »

Carl wrote:Eugene, ek ruik 'n rot! hoe op dees aarde sou iemand hulle gatte gelig het om uit 'n kantoor te gaan!? Wonder of die SPCA nie die saak gemaak het nie, was die jag naby die pad of dorp? Is die Mev M van Natuurbewaring? Is dit verbrand? hmmm vinnig cheza nyama braai dink ekke.

Ek stem met Robbie, die Rooivleis regulasies is al oud maar die toepassing daarvan was slap. Kyk nou maar net na die donkie patty debakel. Soos ek dit verstaan is die meer gefokus op die bedryf en is daar net so terloops verwys na die individu bv. tradisionele slag, godsdiens slag en ons jagters/boere wat slag.

Marius solank jy net nie 26 hase in jou besit het nie! Ou maat want dan gaan die die konyn skeit spat >:)
Die hoof indoena in beheer by die reservaat (wie se maatjies nie die tender gekry het nie...) het eers natuurbewaring gebel en toe hulle bevestig dat al die TOPS en oespermitte in plek is, toe bel hy die Directorate of Veterinary Services. Klient sê my hulle het die vorige keer net soveel drama met dieselfde ou gehad... Klink ook na 'n Malema-tipe karakter...
Aim small, miss small
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Meat Safety Act

Post by Johan Nel »

Eugene wrote:
Carl wrote:Eugene, ek ruik 'n rot! hoe op dees aarde sou iemand hulle gatte gelig het om uit 'n kantoor te gaan!? Wonder of die SPCA nie die saak gemaak het nie, was die jag naby die pad of dorp? Is die Mev M van Natuurbewaring? Is dit verbrand? hmmm vinnig cheza nyama braai dink ekke.

Ek stem met Robbie, die Rooivleis regulasies is al oud maar die toepassing daarvan was slap. Kyk nou maar net na die donkie patty debakel. Soos ek dit verstaan is die meer gefokus op die bedryf en is daar net so terloops verwys na die individu bv. tradisionele slag, godsdiens slag en ons jagters/boere wat slag.

Marius solank jy net nie 26 hase in jou besit het nie! Ou maat want dan gaan die die konyn skeit spat >:)
Die hoof indoena in beheer by die reservaat (wie se maatjies nie die tender gekry het nie...) het eers natuurbewaring gebel en toe hulle bevestig dat al die TOPS en oespermitte in plek is, toe bel hy die Directorate of Veterinary Services. Klient sê my hulle het die vorige keer net soveel drama met dieselfde ou gehad... Klink ook na 'n Malema-tipe karakter...
Kan mens nie eis instel teen al die partye betrokke nie?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meat Safety Act

Post by Eugene »

Johan, dit is presies wat gaan gebeur!
Aim small, miss small
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Meat Safety Act

Post by Johan Nel »

Eugene wrote:Johan, dit is presies wat gaan gebeur!
Ek is bly Eugene. Ek hoop hulle ry die instigator van die saak tot by Daantjie in die kallerhok en kry hom sommer 'gefire' ok. Dit laat my bloed kook as mense met sulke gemeenheid en agterbaksheid vorendag kom. :( :( :(
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Meat Safety Act

Post by sako 30-06 »

Ek het sondag terug gekom van n warmbad af,sou by my vriend n impal of twee geskiet het maar was onsuksesvol.
Oppad terug sondag het Veterinary services,polisie en metro polisie n roadblock gehad.
Elke bakkie en voertuig met trailer is afgetrek en deursoek vir vleis.
Daar is glo n uitbraak so alle witvleis en wild word getoets.

Wat snaaks was is die vrou wat my afgetrek het kon my nie se wat sou gebeur het as ek vleis by my gehad het nie.Sou glo net getoets geword het en permitte nagegaan word,maar verder kon sy my niks se nie.So ek is eintlik bly ek het niks geskiet nie,ek het n idee hulle sou dit net gekonfiskeer het.

so in die vervolg slag ek maar op die plaas en pak in die coolerbokse,geen karkaste nie.

