2013 Seisoen

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

2013 Seisoen

Post by Evert »

Hiers n paar fotos van my 2013 Seisoen sover.
Mei maand en Junie maand se jagte.
Blouwildebees met 300H&H geskiet, aka Bergwildebees (Gaan vrek in die berg) groot storie om hom daar af te kry. Op Bronkhorstspruit gejag
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Blouwildebees2_zps49ebe84e.jpg
Nog n Blouwildebees met 30-06 geskiet. Bronkhorstspruit.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Blouwildebees3_zpsafa03bf5.jpg
Ou bontebok ram naby Vredefort(Vrystaat) geskiet met die 300H&H
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Bontebok_zps0e92f169.jpg
Rooihartbees bul geskiet by Bronkhorstspruit met die 9.3x62
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Rooihartbees2_zps503ff19a.jpg
Kameelperd bul geskiet naby Vivo. 871kg uitgeslag. 3 Skote met die 9.3x62. Barnes TSX. Bae lekker ervaring minder lekker om tot 22:00 te slag.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Kameelperd2_zps6df90122.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Kameelperd_zpsc9ee63b0.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/286grBarnesTSX_zps85aecc69.jpg
stan man

Re: 2013 Seisoen

Post by stan man »

baie geluk met n paar mooi diere wat jy susesvol kon jag.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2013 Seisoen

Post by Frederik »

E-Bird wrote: Kameelperd bul geskiet naby Vivo. 871kg uitgeslag. 3 Skote met die 9.3x62. Barnes TSX. Bae lekker ervaring minder lekker om tot 22:00 te slag.
My eerste ervaring met kameelperd 2004 dink ek nie mooi en ek en die sweedse klient skiet die bul 5 uur die middag kom terug in kamp 2:30 am. Daardie bule het ook amper 900kg uitgelsag die krokodile het lank gesmul aan hom.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2013 Seisoen

Post by DWB »

Baie Geluk Evert!

Mooi gemaak!

Bly om te sien die 9.3 doen sy ding!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: 2013 Seisoen

Post by theedge »

baie geluk met n paar mooi diere wat jy susesvol kon jag.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by 2vierniks »

Daai blouwildebees bly maar 'n bitter taai dier!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Spanner »

Ek las dan sommer my storie ook hier aan :

Raait manne, ek is ook weer terug van my week-lange jag in Botswana. Die plaas is 10 000 ha groot, grens aan die Limpoporivier, en geen binne-heinings of drade nie. Ons het die jag al vier 4 jaar in die oog, maar elke keer val iets voor en moet ons ander planne beraam. Die jaar het dinge uitgewerk.
Die reis noord was lank en sonder voorval. Ons het by familie oorgeslaap so 6km van Groblersbrug af, sodat ons die rye by die grens die volgende more kan vermy. Daai aand gesels ek met die plaas voorman oor die prosedure van grens oorsteek en die moets- en moenies. Die man leen hom uit as ‘n kenner en praat ons behoorlik bang met hulle streng toepassing van die reels en die konfiskering van “verbode items” ! Ons jag is beplan vir 8 dae en ons het natuurlik meer bier as net die toegelate 6 per person, en wat is ‘n ontbyt dan nou sonder varkspek … so ons het rede om bekommerd te wees.

Op die ou einde het ons besluit om niks skelm te doen nie, niks weg te steek in die voertuie of in die spaarwiel nie en net op te daag en te kyk of hulle ons goed konfiskeer. Al die bekommernisse was toe ongegrond aangesien ons geensins eers iets moes oopmaak vir inspeksie nie. Ons het wel ‘n groot kan gevat met die gewere. Die boer het nie sy eie reelings nagekom nie en ons geweer invoerpermitte was nie op die afgespreekte plek nie. Ons kon hom nie kontak nie en moes toe maar noodgedwonge deur die grens ry met versteekte wapens - sonder die nodige permitte ! Gelukkig het dit ook ongemerk afgeloop...

Ons jag het regtig goed afgeloop en ons het meer bokke geskiet as wat ons aanvanklik beplan het. Ek het twee blouwildebeeste en twee mooi rooibokke gekry terwyl my vrou sewe rooibokke en een blouwildebees geskiet het.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/de_zpsc35168a6.jpg

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DRBK_zpsc5776def.jpg

Botswana het baie goeie reen gehad en die veld is in puik kondisie wat die bokke lekker spekvet gemaak het.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/Nier_zps4b024900.jpg

My vrou se blouwildebees bul het steeds 126kg uitgeslag na hy reeds drie dae in die koelkamer gehang het.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/StephanieBWB_zps415d5131.jpg

Sy het nuwe skoene gekoop en dit so paar keer aangehad sodat sy nie weer die jaar blase sal opdoen nie .... Dit het toe nie vir haar gewerk nie, en sy moes 3 dae uitsit agv daarvan !

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/Blaas_zps829fba38.jpg

Ongelukkig het die koedoes en gemsbokke myontwyk. My maat het ook goed gejag en het drie rooibokke, gemsbok koei, koedoe koei en blouwildebees gekry.
Die koelkamer het al vol gehang aan die einde van dag vier !

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/Dag4_zpsb8b02cd0.jpg

Met sleepwaentjies se pense wat amper op die grond sleep is ons diep dankbaar maar hartseer daar weg. Gelukkig het die boet op die laaste aand aan ons die geweer invoerpermitte gegee en kon ons met ‘n geruste hart die tog na die grens aanpak. By die grens word ons meegedeel dat die boer die verkeerde vleis permitte aan ons verskaf het en da tons moet terugdraai na ‘n klein dorpie so 55km daarvandaan om die regte papierwerk te gaan bekom. Maar toe is my moer-meter darem in die rooi ! Ons het soveel keer seker gemaak die boer het alles wat ons gaan benodig dat die problem onaanvaarbaar is. Uiteindelik het ons vier en ‘n halwe ure by die Wildlife Permit Kantoor gewag vir iemand om die permitte gratis uit te ryk, voor ons weer die grens kon aandurf. Die keer was alles goed en ons kan deur kom.

Altesaam het die tog van die plaas af tot by die huis ons sestien en ‘n half ure geneem ! Genadiglik was dit die hele dag bewolk en het die vleis niks oorgekom nie.

Ek het weer besef hoe taai ‘n gemsbok en blouwildebees is. My maat het die gemsbok plankdwars deur die enjinkamer geskiet. Die afstand was ongeveer 75 m en die 130gr GS Custom HV het die bo-kant van die hart aan flarde geruk. Die koei het so 30m gehol en weer gaan staan. Hy het dadelik opgevolg en haar weer deur die longe geskiet waar sy quartering away gestaan het. Die oorkantste voorbeen is ook gebreek maar sy het steeds op haar voete gebly en bly weg beweeg en hy het met die derde skoot haar nek afgeskiet. Teen daai tyd het sy seker ‘n goeie 120m afgelê van waar sy was met die eerste skoot !
My blouwildebeesbul het ‘n goeie longskoot gekry, net agter die hart deur. Die GS 130gr koeel het regdeur hom gegaan en ook die bladbeen gebreek. Hy het 215m gegaan voor hy gaan lê het. Hier was die GPS sy geld werd, alles is vining uitgemerk en afgemeet. As dit nie vir die ongelooflike spoorsnyer was nie sou ek hom nie kon volg nie. Hy het vreeslik min bloed gegooi en eers die laaste 30m was die bloedspoor duidelik.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DerikBWB_zps7a192a6a.jpg

Ek was seker van die skoot maar soos wat ons op die spoor gevolg het, het die twyfel begin toeneem tot op die punt dat ek myself verwens het dat ek nie nog nader gegaan het en dubbel seker gemaak het nie. Die verligting was groot toe ons die ou uiteindelik opspoor.

So 100m van die bul af het ek ‘n jong bulletjie van kant gemaak. Sy agterpoot was gebreek en hy was in baie swak kondisie. Hy het seker 'n hele ruk al so geloop en kon nie genoeg vreet nie. Die werkers het hom vir hulle gevat. Snaaks dat die jakkalse hom nie al lankal opgevreet het nie, want ons het elke aand sommer baie jakkalse gehoor.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/Been_zps6f1854c1.jpg

Dit was die eerste keer dat ek gaan jag het op ‘n stuk grond wat geen binne drade of heinings het nie. Dit was ‘n groot voorreg en ek het dit vreeslik geniet. Ek het ook vars luiperd spore gekry – ‘n eerste vir my. Ongelukkig was ons toe baie naby rooibokke en kon ek nie fotos daarvan neem nie.
As jagter is die doodmaak maar ‘n baie klein deel van my jag ervaring. Elke dier wat ek gejag het het baie spesiale betekenis vir my, ek is diep dankbaar dat ek die voorreg en gesondheid het om dit te mag ervaar. Ek het elke keer langs elke bok gaan kniel en eers dankie gesê met oë vol trane. Dankie en askuus gevra. Askuus dat ek so pragtige dier gedood het. Ek het oor die gladde riwwe van die rooibok se horings gevryf en die littekens daarop gemerk. Ek het met my hand oor sy skoon gesig en sagte neus gevryf en met dankbaarheid besef dat ek so geseend is om te mag jag. Daai gevoel wil ek eendag saam met my seun ervaar as hy sy eerste bok skiet. Die kannetjie is nou eers ses jaar oud maar hy is jag- en gewere mal ! Om met respek en verantwoordelikheid te jag is al manier vir my om dit te doen. Geen uitbundige gelag en geskree as die bok val nie. Geen geklop op die skouer nie. Dit is vir my disrespekvol. Ja, dis maar net ‘n ou rooibok, maar hy het vir my baie dieper betekenis. Ek sukkel om dit in woorde uit te druk, so ek gaan volstaan deur te sê dat elke eenvoudige ou rooibok my weer nader aan my God bring.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/Vuur_zpsfa5b8963.jpg