Ek key n idee dis amper desember,so dis mos nou tyd om die eerlike belastingbetaler in te doen.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Meat Safety Act

Post by Carl »

Sako
Varke! Hulle kyk vir vlakvarke. Varkpes is 'n lelike ding as dit 'n boer tref. Baie jagters ignoreer die wet se beperkings. Nie lekker om te kyk as die varkies almal verbrand word nie en die boer se inkomste is daarmee heen.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Meat Safety Act

Post by sako 30-06 »

Carl wrote:Sako
Varke! Hulle kyk vir vlakvarke. Varkpes is 'n lelike ding as dit 'n boer tref. Baie jagters ignoreer die wet se beperkings. Nie lekker om te kyk as die varkies almal verbrand word nie en die boer se inkomste is daarmee heen.
carl dis wat ek ook gedink het,maar volgends haar check hulle alle wild.
Daar was n bakkie voor my met wild op,verseker nie varke nie en hulle het baie ongelukkig gelyk terwyl hulle met die veearts gepraat het.

Ek dink persoonlik ook dit gaan oor varke en vlakvarke,maar die manne met die mag vat soms n kans.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Meat Safety Act

Post by tripodmvr »

Manne, ons sal vinnig hierdie ding moet nagaan. Die wildboere sowel as die jagters gaan hier groot probleme optel.

Die vlakvark ding is al jare oud en duisende is skelm deurgebring en het geen varkpes veroorsaak nie. Daar breek toe varkpes in die Ooskaap uit - wie is skuldig? Oorskietkos vanaf skepe vanuit die Ooste. Ons vervoer wild vanaf die plaas en neem dit na jou huis. Die kanse van kontaminasie van varkplase is dus gering.

Nou is ons plesiertjies en verkryging van vleis in gedrang. Ek dink die' saak moet na die wildbedryf se bestuur verwys word vir bespreking. Is daar nie iemand van die bestuur van WRSA of soortgelyk wat kan help nie?
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Meat Safety Act

Post by ROBBIE1 »

Tripod, daar is n paar feite wat almal sal moet aanvaar. >:+

1. Varke moet n permit he, en dit is vir jou eie veiligheid ook. As daai varke pes of masels het, kan dit jou siek maak. Ja, die permitte gaan ook daaroor om rekord te hou hoeveel varke in bepaalde gebiede afgehaal word, maar wees eerlik, dit word nie werklik gedoen nie!! :( Varkpes en diamond scin deseace is n aanmeldbare siekte, en sodra dit in n area uitbreek, word dit deur veeartseny en natuurbewaring oorgevat en hanteer, omrede dit tot die dood van die mens kan ly.
2. Die prosedure wat gevolg moet word om wetgewing te verander, is gevolg. Die draft regulations was oop vir insette en besware, die jagters verenigings het insette gelewer, privaat persone ens, en toe is daar n draft opgestel wat die 19 November'12 gesluit het vir insette. Die finale wet is nog nie geproklameer nie, dit het ek Donderdag uit die perd se bek gehoor. :police:
3. Hierdie een is seker die punt wat die swaarste slag gaan wees. Wildsboere sal hulle slag geriewe MOET opgradeer. Soos wat dit tans lyk (met die draft) gaan boere n tydperk van 5jaar grasie kry om dit te doen(die finale wet sal dit reguleer), en dan hulle geriewe as abattoirs te registreer. Dit is ook nie werklik so n "train smash" nie, jy kry verskillende tipes, en hoef nie noodwendig klomp geld te kos nie, maar weereerns is dit ook tot die JAGTER se voordeel as die slagplekke op standard is. Ek was al op plase wat die werklik haaglik is, pense word sommer daar laat le vir die dag, brommers, stof ens ens. Jy betaal top prys vir jou bok, dans dit tog seker ju reg om n skoon en higiense karkas te kry! ++>:
4. Oor die vervoer gaan ek nie uitbrei nie, ek sal dit met Dries uitklaar die 22ste as ek met hom vergader, en dan vir julle terugvoer gee.
5. Die kwotas op die kategoriee is daar, en daaraan gaan ons nie iets kan doen nie. Elke man moet maar net sorg dat sy vervoer permitte in plek en reg is, dan kan jy nie probleme kry nie.

Manne, ek dink nie ons moet te veel stress oor die ding nie, dit gaan nie werklik n invloed op die biltong jagter he nie. Al wat op biltong jag van toepassing is, is die hoeveelhede en die wyse van vervoer, verder is dit maar nog net soos dit n jaar trug was, dit is die herverkoop mark wat die hardste gekap word hier.

Die grootste vraag, en dit bekommer my meer, is of al die jagters weet hoe om siektes te identifiseer. Veral manne wat hulle eie vleisie by die huis werk? As die boer nie die siektes ken nie, en die jagter weet nie, word daai vleis maar ge-eet. Siektes kom baie min onder wild voor, maar soos wat die tye verander en ons eens pragtige land, al meer besoedel word, kom dit ook meer en meer voor, en is maar n risiko waaraan elke man berekend moet dink.

My 1c.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Meat Safety Act

Post by spekieries »

Robbie
Baie dankie vir die insette. Ek sal dit hoog op prys stel as jy ons op hoogte van sake hou.

Die abbatoir op die plase, sal dit vir vrygestelde plase asook oop plase geld. Ons betaal omtrent niks op my neef se beesplaas nie maar die slaggeriewe is maar uiters primitief. (Ek dink nie hy gaan geld infesteer om op te gradeer nie, sy besigheid is beeste, ons neefs kry maar die geleentheid om goedkoop te jag.)

Ek verstaan nie mooi nie, op die oop plaas doen ek by Limpopo natuurbewaring aansoek vir permitte. Hulle keer permitte goed vir 4 koedoes en 10 rooibokke, maar die "Meat safety act" sê anders. Dink jy die toeken van permitte gaan ook verander nadat die "act" in werking tree.

Ek stem 100% met jou saam oor die dieresiektes maar as ek vir eie gebruik 'n karkas boude en blaaie sny en agter in my venter waentjie in crown bakke vervoer, wat is die probleem. Ons doen dit al die laaste 50 jaar so en nog niemand het iets oorgekom nie.

Ek weet jy maak nie die wette nie en gee maar net inligting. Ek waardeer jou inligting, hou ons op hoogte.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Meat Safety Act

Post by mariusr »

Wil net noem dat daar geen manier is dat elke biltong jagter nou koeltrok kan aan skaf nie en om in vrees te ry gaan ook nie werk of dit die moeite werd maak nie as dit wel die geval is dat ek nie weer vleis in my venter mag vervoer nie sal ek maar moet ophou jag en so sal ook baie ander manne! Niemand is lus vir st@#,t op die pad ons paaie is sleg genoeg!!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Meat Safety Act

Post by ROBBIE1 »

Die biltong jagter se vleis hoef nie n stempel op te he nie, maar die wet gaan boere wat jag as n besigheid bedryf in n blik druk om slagplekke op te grader. As iemand op n oop plaas, net vir "eie gebruik" slag, kan hulle jou mos niks maak nie, Sipho mag dan sy Nguni in Garankua in sy erf keel afsny, en sommer in n le-posisie slag!!

Marius, soos ek se, die voorgestelde wet se vleis moet ingevolge die "Health act" vervoer word, wat daar gaan gebeur is n raaisel, en ons almal wonder. As hulle dit gaan toepas, gaan dit katastrofies wees, nie net vir die jagter nie, maar ook vir die boer, en veral vir my wat n lewe daaruit maak om jou vleis te bewerk!! Dis iets wat my ook laat worry. As dit toegepas gaan word, moet ons maar paar trailers bou en aan ons pelle verhuur teen n billike bedrag. Gelukkig weet ons dat die meeste van ons mag se personeel, nie die wette ken nie, nog minder toepas, en n R100 vir coke en slap tjips, gewoonlik die boom gate oopmaak!! Ek weet nie manne, ek noem maar net wat daar staan, ek hoop daar kan iets aan gedoen word, en sal dit verseker opneem, maar as ons nog n spesiale inset kan lewer, sal dit goed georganiseerd moet wees!!

Google: Game meat safety act, act 40 of 2000. Daar is n icon vir abattoir regulasies, en ook een vir die wet op wildsvleis.
Om n landelike of lae deurset abattoir te registreer, gaan minimaal kos, en dan is jy aan die regte kant van die gereg. Dit gaan net tot voordeel van n wildsplaas wees om dit te doen, eks nie siener Van Rensburg nie, maar ek dink dit gaan net al strenger word in die toekoms, en terwyl die riglyne vir die 2 kleiner abattoirs baie buigbaar is tans, moet ons dit uitbyt!! As jy geregistreer is, is jy klaar!!
Post Reply