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/Oggend_zps16328276.jpg
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2013 Seisoen

Post by DWB »

Mooi gedoen oom Spanner!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Spanner »

Deon, jou willehond ! :) "Oom" sê jy vir my !
Ek is nie regtig so oud nie, my vrou het my maar net erg verniel ! Aan party ouens se gesig en lyf, kan jy sien, hy het lank grondpad geloop - ek het nie grondpad geloop nie, ek is sommer agter die bakkie aan gesleep !
Thanx anyway maat.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Hilux01 »

Spanner

Dis nou lekker om nog n Secunda man te sien
Dit lyk of dinge sommer baie geod geloop het
Het jy kontak besonderhede van die plek? Ek jag altyd op Tolwe so 20km van grens soos die kraai vlieg, altyd gewonder hoe dit anderkant die rivier werk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Johan Nel »

Mooi gejag julle, ek is ook bly alles het goed afgeloop, ten spyte van die hindernisse wat bietjie lastig moes gewees het.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Evert »

So hier is paar jgate van einde Junie tot nou toe.
Swartwildebees Bul Belfast Gejag. 30-06 300m skoot
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Swartwildebees15_zps5f8c76b3.jpg
Nog n Swartwildebees Bul 22-250 210m skoot
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Swartwildebees16_zpse416211d.jpg
n Mooi 16" Blesbok geskiet met die 22-250
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/16DuimBlesbok_zpsef31ca29.jpg
Ou Blouwildebees bul geskiet naby Naboomspruit. Omtrent glad nie hare in sy gesig oor nie geskiet met die 9.3x62
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/NaboomBlouwildebees_zps5807bd8f.jpg
So paar Wit Blesbokke geskiet met die 300H&H 180gr Rhinos.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/WitBlesbok_zps58e0a6e0.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/WitBlesbok2_zps607fb7a2.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/WitBlesbok3_zps533d6189.jpg
Gewone Blesbok geskiet op 420m die Blesbok was vroeer die jaar gekwes deur n ander jagter, het n groot abses in sy nek gehad, hy was baie maer en maar swaar getrek
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Blesbok_zps99eff364.jpg
8.5" Vaal Ribbok gejag naby Lydenburg in die Longtom Pas, Wat n ervaring om so hoog in die berge te jag. Respek vir die manne wat baie in die berge jag. Vaal Ribbok is eskiet met die 300H&H met 180gr Rhinos op 230m
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/VaalRibbok3_zps73d688c7.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/VaalRibbok2_zps40639934.jpg
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/VaalRibbok_zps811eff93.jpg
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Spanner »

Sjoe, jy was besig nê ! Ek sal ook meer wil gaan jag as ek net verlof kan kry ! Baie mooi goedoen, baie jaloers op jou man.

Baie geluk
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Evert »

So paar van my laaste jagte.
Zebra 185kg uitgeslag geskiet met 30-06 Hormady GMX op 50m
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Zebra_zps26e90d5a.jpg
16.5" Blesbok geskiet met die 300H&H op 180m. Wel gedaan vir die jagter se eerste bok.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Blesbok_zpsf4b8e6c6.jpg
Rooibok ram geskiet met 303 pmp. Die Rooibok ram was vroeer die jaar gekwes gewees en n groot abses in sy nek gehad.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Rooibok2_zps59580398.jpg

Ek wil net dankie se aan al die Forum manne wat my die jaar ondersteun het. Volgende jaar gaan nog beter wees
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 2013 Seisoen

Post by Stefan764 »

Lekker man! Mooi blesbok daai!

En ek moet jou komplimenteer op mooi jagfotos ook, ek sal baie in my noppies wees as my jagfotos altyd so lyk, tog ietsie wat mens altyd bybly...

Groete
Last edited by Stefan764 on Mon Sep 09, 2013 12:57 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2013 Seisoen

Post by Evert »

Baie dankie Stefan

Biltong en droewors word klaar en die partykeer lyk die shouldermount nie soos die regte 1 nie maar n foto hou vir altyd
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 2013 Seisoen

Post by Dawie Malan »

Evert

Ek is bly om te sien jy hou nog jou woord by sommige van jou kliente.

Dawie Malan
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: 2013 Seisoen

Post by Riaan Beeslaar »

Baie mooi manne en dame, dankie vir die deel van die fotos en ervaringe
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: 2013 Seisoen

Post by theedge »

Mooi gedoen maat
Post Reply